“Woede Weg—'n Nuwe Lewe Begin”

Hierdie week se Redding Storie begin met nog ‘n susterskind, die ouer broer van Matt, van wie jy verlede week gelees het. Alhoewel dit ook begin het met ‘n krisis, was dit nie naastenby dieselfde as verlede maand s'n nie, nietemin, Tommy se storie mag iets wees waarmee jy en jou gesin makliker kan vereenselwig.  

Soos wat ek verlede week gesĂȘ het, die geskiedenis van my suster se gesin was baie dieselfde as waarmee elkeen van ons te doen gehad het. My suster se man het haar verneuk, maar in plaas daarvan dat sy na die Here gekeer het (soos ons so geseĂ«n was om gelei te word om te doen), het sy ongelukkig haar man gekonfronteer. En dit is glad nie verbasend dat hy geweier het om my suster bo die AV te kies nie, so in woede, gewortel in diep seer, het sy haar kinders opgepak net drie weke nadat sy geboorte aan hulle vierde gegee het.

Sonder ‘n Hemelse Vader (aan die vaderloses) het haar seuns na dwelms gekeer toe hulle tieners geword het. Gou nadat Matt van die dwelms afgekom het, het die oudste, Tommy, wat 'n sjef was om aanvaarding en erkenning te vind, ook afgekom.

Dit was jare later nadat ek gehoor het dat sy troue gekanselleer was, net een week vroeĂ«r, toe my suster huilend geskakel het. Sy het gesĂȘ sy was te blameer vir Tommy se woede kwessies, en wat veroorsaak het dat sy verlowing nie by die huwelik uitgekom het nie. Dit het twee keer vantevore gebeur. Sy woede het sy verloofdes bang gemaak, en my suster het geglo dat hy nooit sou trou en ‘n gesin van sy eie sou hĂȘ nie. 

Terwyl ek met 'n deernisvolle oor geluister het, het ek ook vir die Here in my kop en hart gevra wat Hy wou gehad het ek vir haar moes sĂȘ. Sonder om regtig te dink oor wat ek besig was om te sĂȘ, het ek haar verseker dat dit ‘n GOEIE ding was omdat die hartseer Tommy sou lei om te besef dat dat hy ook ‘n Redder nodig het om sy seerkry te genees—en sodra sy seer genees was—sou die woede ook weg wees. 

Ek is nie seker oor die besonderhede nie, maar ek glo dit was Tommy se suster, wat hom gevra het om saam hulle kerk toe te gaan (my susterskind se familie.) Tommy was dalk in die verlede weerstandig daarteen om ‘n Christen te word omdat sy swaer sy held was, wie ‘n vloot soldaat was/is. En wie self nog nie besef het dat hy 'n redder nodig het nie. Nog nie 😉 

Nietemin, daar is niemand wat redding kan ontvlug sodra die Redder roep nie. So God het geweet wat dit sou neem om sy aandag te kry en sy hart voor te berei na Hom toe uit te reik. “U laat my bekendes ver van my af staan”, maak “hom iets afskuweliks” vir nog ‘n pragtige verloofde wie Tommy verlaat het ‘n week voordat hulle by die kansel sou staan.

Die oggend het hy kerk toe gegaan saam met sy suster, ek het gehoor hoe my broerskind na die altaar gehardloop het en etlike ure later saam met die pastoor spandeer het om 'n reeks foute te bely wat hy by God gepleit het om reg te maak. Ek was meer as verheug toe ek die Goeie Nuus gehoor het—ek het ook net geweet dat God iemand beter gehad het, wat net wag om met hom te trou en het dit ook vir my suster vertel.

Dit het minder as ‘n jaar geneem vir Tommy om sy bruid by ‘n Bybelstudie te ontmoet! Weg was die kwaai man, en in die plek van die kwaai man was n kalm, introspektiewe gebroke man wie nie gereageer het wanneer hy seergekry het nie. ‘n Jaar en ‘n half later is hulle getroud, ek het ‘n foto van Tommy gesien waar hy sy pragtige seun vashou wat net soos hy gelyk het toe hy ‘n baba was!! Ek moet sĂȘ daar is baie mans wat lyk asof hulle bly is om ‘n pa te wees, maar hierdie foto van Tommy wat sy seun vashou was die toonbeeld van 'n man wat geweet het hy is 'n geseĂ«nde man!!

Ek is seker Tommy en sy ma en die res van sy gesin het nooit gedink dat hy geseĂ«n sou wees met 'n regtig pragtige vrou en ook 'n pragtige seun toe hy soveel ouer was nie—verby die tyd wanneer meeste jong mans trou. Tog is dit nooit te laat vir die Here om te beweeg nie. Om die waarheid te sĂȘ, ons weet dat om te wag en te laat op te daag dikwels 'n manier is om meer aandag te vestig op God se vermoĂ« om die ONMOONTLIKE te doen.

So as jy familielede het wat jy glo onbereikbaar is, of daar was gesĂȘ dat dit eenvoudig te laat is vir hulle—wag net en glo!! God het ‘n perfekte plan, vir ‘n vasgestelde tyd. So, stop en neem net ‘n minuut om neer te skryf wat jy vertroue het Hy gaan doen, dateer dit, en heg ook paar Bybel Beloftes daaraan. 

Gee dan eenvoudig vir God tyd om te werk—wetende dat dit dalk lyk of Hy te laat is—terwyl Hy eintlik net toelaat dat die situasie donker genoeg word om Sy wonderwerk toe te laat om 'n lig te laat skyn op die onmoontlike wat werklikheid word!!

Opdatering: Onlangs het ek fotos van Tommy en sy groeiende gesin gesien. Nie net was hy geseĂ«n met 'n pragtige vrou en 'n pragtige seun nie—maar hulle het 'n blouoog babadogtertjie verwelkom wat lyk soos ek vir Tommy onthou toe hy 'n baba was. So 'n wonderlike pragtige gesin.

Lees LOF đŸ™ŒđŸŒ wat Bemoedigende Vroue plaas op ons Bemoediger oor om 'n Hemelse Vader te hĂȘ #HV

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui