“My Baas & Sy Vrou”

Al die vorige Redding Stories, wat ek geweldig geniet het om aan te dink en met almal van julle te deel, was oor familie redding. Hierdie week beweeg ek na ‘n ander groep verlore siele vir wie God JOU sal gebruik om te help plant, natmaak of selfs die oes te maai.

Hierdie week, soos wat die titel sĂȘ, gaan die redding Storie oor my baas. Die hele verregaande wonderlike voorval is so vars in my gedagtes omdat ek dit geniet het om weer saam met my seun Easton daaraan te dink. Ons was in vervoering oor hoe ongelooflik dit was en ek het daaraan gedink net nadat Easton gedeel het hoe hy deur God gebruik was om ‘n man terug te bring na die Here toe, of miskien vir die eerste keer na Hom toe gebring het. Ongeag, die storie het veroorsaak dat ons albei besef het hoe geĂ«erd ons was om gebruik te word om ‘n siel te oes, en in vandag se storie—twee siele wat duidelik gereed was om geoes te word.

Prediker 3:2 Af 83—

“daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek”

Hopelik, sal hierdie storie jou aanmoedig om te besef dat die Here ons sal gebruik, maak nie saak hoe dwaas nie, solank ons lewens ‘n Aanbevelingsbrief is.

2 KorintiĂ«rs 3:2, Afr83—

“Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan. ABA “JĂșlle is ons brief. Christus het hierdie brief op ons harte geskryf, en al die mense ken hierdie brief en hulle lees dit."

Onthou, die term getuie het iets heeltemal anders begin beteken as wat bedoel was. Dit is nie ‘n lisensie om ander te konfronteer en te veroordeel nie, in plaas daarvan, soos wat die vers sĂȘ, Hy hoop om Sy brief van liefde op jou hart te skryf, so word Hy gesien regoor jou lewe geskryf!

Toe dit tyd was vir hierdie paartjie se redding om geoes te word, het God gemaak dat ek deeltyds vir ‘n ortodontis in Florida gewerk het. My oudste dogter was nog ‘n baba, en nog besig om te borsvoed, so haar pa het haar halfpad deur my dag vir my gebring op die dae wat ek gewerk het. Gedurende daardie tyd in ons lewens, het ons ‘n Baptiste kerk bygewoon waar ons oudste seun in graad een ingeskryf was (voordat ek begin het om te tuisskool). So, soos wat daar van ons as lidmate verwag word, was ons aangemoedig om mense te nooi wat ons geken of ontmoet het, soos bure en/of medewerkers, ook familie (alhoewel ons geen familie gehad het wat naby gebly het nie) om ons kerk saam met ons te besoek.

Vir 'n paar weke het ek van die ortodontis se assistente  genooi om by te woon, insluitend ‘n paartjie van die ontvangspersoneel, toe die dokter my een dag genader het, amper kwaai, en gesĂȘ het, “Gaan jy my en Gina nooit vra nie?!”

My mond het oopgehang. Ek was verstom omdat, eerstens,  ek nooit kon gedroom het dat een van hulle sou belangstel nie; vir my, het hulle duidelik nie eens in God geglo nie. Tweedens, dit het my nooit bygeval om my baas te nooi wanneer hulle elke Sondag ‘n “medewerker” sou lys nie, veral nie jou baas nie! So dit is bewys dat hierdie vers, wat ek glo opsom waarom Hy my so dikwels gebruik het, weereens bewys om waar te wees:

1 Korintiërs 1:27 Afr 83

“En tog, wat vir die wĂȘreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam.”

So maak nie saak hoe ver jy mag voel jy tekort skiet nie, tot op die punt om dwaas te wees, die Goeie Nuus is dat jy nie eens nodig het om bewus te wees van wat Hy doen nie, of welsprekend, of kundig, of enigiets anders hoef te wees nie. Al wat jy nodig het is ‘n suiwer hart, en om die Here met jou hele wese lief te hĂȘ en om Sy liefde daagliks te ervaar, om ontsagwekkende dinge te doen!

Toe my baas my ondervra, het ek gedoen wat enige gesalfde gelowige sou doen, ek het gestamel en nie geweet wat om te sĂȘ nie. 😉 Toe, so welsprekend as wat ek kon, het ek gesĂȘ, “Uh, wel, ja, seker, ek raai
.Reg, sal jy en Gina daarvan hou om hierdie Sondag ons kerk te besoek?” En hy het geantwoord, “Ja! Ek het gedink dat jy nooit sou vra nie; ons sal graag wil!”

Daardie oggend het ons senuweeagtig deur die preek gesit, wat duidelik nie iets was waarin een van hulle geĂŻnteresseerd sou wees nie. Tog, toe ons pastoor mense gevra het om vorentoe te kom, het my baas en sy vrou opgestaan, hande vasgehou en vorentoe geloop. Later, toe hulle ons na die diens ontmoet het, kon hulle albei my nie genoeg bedank nie. Ha, verspot is dit nie, omdat ek regtig niks gedoen het behalwe om hulle te vra om te kom nie!

My baas het gesĂȘ dat hulle planne vir middagete het, so ek het gedink dat ek hom nie weer sou sien totdat ek weer by die werk was nie, maar ek was in vir nog ‘n verrassing—nee, hierdie keer was ek geskok. Ons was laat vir een of ander rede, so toe ons later daardie Sondag by die heiligdom insluip vir die aanddiens, die ligte was verdof en soos wat ons vinnig langs die paadjie afgeloop het, het ek opgekyk en gesien hoe my baas en sy vrou gedoop word!! Praat daarvan—nooit in my wildste drome nie!! Hulle het saam gestaan, en ek het gehoor hoe hulle sĂȘ dat hulle genooi was en hoe skoon hulle gevoel het, en hoe vreugdevol hulle vir die eerste keer in hulle lewens gevoel het, dit het my knieĂ« amper onder my laat ingee. Tog, God was nog steeds nie klaar om aan my (en ander met wie ek gedeel het) te bewys dat Hy ons wil gebruik deur eenvoudig te doen wat van ons gevra word nie. Niks kan eenvoudiger wees nie.

Die volgende dag was die begin van die Vakansie Bybelskool en alhoewel ek geweet het wat my jongste seun vir my sou sĂȘ die oomblik toe ek die deur oopgemaak het, nee, hy wou nie gaan nie, omdat ek in elk geval ‘n vrywilliger was, was ek weer op die punt om te ervaar hoe min geloof dit neem om deur Hom gebruik te word. Terwyl ons in die gang afgeloop het, kon ek ‘n klas die liedjie hoor sing wat so gaan, “Vader Abraham het baie seuns gehad, en baie seuns het vader Abraham gehad
” en toe ek die deur oopmaak was my baas se vrou, Gina,  daar besig om te mars en haar arms te swaai (as deel van die liedjie), besig om haar seun en die ander kinders deur die kamer te lei!!! ‘n Prentjie waaroor ek honderd keer gedink het oor baie jare.

Alhoewel ons kort daarna getrek het, het my baas en sy vrou ‘n vaste instelling in ons vorige kerk geword, gou was hy ‘n ouderling, en ek het ook gehoor dat baie van hulle uitgesproke ateïs familielede begin het om saam met hulle by te woon, hulle redding kom as resultaat!!

Al is die rede vir hierdie redding stories om jou die versekering te gee van Sy beloftes oor ons geliefdes wat gered word, sal Hy ons ook graag gebruik as ons net ‘n gewillige vaartuig is. En neem dit van my, Hy is lief daarvoor om die onsinniges te gebruik om die geleerdes te beskaam. Baie sal daarvan hou om vir  jou te vertel dat dit baie meer vaardigheid en opleiding neem om deur Hom gebruik te word—maar ek is hier om hulle verkeerd te bewys. Al wat jy nodig het is ‘n hart wat oop en gewillig is om gebruik te word!

Eksodus 14:13—

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red 
”

2 Kronieke 20:17—

Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie . . . Die Here sal by julle wees.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui