OGGEND TOEWYDING – 29 MEI

Mei

Vir so lank het ek aan bitterheid vas gehou en glo my dit het 'n wig tussen my en die Here geplaas, maar ek het gesukkel om dit te laat gaan en kon dit eers laat gaan toe ek die Here se hulp gevra het om my te help om asseblief te vergewe. En sodra daar weer gedagtes opkom, vra ek die Here net weer om my te help.

Tog, ons kla en ween en sê “Hoekom ek?!” Kom ons bid almal dat ons tevredenheid in elke en alle omstandighede waarin ons onsself bevind, kan leer.
In my eie lewe was ek so lief om te kla en natuurlik te vra hoekom ek, maar hoe meer ek gekla het, hoe meer het dinge in my lewe nie verander nie. Vandag weet ek daar is 'n rede hoekom ons deur slegte tye gaan en as ons nie geleer het wat ons nodig het om te leer nie, bly ons in die siutasie. En waar ek nie gekla het nie, het ek vinniger uit die slegte situasie gekom. Ek sê altyd vir myself kla is 'n baie slegte gewoonte en dis so maklik om in daardie gewoonte te verval.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui