Hoe is dit alles moontlik?

Die begeerte van my hart is om Kaap toe te trek, maar natuurlik twyfel ek of dit my wil of Sy wil is met tye. Ek het vir my Hemelse Man gesê as ons Kaap toe trek moet dit wees omdat Hy ons daar wil hê en nie omdat ek weghardloop van omstandighede hier in Gauteng nie.

So die hele tyd praat ek met Hom daaroor en vra Hom en wonder en twyfel en dink :):):) soos ons altyd maar doen. Nou weet ek dat as dit Sy wil is, Hy dit sal laat gebeur en dit sal maklik en lig wees. Die rede hoekom ek dit sê is oor wat gebeur het.

Ek is nie regtig goed met facebook nie. Ek lees en repost. Hahaha, dit is omtrent al wat ek kan doen. Die res met ek mooi dink wat ek doen. So ek spandeer nie baie tyd op facebook nie, maar so rukkie terug het Janine se sussie my ‘n uitnodiging na ‘n groep toe gestuur. Ek het nie geweet hoekom sy dit gedoen het nie, maar ek het geweet sy sou ook nie iets doen wat sy nie gelei voel om te doen, so toe aanvaar ek die uitnoding, maar ek sien nie regtig iets op die groep wat spesifiek vir my bedoel is nie.

Seker so maand of wat terug sien ek ‘n post op die groep van die persoon wie se blad dit is en dit is nie wat sy post wat my aandag trek nie, maar waar sy vandaan kom.

Natuurlik is dit presies die plek in die Kaap waar my hart toe nou ‘n punt toe staan. Dit bly toe die hele tyd in my agterkop, maar ek doen niks daaraan, ek bêre dit net in my hart, tot Hy twee Sondae terug vir my die ongelooflike drang gee om haar te kontak.

Maar waar kry ek haar? Sy is nie een van my vriende nie en hoe kry ek die page om te sien wie sy is, sosiale media is glad nie my sterkpunt, maar die oomblik toe ek my foon vat en op facebook ingaan, het dit my 10 sekondes gevat om haar te kry en vir haar ‘n boodskap te stuur.

Ek het eintlik gedink sy gaan dink ek is bietjie weird en nooit weer van haar hoor nie:):):)

Natuurlik, dit is nie hoe Hy werk nie. Sy stuur toe nie net vir my ‘n boodskap nie sy stuur vir my ‘n “voicenote” en vra of ek tyd die week het dan kan ons dalk ‘n “videocall” doen. Wat?? Sy ken my van gun kant af, maar sy wil my “videocall”.

Dadelik wil ek terug in my dop kruip, want julle mag dit dalk nie glo nie, maar ek is eintlik skaam en dit vat my ‘n rukkie om vriendelik met iemand te gesels. Meeste van die tyd is ek vriende met mense wat baie praat, want ek kan net luister. As ek eers gemaklik voel en lostrek, dan praat ek natuurlik baie :):):)

Omdat ek haar nie ken nie, het ek dit reeds hier in my kop gehad dat ons twee net vir mekaar oor die skerm gaan staar met ‘n mond vol tande.

Natuurlik, is die deur my Man opgestel so al my bekommernis was verniet! Toe ons bel en praat was dit of ons mekaar eintlik ken. So ‘n vriendelik mens, regtig verteenwoordigend van waarheen ons trek. Dit was die eerste ding toe ons gaan vakansie hou het in die Kaap wat my kinders agtergekom het. Almal is so vriendelik! Ek praat toe ‘n uur lank, ja, ‘n uur lank met iemand wat ek glad nie ken nie. Sy is regtig so dierbaar en het my alles vertel van waarheen ons wil trek en ook aangebied as ek ‘n plekkie sien om haar te kontak en sy kan my laat weet van die omgewing. Wow, is Hy nie wonderlik nie? Nou het ek vir Keziah en die nuwe vriendin om my te help huissoek. Wanneer ek in die Kaap kom, gaan ek klaar vriende om my hê!

Jy weet hoe eindig my lofprysing altyd, dit is nie al nie!
Julle gaan my nie glo nie, sy gee ook haar kinders tuisonderrig! Wat is die kanse!!! Haar seun is klaar met skool, maar hy is op die spektrum vir autisme en natuurlik sit ons nie plakkers op ons kinders nie, maar dit was lekker om met ‘n ma te praat oor hoe dit vir haar was om haar seun tuisonderrig te gee. Dit was ook heerlik om te hoor dat haar dogter nog tuisondderig kry en dat my kinders dalk al klaar iemand het om mee te kuier wanneer ons trek.

Ek gee Hom al die eer vir hoe Hy dinge bymekaar bring. Nie in my wildste drome sou ek dit kon uitdink nie!!!

~Yvonne in Suid-Afrika

4 thoughts on “Hoe is dit alles moontlik?”

  1. Sjoe Yvonne dit is wonderlik om te hoor hoe Hy alles laat saamwerk en in plek laat val om jou die begeerte van jou hart te gee! En sommer ‘n onverwagte nuwe vriendin wat ook tuisskool, dit is wonderlik!

    En ek kan ten volle verstaan wat jy bedoel met skaam, dit was altyd vir my ook baie moeilik om veral dadelik met vreemde mense gesprekke te voer…. ek het altyd met ‘n mond vol tande gesit en kon die krieke hoor :):) Daardie ongemaklike stiltes:):) Maar my HM het ook in daardie area dinge vir my baie verander en deesdae is dit baie makliker om met vreemde mense te begin praat, met selfvertroue wat net van Hom af kom.

    Ek kan nie wag om te hoor hoe Hy als verder vir jou gaan uitwerk nie!

  2. Wow my liefste vriendin Yvonne,
    Is ons Hemelse Vader nie net wonderlik nie, dit gee my altyd so moed om van jou getuienisse te lees en te hoor, hoe jy altyd uit die boot uit klim en en ek love jou geloof en hoop in ons Vader.

  3. Wow Yvonne dit is wonderlike nuus! Die Kaap is ‘n wonderlike plek ek is daar gebore en het vakansies by my ouma in Muizenberg deurgebring. Verlede jaar het ek en my verloofde en my broer met vakansie soontoe gegan vir10 dae dit was wonderlik! Ons wil binnekort weer gaan! So miskien kom kuier ek vir jou. Alles van die beste met hoe ons HM jou lei is Hy nie net wonderlik oor hoe Hy dinge aan ons bevestig nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui