As ma gee ons, ons kinders 'n groot voorsprong in die lewe as ons hulle leer om hulle dag met die hulle Vader te begin. Liefste kind, ek hoop jy geniet hierdie dagstukkie met jou ma en weet net jy kan staatmaat op jou Vader se beloftes:
“Onthou die beloftes aan u dienaar, want U het my laat hoop. U belofte laat my weer lewe, dit vertroos my in al my ellende.” Psalm 119:49-50
Geliefde liefling kind, het jou Vader vir jou 'n belofte van hoop gegee? Waar het jy hierdie belofte gebêre? Is dit diep in jou hart weggesteek? Word dit dag en nag oordink? (Psalm 1:2) Is dit gereed op jou lippe om te antwoord wanneer iemand jou vra "om ‘n verduideliking te gee oor die hoop wat in julle lewe?" (1 Petrus 3:15)
Beloftes van jou Vader sal jou troos wees in elke moeilikheid waarmee jy te doen het. Sy beloftes, en Hy alleen sal jou laat opleef totdat die belofte vervul is. Koester Sy Woord. Sy Woord is gevul met Sy beloftes aan jou.
Dankie liefste Janine. Ek en my kinders doen nou die Afrikaans saam. Baie baie dankie.
Dis so fantasies liefste Yvonne, so wonderlike manier om ons kinders te leer hoe om mens se dag te begin.