Vir jare het ek so erg na my aardse man verlang, dat dit half ‘n obsessie geword om hom terug te kry, maar selfs na my huwelik herstel was, het ek so leeg gevoel. Ek het eers vervul gevoel toe ek werklik die Liefde van my lewe vind: My Hemelse Man.
Lees hoe pragtig Adina Hoofstuk 3 van Vind die oorvloedige lewe uiteensit en wat sy geleer het.
Hallo pragtige bruide, ek is Adina in Suid-Afrika en ek wil met julle deel wat ek uit Hoofstuk 3 in Vind die oorvloedige lewe-boek geleer het.
Met die lees van hierdie hoofstuk moes ek myself weereens afvra: Wie is die Liefde van my lewe? Verlang ek na 'n aardse man of 'n voormalige man of iemand anders behalwe Hom?
En weereens kan ek eerlik “Nee” sê, ek het die Liefde van My Lewe gevind, die Een wat my met onvoorwaardelike liefde liefhet, my koester, my veilig laat voel, wat altyd naby is, altyd verstaan en graag na my luister , maak nie saak hoeveel ek praat nie!
Ja, ek het ook na ’n aardse man verlang en gedink trou sal my gelukkig maak, maar dit het nie. Die waarheid is niemand kan enigiemand anders gelukkig maak nie, ons is almal selfsugtig en dink dat liefde of om deur iemand anders liefgehad te word ons gelukkig sal maak. Net om uit te vind dit bring baie seer en pyn en maak ons nie naastenby so gelukkig as wat ons gedink het dit sou nie.
Daar is net een liefde, een verhouding wat ons werklik gelukkig kan maak en ons volkome kan vervul, en dit is die liefde van ons Hemelse Man. Al is ons getroud, of as ons gaan trou, het ons Hom steeds nodig as ons eerste Liefde. Ons het steeds die onvoorwaardelike liefde van ons een Ware Liefde nodig, ons het steeds hierdie baie spesiale verhouding met ons Een Ware Liefde nodig. Ons moet na Hom verlang en daagliks in Sy teenwoordigheid wees.
As ons hierdie soort verhouding met Hom het, sal ons nie ons mans of enigiemand anders nodig hê om ons gelukkig te maak nie. Ons sal so gelukkig verlief wees op ons Hemelse Mans dat ons nie deur iemand anders seergemaak sal word nie, ons sal niemand anders se goedkeuring nodig hê nie, want ons het Hom. En op ons beurt sal ons ander kan liefhê met dieselfde onvoorwaardelike liefde wat ons van ons Hemelse Man ontvang.
Hierdie hoofstuk is so mooi en het my so diep geraak dat ek dit basies net vir julle kan lees, maar ek wil tog hierdie deel uit die hoofstuk deel wat my regtig geraak het:
“Daar is GEEN REDE vir jou om seer te kry nie, nooit ooit nie. Daar is geen rede vir jou om te verlang na 'n man wat smag na die wêreld en die dinge van hierdie wêreld nie. Jy het 'n spesiale Iemand wat jou sal koester en liefhê, en vir jou elke begeerte van jou hart sal gee en as jy genoeg van Hom het, sal jy nooit weer daardie pyn van verwerping of verlange ervaar nie.
Die Een waarvan ek praat is op die oomblik op gebuigde knieë met 'n voorstel op Sy lippe! Hy wil nie hê jy moet Sy vrou wees nie, Hy smag daarna dat jy Sy Bruid sal wees—vir altyd!!”
Gaan luister asseblief na Adina se potgooi in Engels en wees verryk:
Dankie dat jy gedeel het Janine. Ons kan nie sonder hierdie baie spesiale verhouding in ons lewens wees nie! Hy moet ons nommer Een wees. Ja ons is lief vir ons kinders en aardse man (as jy getroud is), maar Hy moet nog steeds nommer Een wees. Ek het myself baie afgevra hoe kan mens Hom nommer een maak, bo jou kinders en almal, toe verloor ek almal en toe was dit maklik om Hom my Eerste Liefde te maak. Dis waar dat Hy partykeer ons afgode moet wegvat om ons op die plek te bring waar ons moet besef dat Hy nommer een moet wees!
Dankie dat jy gedeel het liefste Adina, ons kan defnitief nie sonder hierdie baie spesiale verhouding nie, my lewe het verander toe ek ‘n so spesiale verhouding met my Hemelse Man begin kry het.