LEWENSLES WEEK 10

Week 10 “Nuttelose Sloot”

Lees asseblief die volle lewensles van week 10. Ek het die volgende gedeeltes aangehaal uit die stuk uit en deel wat ek daaruit geleer het:

Dat alles wat jou siek maak, elke stryd waarin jy jouself bevind, verlig en genees kan word deur eenvoudig na Hom toe te gaan: om met Hom te praat en dan na Hom te luister.

Die Here is ons Geneesheer, Hy kan ons fisiese siektes, ons emosies, ons harte en enige iets genees. Ons moet net met alles na die Here toe gaan en dan na Hom luister. Die luister deel het ek geleer is baie belangrik, om net stil in die Here te raak en te luister na wat Hy vir ons wil sê.

Onthou, die nou pad is waar jy vordering sal maak en die enigste Een wat jou kan help om hierdie nou pad te navigeer is die Een wat jou in die regte rigting sal laat beweeg terwyl jy naby genoeg is om Sy hand vas te hou.

Die breë pad lyk dalk na die beste oplossing, maar glo my dit is nie. Ek het al self die breë pad gekies, met hartseer nagevolge. Ons moet die nou pad kies, want dit is daar waar die Here ons hand vashou.

Of dit ‘n alledaagse taak of ‘n moeilike vallei is, jy vind dat jy in die donker probeer maneuver, nie net sal jy bereik wat jy hoop om te doen as jy Sy hand vashou nie, maar in die proses sal jy Sy liefde voel en ervaar, wat ek beplan om in volgende week se les te bespreek.

Terwyl jy die Here se hand vashou, al lyk die pad hoe onseker, sal jy Sy liefde voel en ervaar en die dis dan wanneer jy ook Sy benatuurlike vrede sal ervaar, daai vrede wat all verstand te bowe gaan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui