DAAGLIKSE TOEWYDING – 1 MEI

Mei

O, Beminde as jy sĂȘ, “Maar dit is ek wat nie kan aangaan nie,” sal ek vir jou sĂȘ dat daar ‘n fees voor jou gedek is, wat jy gefaal het om te herken. Jy moet jouself nou voed. Jy is gereed om uit te reik en te neem en nie meer afhanklik te wees van enigiemand vir die kos waarna jou gees en siel hunker nie. Smul, en offer dan net ‘n gedeelte vir ander om te proe en die goedheid van die Een wat ons Here noem, te sien!

Die oomblik wat ek my fokus van my wonderlike Hemelse Man afgehaal het dan het ek oomblikke gehad wat ek gevoel het dat ek nie kan aangaan nie en daarom is dit so belangrik dat ons nie ons oë van die Here afhaal nie.  

Lees asseblief hierdie waarheid wat so gepas is by vandag se stuk en as jy voel jy het niks om aan ander te offer nie:

Liewe vriendin, as jy seer het, as jy uitmekaar val, as jy geskud is of bewe, dan benodig jy eenvoudig meer van Hom.

Ewige Liefde

2 thoughts on “DAAGLIKSE TOEWYDING – 1 MEI”

  1. Janine jou boodskap verryk my vanoggend. Ek het heeltyd aan Petrus gedink toe ek die boodskap lees. Hy kon na Jesus toe op die water loop. Maar toe hy sy oë van Jesus af haal en die woeste water om hom sien het hy begin sink. Ek bid dat my oë bly op Jesus en dat ek nie sal kyk na dit wat om my aangaan nie. Dankie dat jy so n inspirasie vir baie is.

    1. Dankie liefste Esther, so lekker om weer ‘n boodskap hier van jou te sien.
      Dis so mooi, ja toe Petrus sy oĂ« van Jesus afhaal toe sink hy, net so ook met ons. Ek moet vir jou dankie sĂȘ want jy is net so groot inspirasie vir my liefste Esther.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui