NET EEN ANTWOORD – GOD!!!

Lees asseblief die mooiste getuienis van Meagan, wat sy gelos het op gister se post van 'n Wyse Vrou. Dis alles net ons wonderlike Here, toe sy alles vir die Here oorgee:

Die week het God my so geseën, ek het finansieël so gesukkel en ek wou die heeltyd alles self probeer doen tot ek dit vir die Here gegee het, gister toe roep my baas my in om met my te gesels net om vir my te sê dat ek ‘n verhoging kry, dit is nie al nie – ek het ongelooflik baie skuld gehad en my werk het AL MY SKULD AF BETAAL ALLES! Prys die Here, net omdat ek dit vir Hom gegee het en op Hom vertrou het, het Hy die pad vir my oop gemaak. Moet nie op jou eie insig staatmaak nie, vetrou op die Here.

2 thoughts on “NET EEN ANTWOORD – GOD!!!”

  1. Dit was regtig ‘n wonderlike getuienis van hoe Hy voorsien en intree as ons laat gaan en als net vir Hom gee en Hom ons enigste en ware Bron van alles maak.

    1. Ja liefste Adina, so mooi want as ons net besef dat Hy totaal en al in staat is om vir ons te kan sorg met alles, ons is so veilig in Sy liefdevolle hande, maar ons moet oorgee en Hom vertrou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui