Hierdie week wil ek graag ‘n uiters kort gesprek wat ek met my HM gehad het deel wat bewys net hoe geseënd ons as Sy bruide is en net hoe belangrik dit is dat ons elke vrou wat ons ken aan hierdie Liefdevolle en Geduldige Prins van ons voorstel.

Ek het sopas die Sondagoggendnuus klaar gelees, wat my verbouereerd, verward en in baie opsigte oorweldig gelaat het, oor wat besig was om vandag in ons wêreld te gebeur. My vraag aan Hom was eenvoudig en so ook was Sy antwoord—maar o’, hoe diepsinnig, wydstrekkend, verreikend en ingrypend was Sy antwoord as ons eenvoudig net stilstaan om hierdie wysheid te absorbeer.

Vraag: “Liefling, met alles wat in die wêreld gebeur, en my aan elke kant omring, hoe kan ek moontlik oor die toekoms glimlag?”

Sy antwoord: “Gaan eenvoudig terug en onthou een van die ‘ergste’ tye wat persoonlik met jou gebeur het” en dit het my onmiddellik teruggeneem toe ek met my vier klein kindertjies in die steek gelaat was, toe ons in ‘n vervalle meenthuis gebly het met amper geen meubels nie (die 2 jongstes het eintlik op matrasse geslaap wat ons by die stortingsterrein gevind het). “Onthou jy dat hierdie volwasse kinders die ‘ergste’ tyd onthou as die kosbaarste tye van hulle kinderdae? Dit is ook toe jou bediening gebore is en toe ek nie meer jou Here was nie, maar jou Man.”

Toe, weereers, het Hy een van my beste om-na-te-gaan beloftes in my gedagtes in gegiet:

“Ons weet dat God alles ten GOEDE laat meewerk vir...

dié wat Hom liefhet,

dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28

Ek is nie die enigste een wat dieselfde ding kon doen nie. Elkeen van julle kan maklik een van die “ergste” tye wat met jou persoonlik gebeur het onthou en Hom dan vra om jou ook te herinner hoe Hy wonderbaarlik, ongelooflik “alles ten GOEDE laat meewerk het…”

omdat jy God liefhet,

omdat jy volgens Sy besluit geroep is en Sy doel VERTROU het.

Daar is soveel meer wat ek sou kon sê, maar as ek dit gedoen het, mag jy net dalk die belangrike boodskap mis wat ek hoop jy saamstem dat dit diep ingrypend, wydstrekkend en verreikend is...AS JY eenvoudig nou stilstaan om hierdie wysheid te absorbeer. Vra Hom dan tydens hierdie nagmerrie, vrae wat by jou opkom. Wanneer jy klaar is, maak seker dat jy hierdie geopenbaarde waarhede in jou joernaal skryf sodat die waarheid nooit van jou af wegkom nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui