‘N WYSE VROU VERVOLG…

NEW-COVER-WW-AFR-Front

Uittreksel uit Hoofstuk 1...

Met God. Ons moet nie in die vlees optree nie. Ons moet “saam met God werk,” in Sy rigting beweeg, en Sy Gees gebruik om te doen wat ons moet. “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.’” Matt.19:26. “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.’” Markus 10:27. “Daarop antwoord Hy: ‘Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.’” Lukas 18:27. Enige ander plan sal ons uiteindelik uitmergel en veroorsaak dat ons opgee. “Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.” Gal. 6:8. Deur in die vlees op te tree sal net tydelike opervlakkige verandering bring teenoor ‘n permanente innerlike verandering. “…want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Kor 4:18.

Dit laat my dink hoe ek my eie planne gemaak het om my huwelik te probeer red, my eie planne om myself uit finansiële skuld te kry en so baie ander dinge het ek op my eie probeer doen in plaas van net om op God te vertrou. En hoe meer ek dinge self probeer doen het, hoe erger het ek dit gemaak. Vandat ek God vertrou om dit in my lewe reg te maak, wat nie reg is nie, doen Hy dit en is Hy selfs besig om my te verander. My eie planne het my so uitgemergel en met baie van my planne het ek soveel skade aangerig, wat ek vir my Hemelse Man vra om te herstel. En dis so bevrydend om my Hemelse Man met alles te vertrou, want vir God is alles moontlik.

3 thoughts on “‘N WYSE VROU VERVOLG…”

  1. Liefste Janine, dit wat jy hier sê is waar mens wil altyd jou eie planne maak, jou eie huwelik probeer red self alles probeer “uitfigure” maar daar is net een antwoord dit is God! Die week het God my so geseën, ek het finansieël so gesukkel en ek wou die heeltyd alles self probeer doen tot ek dit vir die Here gegee het, gister toe roep my baas my in om met my te gesels net om vir my te sê dat ek ‘n verhoging kry, dit is nie al nie – ek het ongelooflik baie skuld gehad en my werk het AL MY SKULD AF BETAAL ALLES! Prys die Here, net omdat ek dit vir Hom gegee het en op Hom vertrou het, het hy die pad vir my oop gemaak. Moet nie op jou eie insig staatmaak nie, vetrou op die Here.

    1. O WOW Meagan!!! Wat ‘n ongelooflike lofprysing! Dit is so bemoedigend! Sal dit defnitief op LoveAtLast.org ook deel!
      Maar baie welkom en kan nie wag om meer logverslae en bemoediging van jou te lees nie!

  2. Liefste Meagan, baie baie welkom hier op die Afrikaanse blog. Jy is so reg, net God is die antwoord.

    Ek sit hier met trane in my oë oor jou lofprysing. Dit is so pragtige getuienis, dat ek dit op die Engelse blogs ook gaan deel. Dit is so ongelooflike bemoediging wat ander vrouens moet lees, as mens op die Here vertrou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui