"My Broer is Sterwend"

Soos ek verlede maand aan die einde van my persoonlike redding storie gedeel het, was dit toe ek gehoor het dat my broer besig was om dood te gaan aan bloedkanker dat die redding van my bemindes al te werklik geword het. Weereens het ek geweet dat om hom te konfronteer met die pertinente vraag, “Weet jy waar jy gaan wanneer jy dood gaan?” kon hom sekerlik skud, tog, het ek  alreeds met die Here hieroor gepraat. Ek het Hom eenvoudig gevra om my broer lank genoeg aan die lewe te hou sodat hy Hom as sy Redder kon ervaar. Ek het vir Hom gesê ek sou my broer laat gaan solank ek geweet het dat ek hom weer in die hemel kon sien.

Die tipe bloedkanker wat my broer gehad het was betekenisvol omdat ek eens op ‘n tyd ‘n PreMed student was, dit het my gelei om navorsing te doen om meer daarvan te wete te kom, en dit het my selfs meer geruk—omdat dit bevestig het wat ek alreeds gehoor het. Die tipe bloedkanker wat my broer gehad het, het sy slagoffer as gevolg van die vinnige en kragtige aggressiwiteit, net EEN remissie gegee. En ook as gevolg van hoe gou dit sy slagoffers geneem het, was daar baie min wat hulle van hierdie vorm van kanker geweet het. Meeste van hierdie pasiënte is dood en eers later het hulle uitgevind dat dit (hierdie soort) bloedkanker was.

Tog het ek geweet dat die Here getrou was. Ek het nog nie hierdie volgende belofte ontdek nie;

Handelinge 16:31 NLV—

“Hulle het hom geantwoord: 'Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”’

Tog, aangesien die Here my Beste Vriend was terwyl ek grootgeword het en later my Here geword het net voordat my man my verlaat het, het ek Sy getrouheid in Sy begeerte om my broer gered te sien voordat hy doodgaan aangevoel. Wat Hy my eerste gelei het om te doen, was om te fokus op die moontlikheid dat hy sou lewe. Die het daartoe gelei dat baie van ons familielede bloed geskenk het, maar wat daartoe gelei het dat ek ernstige gesondheidskwessies opgedoen het, wat veroorsaak het dat ek meeste van my eie hare verloor het.  

My broer was net ‘n paar weke na my 3de seun, Easton, se geboorte  gediagnoseer. [En nie dat dit van enige regte betekenis is nie, maar Easton, en later my dogter Tyler, was albei op my broer se verjaardag gebore! Vir my broer het dit beteken dat dit ‘n teken was van sy dreigende dood en dat sy susterskind hom vervang.]

Toe ek getoets was, was my bloedgroep ‘n ideale pasmaat, so toe begin ek bloed skenk vir my broer om te oorleef. Omtrent twee weke nadat ek begin bloed skenk het, het klompe van my hare begin uitval, maar soos altyd, werk Hy alles ten goede uit. Die dokter het gesê dat ek al my hare sal verloor (en natuurlik, beveel dat en nie meer bloed skenk nie), en voorgestel dat ek red wat ek oorgehad het, dat ek my middellyf lengte hare sny.

Die guns van God het ingeskop toe ‘n gewilde plaaslike haarkapper van my storie gehoor het (God weet hoe), en ‘n private afspraak met my gemaak het. Hy het ingekom toe een van sy salonne toe was om versigtig my hare uit te borsel (sodat daar nie meer sou uitval nie), dit gevleg en toe afgesny, toe dit op my skouers geval het. Eerlikwaar, hierdie nuwe haarstyl het verander hoe ek gelyk het en om die waarheid te sê, dit was die beste wat ek in jare gelyk het! Maar laat ons terugkom by my broer… Omdat hy wou leef vir sy 3 jong seuns, het my broer na verskeie stede dwarsoor die land gevlieg en gesmeek vir ‘n beenmurg oorplanting. Destyds, in 1985, was beenmurg oorplantings net suksesvol in kinders en jong volwassenes. Hulle het gesê dat my broer te oud was. Toe een dag nadat hy al die kankerbehandelinghospitale uitgeput het, het hy ‘n onverwagse oproep van UCLA Mediese Sentrum gekry en gevra of hy nog in remissie is, en of hy nog belangstel om te probeer, en dat hulle die beenmurg oorplanting sou doen. Die twee dokters het pas terug gekom na hulle by die Tsjernobyl Kernramp gehelp het en het maniere gevind om die normale beenmurg verwerping te vermy. Vandag, natuurlik, het ons ver verby dit beweeg en oorplantings word baie meer algemeen.

Dit was my ouer suster wat haar beenmurg gegee het, en soos wat ons almal gehoop en gebid het, het my broer die oorplanting oorleef en omtrent ‘n jaar later het hulle vir hom gesê hy was kankervry.

Tog, hier is die waarheid. My broer was, vir dekades, die enigste oorlewende van hierdie soort kanker! En as gevolg daarvan, vier UCLA elke jaar ‘n “verjaardag” partytjie vir hom. Dit is omdat dit NIE die dokters was nie (so briljant as wat hulle was/is), nog minder die behandeling wat hy ontvang het, dit was omdat GOD my broer genees het!! En nie net sy liggaam nie, maar sy siel ook. Soos wat ek gesê het, ek het nooit my broer gekonfronteer of selfs ‘n punt daarvan gemaak om enigiets van my verhouding met die Here te deel nie. Ek het dikwels van die Here gepraat, soos ek altyd doen, as ‘n intieme vriend en dit was nog atyd deel van my gesprekke met my broers en almal waarmee ek gepraat het. Maar ek het nooit op enige godsdienstige of tipiese “getuienis”-manier met hom gepraat nie. In plaas daarvan het die Here vir my gesê om Hom eenvoudig te VERTROU, dat redding Syne is, wat ek begin verstaan het iets is wat Hy regtig nie ons hulp mee “nodig” het nie, maar waarmee Hy ons “toelaat” om te help. 

2 Kronieke 20:17—

"Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”

‘n Maklike manier om dit te verduidelik is toe ek my jonger kinders gevra het om my te “help” om my bed op te maak. Hulle sou aan die een kant gaan staan en baie min doen om te “help.” Dan sou ons kante ruil en ek sou dit regmaak, en hulle loof! Hulle het gestraal omdat hulle mamma “gehelp” het, maar dit was ver van “behulpsaam.” Om die waarheid te sê, Hy het my glad nie gebruik nie.

My broer het dikwels langafstand geskakel om vir my te vertel hoe dit met hom gaan, en op een geleentheid het hy met my gedeel oor die diepgaande verandeing in sy middelste seun. Dit was die seun wat moeilik was van geboorte af 😉 MAAR wie heeltemal verander is in ‘n totaal ander persoon die oomblik toe hy “gered” was. Elke keer wat my broer sou bel en praat oor spesifieke veranderinge in my broerskind, het ek aangevoel dat my broer so naby was om Hom ook te wil leer ken. Tog, het ek van beter geweet as om enigiets te sê. In plaas daarvan, het ek geweet dat die Here wou hê ek moes terugsit, op Hom vertrou en kyk. ‘n Paar keer het ek geluister en oor my eie verhouding met die Here gepraat, weer omdat dit is hoe ek is , wie Hy is in my lewe is en hoe ek nog altyd was. Tog, het ek nooit my broer gekonfronteer of direk met my broer oor sy redding gepraat nie want, soos met baie ouer broers, het ek geweet hy sou moontlik met my wil debateer.

Toe, eendag, het ek net GEWEET dat dit gebeur het, en omdat ek so opgewonde was, het ek domweg begin babbel met onbeduidende geklets, toe my broer my onderbreuk en gesê het, “As jy net vir ‘n minuut sou stilbly, wil ek jou graag iets vertel!” Ek het my mond toegemaak, maar toe val dit in ontsag oop! Ek het my broer hoor sê dat hy die HERE gevra het om in sy lewe te kom, om hom nuut te maak en dat die Here NOU alles vir hom was!!!

Ek glo dit was op daardie oomblik wat my broer ook genees was van ‘n ongeneesbare vorm van bloedkanker. Daar is regtig geen ander verduideliking nie! Ja, my broer het ‘n beenmurg oorplanting en baie ander operasies gehad as gevolg van sy bloedkanker behandelings—newe-effekte van sy behandeling, nie sy bloedkanker nie. Vandag, amper 30 JAAR later, is my broer nog steeds lewendig!! En, alhoewel hy nog steeds ‘n nuwe verjaarsdagpartytjie by UCLA bywoon, aangesien hy nog steeds die enigste oorlewende is, glo ek dit bewys dat dit GOD was wat sy siel en sy liggaam genees het!! Soos wat ek afsluit, onthou, wat dit sê in 2 Korintiërs 3:2, Afr 83 “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan."

2 Korintiërs 3:2 “ Julle is tog self ons brief, geskryf op ons harte, bekend aan en gelees deur alle mense.

* Wat beteken, om te getuig is om ‘n aanbevelingsbrief of oop boek te wees om gelees te word deur almal wat na jou lewe kyk. 

Aanbevelingsbrief in Grieks is Epistello, om vir iemand ‘n boodskap te stuur, om instruksies te skryf. Ons lewens behoort ‘n boodskap te stuur vir ander om te sien hoe om in vrede en vreugde te lewe en “geen kommer oor die toekoms te hê nie”  as gevolg van wie ons vandag en ook ons toekoms mee deel! My familie het my lewe aanskou, en hoe Hy  so pragtig daarin geskryf het. Ek het deur baie beproewings gegaan, maar altyd te midde daarvan vredevol gebly. Soos wat ek gesê het, ek het nog nooit enigiemand gekonfronteer nie (familie, vriende of ‘n vreemdeling nie), maar het eenvoudig Sy redding dopgehou terwyl ek in ontsag bygestaan het! Ek spoor jou aan om op te hou bekommerd wees of om te probeer om jou familie “gered” te kry en om eenvoudig hierdie belofte vir jou familie te GLO!

Handelinge 16:31NLV— 

“Hulle het hom geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”’

En onthou dit is niks wat ONS doen nie, maar wat Hy gedoen het!!

Eksodus 14:13—

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red…”

2 Kronieke 20:17—

“Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie . . . Die Here sal by julle wees.”  

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui