MY BEMINDE – 27 APRIL

27 April

“. . . want ek vertrou op u woord” (Ps. 119:74).

Beminde, dit is in die wag vir die Woord van God—dit is waar dit alles is. Die Woord is ons manna wat ons uit die hemel voed. Dit is wat ons krag, hoop, en direksie gee. Hunker jy na meer tyd, meer tyd om in Sy Woord te spandeer? O, Beminde, het die sorge van jou daaglikse wêreld die Woord uit jou uit gewurg? Moenie laat enigiets steel wat jy nie net daagliks nie maar dwarsdeur die dag moet hê nie. Kan jy jou verbeel as jy nie gereeld voeding kry nie? Hoe lank kan jy regtig aangaan? Selfs na ‘n vas, sal jy later, een keer, jou liggaam versigtig voed, maar wat van geestelike kos? O, Beminde, smul daaraan, en, terwyl jy smul, wees in gemeenskap met die Een wat jou na die feesmaal toe genooi het! Hy het ‘n tafel voor jou gedek, in die teenwoordigheid van jou vyande! Loop jou beker oor? O, Beminde, sekerlik sal goedheid en liefde jou volg en verbysteek en jy sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Halleluja!!

God se woord is so belangrike riglyn in ons lewens. Ek weet in my eie lewe as ek afskeep om die Bybel te lees, dan voel ek sommer of my krag en hoop verswak. In my eie stap help dit my so baie as ek mediteer op die Woord van God en verse memoriseer, dan is hulle vasgemaak in my hart en in moeilikhede kan ek net God se woord spreek, wat kragtig, lewendig en skerper as enige tweesnyende swaard is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui