OGGEND TOEWYDING – 15 MEI

15 Mei

“Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei” (Ps. 107:28).

Beminde, het jy die Here aangeroep? Miskien het jy geroep, “Asseblief Here, bring my liefde terug na my toe!” en jou liefde is nog steeds weg. Maar om ‘n lewe te herstel is ‘n progressiewe reis. Dié wat op die skip was, was nie op 'n magiese of bonatuurlike wyse op hulle bestemming geplaas nie, maar hulle was uit hul nood gebring toe hulle uitgeroep het na die Here. Het jy uitgeroep vir hierdie spesifieke storm? God wil hê dat elke storm ‘n teken moet wees vir jou om Hom aan te roep, by Hom te huil sodat Hy Homself sterk kan wys om jou onthalwe. Dan, in die middel hiervan, sal jy Hom meer intiem ken—glorie aan God!!

Beminde, moet nooit misluk om Hom aan te roep wanneer jy die stormagtige winde sien wat begin waai nie; moet nooit misluk om uit te kyk vir Hom wanneer die see van die lewe, veral op die roete wat jy gekies het om op te reis, vol storms is nie.

Ek weet dis so maklik om mismoedig te voel sodra 'n storm ons tref, maar ons moet dit sien as 'n geleentheid om die Here aan te roep. Ek weet nie van jou nie, maar elke storm het my nog net nader aan die Here gebring, so 'n storm is nie net 'n geleentheid om na die Here uit te roep nie, maar dis ook 'n geleentheid om nader aan die Here te beweeg.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui