Verlede week het ons afgesluit deur te besef dat die beste manier om ontslae te raak van moeilike of siek gevoelens, was om dit Af Te Lag sodat ons die oorvloedige lewe kan leef en oor die toekoms saam Hom kan glimlag.

Hierdie week wil ek graag deel oor hoe om vredeliewende vrugte te ontdek.

Vandag het ek gesit en my verlustig aan iets wat plaasgevind het op die hakke van ‘n ongemaklike gebeurtenis wat ek gehad het. Eintlik was dit ‘n bietjie ‘n verleentheid, nietemin, soos alles anders gebruik God dit ten goede. So om die Here te vra of dit iets is wat Hy wil hê ek moet deel as ‘n lewensles, en indien wel, om asseblief vir my ‘n titel te gee—het Hy vir my “vredeliewende vrugte” as titel gegee wat uit ‘n wel-geliefde belofte kom, “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.” Hebreërs 12:11

Toe ek dit hierdie keer gelees het, het ek nie die woorde wat in vet skrif gedruk was “gevorm” deur “gehoorsaamheid” onthou nie. Die meeste assosieer dissipline en selfs opleiding in ‘n negatiewe manier. Maar dissipline beteken nie straf nie, net soos wat ek in ‘n Wyse Vrou sê wanneer ek verwys na wanneer ons kinders dissiplineer of oplei. Dissipline beteken om te oefen of op te lei om dinge op die regte manier te doen en dit is wat “vredeliewende vrugte” teweegbring.

So laat my jou vertel van die verleentheid wat gebeur het, maar laat my eers begin deur te verduidelik waarmee ek baie dikwels moes afreken, terwyl ek my lieflike buitenshuise gebied geniet het. Ek is lief daarvoor om in die skaduwee te lê en ‘n heerlike middagslapie te neem na ‘n intense (maar altyd heerlike) werksdag.

Elke middag koester ek om Hom te onthou en te dank vir ongelooflike seëninge—dinge wat ek my nooit verbeel het ek ek ooit sou kon hê of ooit kon doen nie (‘n middagslapie in die skaduwee by my swembad en meer). So natuurlik is die vyand gretig om die danksegging wat Hom toekom te steel en sy bes te doen om ons te beroof van daardie vredeliewende vrugte wat kom van om Sy bruid te wees. 

Meer as een keer, baie meer dikwels as wat ek kan tel, het die swembadman (wat eintlik ‘n buurman van die huiseienaar is) net ingebars om iets aan die swembad te doen en dit het gelyk asof hy net kom wanneer ek buite was om ‘n middagslapie te geniet. En aangesien ek nie die hele dag, elke dag, buite spandeer nie (soveel as wat ek graag sou wou nie) spandeer ek wel die meeste middae om die vars lug te geniet en hierdie Vakansieoord gedurende die buiteseisoen te geniet, omdat ek nie altyd hier sal wees nie.

Baie dikwels het ek hom gevra om asseblief net in die oggend of saans te kom en ek weet dat ek as ‘n huurder, daardie “reg” kon afdwing en met die huiseienaar daaroor kon praat omdat sy gevra het of dit reg sal wees om die sifdeur oopgesluit te los vir hom. En omdat, as bruide, ons natuurlik en redelik instemmend is, het ek gesê “geen probleem” maar dit het ‘n probleem begin word.

Elke keer wat dit gebeur het, het ek met die Here gepraat en alles gevolg wat ook al Hy vir my gesê het om te doen. Hierdie noodlottige dag was dit nie anders nie.

Alles het so goed afgeloop met die swembadman. Ek het hom gesien inkom wanneer ek in die oggende gewerk het, maar vandag het dit alles tot ‘n verleentheid gekom. Soos wat ek in die vorige Lewenles genoem het, ek het ‘n paartjie gehad wat besoek afgelê het, so met al die besigwees wat kom met gaste te hê, en al die laat aande en die emosionele dreinering om daardie emosionele aanval te bestry, was ek gedaan, ek het middagete geëet, en toe op n leuningsofa gaan lê en in ‘n diep, diep slaap geval. Ewe skielik het ek ‘n slag gehoor!

Ek het onmiddellik regop gesit van skok, my hart bonsend. Ek het nie geweet waar ek was nie—om die waarheid te sê ek dog ek was in my bed aan die slaap! Maar daar was hy, die swembadman wat by die sifdeur ingekom het en dit met ‘n groot slag laat toeklap het.

My natuurlike neiging was om weg te sluip en soort van weg te kruip omdat ek gevang was—duidelik beneweld (jy weet daardie snaakse manier hoe jy lyk wanneer jy net wakker word). Maar hierdie keer het ek gevoel hoe Hy my daar hou, Hy wou gehad het ek moet bly en die swembadman toelaat om my in my skok te sien. Toe hy my uiteindelik gesien het, het hy om verskoning gevra oor hy ons ooreenkoms deur in die middag daar te wees verbreek het, en toe is hy vinnig weg.

Nadat hy weg is, het ek instinktief vir die Here gevra “Reg, wat wil U hê moet ek doen, “Liefling” en onmiddellik het ek ‘n oplossing in die vooruitsig gestel wat net so maklik gelyk het maar tog So vredeliewend!!! Ek het eenvoudig beoog om die sifdeur te sluit wanneer ek vir middagete uitkom en weer oop te sluit wanneer ek terug ingaan! So eenvoudig, so Verdeliewend en net so God!! Ek het Hom ook gevra om my te herinner en natuurlik, aangesien dit Sy oplossing was en Sy plan, het dit perfek uitgewerk!

Waarom het my Hemelse Man my nie hierdie “vredeliewende” metode gewys toe ek die eerste keer hier ingetrek het nie? Wel, dit is omdit ons Oorvloedige Lewensreis, en ons Hemelse Man dit geniet om ons op die skilderagtige roete te neem!

Wat van jou? Is daar situasies in jou lewe waar jy kan oefen om vredeliewende vrugte voort te bring? Die enigste manier om te weet is om met Hom daaroor te praat. Vra Hom en vra Hom om jou te herinner wanneer Hy wil hê dat jy dit moet uitoefen. Leef jou lewe in oorvloed, liewe bruid, fees op vredeliewende vrugte, glimlag en lag oor die toekoms met Hom aan jou sy.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui