Meer van U Here en minder van my …

Vanoggend wil ek God net loof en prys omdat Hy in my lewe is en my tot hier gebring het waar ek is. Ek het glad nie ‘n jaar terug gedink ek gaan hier wees waar ek is nie, ek het baie ander planne gehad, maar God se gedagtes en planne is nie ons gedagtes en planne nie. Alhoewel ek op iets anders gehoop het, het God my na ‘n beter plek gelei! Ek is vanoggend dankbaar dat U in my lewe is Here! Dankbaar vir al die veranderinge wat U aan my gemaak het, en dankbaar dat U nog nie klaar is met my nie!

2 thoughts on “Meer van U Here en minder van my …”

  1. Liewe Betty, ons Minnaar se begeerte is dat ons dankbaar moet wees vir alles wat Hy vir ons gee, selfs wanneer Sy reaksie anders is as wat ons verwag het. En Hy is bly wanneer ons Sy beweging in ons lewe herken, al gaan dinge nie soos ons wil nie, het ons altyd redes om dankbaar te wees en in die Here bly te wees.
    “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus van julle.”

    Ek het ons “Gratitude Therapy”-bladsy onthou: https://hopeatlast.com/thankfulness-therapy/ Gebruik die “Translate”-knoppie om na jou taal te soek, aangesien hierdie bladsy op die oomblik net in Engels beskikbaar is.

    Baie liefde vir jou skat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui