SAAM MET DIE HERE

Mei


Dis rerig so ongelooflik belangrik dat ons, ons dag ingaan saam met die Here. Ek weet in vandag se gejaagde lewe is ons so gewoond om gejaagd te wees, maar ek sien sommer dat my dag soos 'n mislukking voel as ek dit nie saam met die Here ingaan nie.

En so belangrike beginsel is om aan die Here gehoorsaam te wees. Ons planne mag dalk op daardie oomblik soos die beste plan lyk, maar die Here se plan is altyd die beste plan. En as die Here vir ons sê om met iemand te gaan praat, wees gehoorsaam en doen dit, want jy is dalk die bemoediging wat die Here op iemand se pad stuur.

Hierdie gedeelte het my so geraak: Jy kan jou hart ken deur jou reaksie teenoor die teëspoed wat onverhoeds op jou afkom. Is daar nog steeds woede, gegriefdheid wat in jou emosies opwel?
Watse reaksie wys ons wanneer teëspoed kom, as dit wel woede is, het ons meer van die Here nodig en as ons daarmee sukkel, vra die Here se hulp, doen alles SAAM MET DIE HERE!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui