LIEFSTE BRUID BEMOEDIGING – 1

Dag 3 Verseker Jou Sukses 3:
“Beweeg Aan”
Shhhhhhhh!

As jy soos die meeste vroue is wat na ons bediening kom, het jy baie foute gemaak voordat jy jou pad hierheen gevind het. Foute wat jou nou volg wat jy blykbaar nie kan afskud nie.

Een so 'n fout is wanneer jy mense van jou huweliksituasie vertel het. Die rede waarom dit nadelig is vir herstel is redelik eenvoudig: hoe meer jy vertel, hoe meer raad gaan jy kry, hoe meer verward gaan jy raak, hoe meer gaan jy ronddwaal in die woestyn – waar die meeste opgee wat met hierdie Herstelreis begin – na hulle jare in die woestyn ronddwaal!

Lees asseblief die bemoeding wat 2 bruide in die K2 Dag 3 Kursus joernaal vir ander bruide gelos het:

Liefste Bruid,
Gryp vas aan God en behou jou geloof. Vetrou net op God en praat net met hom, fokus op jou reis saam God en jy sal begin straal en dinge sal vir jou makliker raak hoe meer jy laat gaan en vasgryp aan God! Jy hoef niks te doen nie, gee alles vir die Here ALLES. Hy sal die geveg vir jou veg, vetrou en glo!
Meagan

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Liefste Bruide,
Laat los en vind daardie nuwe persoon in jou lewe. Jou Hemelse Man!
Fokus op jouself en kyk na jouself, meer as wat jy vir jou aardse man sou doen. Jy doen dit vir God!
Deel alles met Hom en nie met mense nie.
xx
Betty

2 thoughts on “LIEFSTE BRUID BEMOEDIGING – 1”

  1. WOW! Dankie dat jy hierdie gedeel het Janine, kan ek eerlik wees? Ek het al vergeet van die bemoediging wat ek geskryf het en dit was vir my so nodig om dit weer te lees, die Here het my hierna toe gely, dankie my liefling Here. ❤️

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui