ONS HEMELSE VADER BRING HERSTEL

Jare terug het ek nie gedink hierdie dag sal ooit kom nie. Ek was so vasgevang in my eie seer. Ek was ‘n bitter vrou en het my seun net meer weggedryf van my af, want al wat ek wou doen was net huil en huil. Hoe meer ek gehuil het, hoe meer wou hy by sy pa wees.

Hoe nader ons groot Vader my aan Hom getrek het, hoe meer het ek op Sy woord begin staan en Sy waarhede my eie gemaak. Ons Vader het vir my ‘n vers uit Sy woord uit gegee wat ek nooit weer sal vergeet nie.

Jesaja 49:17 (AFR53)
Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.

Ek het ons verhouding baie skade berokken maar God het herstel gebring. Na skool het my seun teruggetrek huis toe en God het werklik herstel in ons ma en seun verhouding gebring. My seun betrek my met so baie in sy lewe en ek kry gereeld so stywe drukkie in my seun se sterk arms en hier waar ek nou sit en hierdie lof tik, is ek ons Hemelse Vader ewig dankbaar. Elke werk wat hy gekry het, het ek en hy saam oor gestem en daaroor gebid en die Vader het voorsien. As ek hom iets vra om vir my te doen, aarsel hy nie en gaan doen dit vir my, ‘n gehoorsame seun. Terwyl ek my twee seuns se lag in die agtergrond hoor, weet ek dis net ons Hemelse Vader wat my huis so vol lag maak en Sy woord in vervulling gebring het en ek voel so geseënd.

Ons Hemelse Vader herstel en ek gee Hom al die lof en eer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui