MY BEMINDE KIND – 28 JUNIE

Vandag se stukkie is so mooi, ek voel hier is so pragtige boodskap vir ouer en kind.

“Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê: ‘Staan gou op!’ Die boeie het van sy polse afgeval” (Handelinge 12:7).

Geliefde kind, moet nooit vergeet dat jou geliefde in duisternis leef nie. Moet dit nooit vir 'n oomblik vergeet nie. Waar daar geen lig is nie, is daar vrees. Waar daar geen lig is nie, vroetel 'n gevangene om 'n weg in die lig te vind. Waar daar geen lig is nie, is daar gedagtes en woorde wat nie gespreek sou word as daar lig was nie.

Geliefde kind, 'n lig kan geskyn word in die tronksel van jou geliefde se duisternis. Dit is die Lig van die hemel. Dit was na Petrus toe gestuur as gevolg van die gebede van dié wat nie die doodstraf aanvaar het van die een wat hul liefgehad het nie, maar was gretig om te bid tot die oorwinning behaal is.

Geliefde kind, bid vandag en vertrou dat jou geliefde vandag die lig van bo sal ontvang. Bid.

AFR_MBC_balloon_front_cover

2 thoughts on “MY BEMINDE KIND – 28 JUNIE”

  1. Baie dankie Janine. Jy is reg, dit is ‘n pragtige boodskap. Ek sien net die datum wys 28 Julie en nie Junie nie. 💖

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui