Verlede week het ons afgesluit deur seker te maak dat ons die Oovloedige Lewe wat ons as Sy bruid lewe koester en beskerm en nie die vyand toe te laat om ons te oorheers met waargeneemde gevaar wat nie vir ons as Sy bruide geskik is nie.
Hierdie week wil ek graag ‘n ongelooflike lewensles deel wat ek hoop in my gedagtes en my hart, en joune sal vassit, sodat ons nie net met gevoelens kan afreken wat heeltemal op leuens gebaseer is nie maar ook om ander Bruide te help—as jy ook dieselfde swakheid deel.
Hierdie week het ek besoekers gehad wat afgekom het en by my by die Vakansie Huuroord, gedurende die buiteseisoen kom bly het, toe hulle hele houding ewe skielik onverwags verander het. Ek het instinktief gevoel asof ek iets verkeerds gedoen het om hierdie paartje aanstoot te gee, iets wat ek dalk gesê of doen het. So toe probeer ek vriendeliker wees, en het probeer om hulle by gesprekke te betrek —soos om hulle vrae te vra oor ‘n onderwerp wat ek geweet het of wat ek gedink het iets sou wees waaroor hulle opgewonde sou raak om te deel. Maar niks het gewerk nie en binne ‘n kort tydperk het hulle opgepak en is hulle weg.
Ek het hierdie al te bekende siek gevoel op die krop van my maag gehad wat ek vertrou julle almal al ervaar het. My gedagtes het oor en oor teruggespoel en gewonder wat ek gedoen het, maar voor dit het ek die Here gevra wat aangaan en Hy het my oor en oor verseker dat dit niks met my te doen het nie! Nietemin kon ek eenvoudig nie daardie al te bekende siek gevoel op die krop van my maag afskud nie. Jy ken die een, toe jy deur jou Hestelreis gesukkel het, lank voordat jy oorgespring het na jou Oorvloedige Lewensreis toe. So hoe het ek weer teruggekom hier?
Eerstens, laat my bieg dat dit baie te doen het met die besef net hoe selfgeabsorbeerd ek is, want hoekom moet ek dink dat alles om my moet draai? En natuurlik is dit presies wat die vyand wil hê jy moet doen. Hy wil hê dat jy op jouself moet fokus sodat jy siek oor iets sal voel. Die vyand is berug daarvoor om ons by daardie gladde helling af te stoot sodat ons die heeltyd aaklig voel oor allerhande dinge—daarom het ons geleer en is lief daarvoor om na ons Hemelse Man toe te gaan. Om Hom te vra om vir ons te sê wat aangaan en van Hom te hoor, soos ek gedoen het.
Tog, ten spyte van alles, kon ek nog steeds nie daardie gevoel afskud nie en het dit my aanhoudend teruggevat, laat wonder wat ek gedoen het of misluk het om te doen.
So toe ek uiteindelik alleen was, kon ek myself stilmaak en het vir Hom gevra hoekom ek vasgesit het op terugspeel alhoewel ek die waarheid direk van Hom af gehoor het—dat dit niks met my te doen gehad het nie. Dis toe dat Hy my al die pad teruggebring het tot reg na my herstel. Ek het destyds gewonder hoekom my man nie net eenvoudig die manier waarop hy gedink het kon herstruktureer nie en hier was ek besig om presies dieselfde ding te doen. Ek onthou dat ek dit met my AM bespreek het toe hy verklaar het hoe seergemaak hy was oor iets (ek kan nie die besonderhede onthou nie) waarby ek hom die waarheid vertel het, maar hy het vasgesit by wat hy geglo het. Ek onthou hoe ek in my arrogansie baie kere, in die hoop dat hy beter sou voel, gesê het “Hoekom kies om iets te glo wat ek jou verseker het nie waar is nie?” En hier was ek jare later besig om dieselfde ding te doen! Is daar nie ‘n beginsel oor om nie ander te oordeel nie? Ha ha ha—Nog ‘n ding om Af Te Lag, my uiterste arrogansie sodat die vyand nie die oorhand oor my kan kry nie!
Noudat ek my Arrogansie Afgelag het, het Hy my oë dankbaar oopgemaak vir my algehele afhanklikheid op Hom, laat my verduidelik om julle almal te help om te verstaan en miskien jouself in die storie te identifiseer. My Man het huis toe gekom en kort daarna het hy saam ‘n groep Christelike mans ontmoet, meeste van wie pa’s was, om basketbal te speel. Ek is nie seker of dit een keer per week was nie, maar taamlik gereeld, maar wat elke keer gebeur het en wat hy ook genoem het wanneer hy met ander mense gepraat het is dat ek dit gehaat het dat hy uitgaan en dat ek dit vir hom geruïneer het.
Dit was ongetwyfeld ‘n toets om myself nie te verdedig teen hom of diegene aan wie hy dit vertel het nie. Maar ek het dikwels sleg gevoel omdat ek dit vir hom geruïneer het, so ek het my bes gedoen om hom te oortuig hoe uiters onwaar dit was. Die waarheid was, maar ek kon dit net nie sê nie, want dit kon maklik die verkeerde manier opgeneem word, is dat ek dit eintlik geniet het elke keer wat hy uitgegaan het. Destyds het hy van die huis af gewerk en ons het huiskerk gehou en tuisskool gehou—basies het ons alles van die huis af gedoen en was hy 24/7 daar. So toe hy weg was, het dit my soveel vryheid gegee en tyd gegee om te ontspan. Ek het eintlik gewens dat hy meer dikwels basketbat wou gaan speel het. Tog, maak nie saak hoe opreg ek dit vir hom gesê het nie, hy kon dit nie afskud dat dit is hoe ek gevoel het nie. Ek glo eerlik dat hy dit tot vandag toe nog steeds glo en dat hy nie in staat is om die manier wat hy dink te kan verander nie. Maar ek is dieselfde!
Ons het almal dieselfde leuens wat hulself aan ons vasgebyt het.
Ons het God nodig om in staat te wees om ontslae te raak van daardie gevoelens. Dit is toe wat ek Hom hoor sê het, Lag Dit Af en ek het onmiddellik twee Beloftes in die vooruitsig gestel. Die eerste is ‘n nuwe weergawe van ‘n gunsteling van die Spreuke 31- vrou. Eerder as om te sê “sy glimlag vir die toekoms” sê dit “sy lag” en natuurlik, kon ek my voorstel hoe ons Beminde lag.
Die tweede deel was dat ek die Apostel Paulus voorgestel het toe die slang uit die vuur gespring het en aan sy arm vasgebyt het, maar “Paulus het egter die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie.”
Wat ek elke keer wil doen as ek enige soort ongemaklike gevoel het, is om dit eenvoudig Af Te Lag. Want liefste bruide, dit het gewerk!! Onmiddellik nadat ek hierdie emosionele aanval voorgestel het as die slang wat ek “afgelag” het, was die siek gevoelens wat in my maag was weg, sodat ek my oorvloedige lewe kon leef terwyl ek saam met Hom oor die toekoms geglimlag het. Eintlik was dit meer soos om oor die toekoms te lag, oor alles te lag! Selfs toe die vyand sy taktiek verander het en my laat fokus het op iets wat nie perfek uitgewerk het nie, het ek begin lag en lag en lag. Ek kan jou belowe dat in die dae wat gevolg het kan ek nie enigiets onthou nie, behalwe die perfekte tye wat ons as vriende saam spandeer het.
Wat van jou? Is jy huidiglik besig om teen ‘n emosionele aanval te baklei of kan jy een oproep wat die vyand herhaaldelik gebruik waarvan jy ontslae moet raak? Liefste Bruid, dink daaroor na en Lag Dit Af en kyk hoe daardie siek gevoelens in daardie vuur opbrand sodat jy, ook jou oorvloedige lewe kan leef, terwyl jy saam met Hom oor die toekoms glimlag.