MY BEMINDE KIND – 25 JUNIE

Geliefde kind moenie moed verloor nie:

“Hy het hom in die tronk gesit en deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná Paasfees in die openbaar verhoor” (Handelinge 12:4).

Geliefde kind, daar is geen twyfel oor die vyand se voorneme om jou geliefde vas te hou nie. Onthou, dit was Herodes se bedoeling om Petrus dood te maak net soos hy Jakobus doodgemaak het. Jy het dalk gehoor van baie gesinne en ander kinders wat vernietig is deur die einste situasie wat jy in die gesig staar—maar dit hoef nie met jou te gebeur nie! Selfs al het jy geweet van duisende—God belowe as Sy kind, nog 'n ander uitkoms. (Psalm 91:7)

Bid! Bid ernstig.

Moenie nalaat om by jou Hemelse Vader te pleit in jou gebedshoekie todat jy weet Hy het jou gebed gehoor en jou gebed sal beantwoord nie - en jy kan aanvoel "dat dit klaar is" en jy kan wag vir die "bestemde tyd". (Habakuk 2.2)

Geliefde kind, jou geliefde het dalk die vyand se vernietigende bedoeling as hul eie gedagtes of oortuigings gepraat, maar sodra die lig in hul duisternis kom, sal hulle wakker word en na die hekke loop en die kettings wat hulle eens vasgebind het, in vryheid afskud .

Geliefde kind, maak seker dat die poorte van jou hart gereed is om oop te maak wanneer, nie as nie, God jou geliefde se hart na die huis toe terugdraai. Jou geliefde is dalk nou op pad, so maak seker jy het 'n hart van vergifnis en geduld.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui