"'n Vriendin se Liefde is Aansteeklik”

Hierdie week se Redding Storie gaan oor Monika se suster, en wat my so na aan die hart lĂȘ van hierdie storie, is hoe God dit goed gedink het om een van my liefste en dierbaarste vriendinne, Dawn, te gebruik. Ek het Dawn vir die eerste keer ontmoet toe ek in Fresno, KaliforniĂ« gepraat het. Op die RMIOU Kampus het ek  ‘n foto van ‘n paar van die dames wat bygewoon het en selfs terwyl ek gepraat het, het ek haar dierbare, glimlaggende, stralende gesig opgemerk. Jy sal sien Dawn het ‘n blou trui aan (naby aan agter links).

Na die byeenkoms, het ek Dawn ontmoet en sy het aangebied om my na haar huis in San Jose te neem, het my die aand daar laat slaap en het my vroeg die volgende oggend na die lughawe geneem.  Van slegs daardie baie kort tydjie saam het ons die naaste en dierbaarste vriendinne geword (tot vandag toe) en dit was Dawn wat deur God gebruik was om Monika se suster, Lila, aan die Here voor te stel.

Van kleintyd af het Monika en Lila een van die ergste gevalle van susterlike wedywering gehad wat ek nog gesien het. Om die waarheid te sĂȘ, Lila was gereed om by ons in Missouri te kom woon en na die universiteit toe te gaan, maar omdat Monika by ons kom woon het, het Lila ‘n ander staat vir net daardie rede gekies! Op soek na ander universiteite wat haar hoofvak in Linguistiek aangebied het, was gesĂȘ dat San Jose Staatsuniversiteit 'n uitstekende alternatief was. So my broer het my gebel en gesĂȘ dat hy geweet het dat ek “vriende” dwarsoor die wĂȘreld het (net God kan dit hanteer, en ook dat my broer dit kan erken, en ‘n tipiese ouer broer was 😉) en gevra of ek enigiemand in die area ken? Onmiddellik het gedink aan die warm, knus dubbelbed waarin ek geslaap het en die warmte van Dawn se huis, so ek het Ja gesĂȘ, maar het geweet dit is baie om te vra. 

Om terug te kyk, glo ek dat ek nie ‘n epos gestuur het nie, maar gekies het om Dawn te bel, maar een feit wat ek wel onthou, ek het Dawn gewaarsku om absoluut seker te maak dat dit die Here was wat wou gehad het sy moet dit doen! Dat sy moet belowe dat sy dit nie vir my doen nie, of dit op ons vriendskap baseer nie. Ek het ook seker gemaak dat Dawn van my veeleisende en in-jou-gesig broer weet—voordat ek haar toegelaat het om te aanvaar. ‘n Paar dae later het Dawn vir my gesĂȘ dat sy wel aangevoel het dat dit Hy was, en om dit te bevestig, voordat my broerskind Lila by haar kom woon het, het sy nog ‘n buitelandse universiteitstudent van China ingeneem!

Toe die jaar amper verby was en Lila besig was met voorbereidings om terug te keer huis toe, het Dawn vir my gesĂȘ dat sy gevoel het asof sy my in die steek gelaat het. Ek was geskok en het vir haar gesĂȘ dat sy my nie in die steek gelaat het nie en gevra of sy gedink het dat ek van haar verwag het om my broerskind na die Here toe te lei? Sy het gesĂȘ, “Ja, natuurlik” wat my in staat gestel het om te verduidelik dat al wat ek gehoop het sy sou doen, was om LIEF te wees vir my broerskind met dieselfde liefde wat sy altyd vir my gegee het. En dat Lila se redding nie haar werk of verantwoordelikheid was nie, dit was die Here se werk, nie hare nie. Ek het gehoor hoe sy ‘n sug uitlaat en sy het reageer deur te sĂȘ hoe verlig sy was.

Dit was nie lank daarna nie, miskien ‘n week of twee, toe ek die nuus hoor dat Lila van 'n jeuggroepbyeenkoms by die huis gekom het, dansend en opgewonde rondgespring het in die sitkamer en gesĂȘ het, amper  singende, dat  sy Jesus aanvaar het en hoe  gelukkig  sy was!

Dit bewys dat wanneer ons laat gaan en God toelaat om te doen wat net Hy kan doen, dan eenvoudig op die Here vertrou, het Hy die ruimte wat nodig is om Sy plan en belofte vir ons familie te volbring.

Die grootste skok was toe Lila se ouers die verandering in beide hulle dogters gesien het—toe sy by die huis kom het sy haar suster, Monika, omhels en vir haar gesĂȘ hoe gelukkig sy was, haar toe in haar kamer ingetrek om vir haar te vertel wat gebeur het!!

Lank, lank gelede toe die Here my vertel het hoe Hy in hierdie familie sou kom, deur die meisies, het ek myself hoor sĂȘ dat wanneer dit gebeur (let wel, ek het nooit gesĂȘ “as” nie?), sal dit die verandering in hulle dogters wees wat my broer en skoonsuster se aandag sal trek. Alhoewel ek van hierdie ongelooflike verandering gehoor het, was dit nie totdat Tara in Japan was en teruggekom het om te vertel dat sy die heeltyd in verwondering was oor hoe innig hierdie susters was nie. Dit is nie net omdat hulle opgehou het om te baklei en kibbel nie, maar sy kon sien hoe hulle mekaar die heeltyd drukkies gee, met hulle arms altyd om mekaar, of hulle het hande vasgehou terwyl hulle loop (gebruiklik vir hegte vriendinne in Japan).

Vir my was die grootste bewys hoe pragtig Lila geword het. Vir my  het sy altyd ‘n bietjie te veel soos my broer gelyk  😉 maar toe sy die Here van aangesig-tot-aangesig ontmoet het, het sy gestraal en is nou eenvoudig pragtig!!! 

Psalms 34:4-5 (Afr 83)

“DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.

NOTA: Voor my broer en sy vrou ooit sy twee dogters aan my toevertrou het, of aan een van my vriendinne sou toevertrou, het hy dit duidelik gemaak dat hy geweet het dat ek nie soos die ander-bybel-in-jou-gesig-stamp mense was wat hy gehaat het nie, en het vertrou dat my vriendinne dieselfde was. In plaas daarvan om ooit die Here met my broer te deel, het ek dit geleef. En deur die jare het die Here vir my baie geleenthede gegee om die saad nat te maak wat gesaai was deur eenvoudig myself te wees: om ander lief te hĂȘ soos ek vir soveel heerlike jare deur Hom liefgehad is.

OPDATERING: Monika (van verlede week) het moreel rein gebly (terwyl sy vir haar man wag, net soos haar beste vriendin en niggie, Tara) en is nou in nagraadse skool. ‘n Opdatering op Lila, sy is ook ongetroud en werk as ‘n universiteits professor saam met haar pa (my broer) wie ek glo die volgende sal wees om sy lewe aan die Here oor te gee, tensy my skoonsuster haar man voorspring.  🙂

HERSTEL: Dawn was geseĂ«n met ‘n HERSTELDE huwelik! Wees seker om My Dierbaarste Vriendin HERSTEL! te lees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui