OGGEND TOEWYDING – 14 JUNIE

Junie

'n Baie belangrike feit met vanoggend se toewyding is dat God vir ons is en dat ons nooit ooit in Sy liefde hoef te twyfel nie. Lees hierdie gedeeltes wat ek uit vanoggend se toewying gehaal het:

God moet dit toelaat; dit is in Sy hande. Wat of wie Hy gebruik was versigtig en deurdagtig besluit voordat jy eers bewus was van die nodigheid vir so operasie op jou hart.

God sal selfs hulle verkeerde en bose bedoelings vir jou goed gebruik; dit is Sy belofte aan ons.

God is die Een wat vir ons alles ten goede gaan laat meewerk, selfs ons seer. God het alles onder beheer, fokus net op Hom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui