Hierdie week wil ek graag voortgaan om jou vermoë, om Sy leiding te volg en Sy stem te hoor, te verbeter. Laat my begin deur hierdie beginsels en beloftes as waarhede te vestig.

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. HE LEI MY op die regte paaie tot die eer van sy Naam.” Psalms 23:1-3

“Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” Jesaja 30:21

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6

“Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne!” Jesaja 43:1

“So sê die Here, die Heilige van Israel, die Skepper van Israel: Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur? Durf julle aan My voorskryf oor my kinders en oor die werk van my hande…” Jesaja 45:11

“Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor. Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is, al die eilande en dié wat daarop woon!” Jesaja 42:9-10

“Julle het dit alles gehoor, julle kon dit alles self sien, sal julle dan nie daarvan getuig nie? Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor, dinge wat verborge was, waarvan julle niks geweet het nie.” Jesaja 48:6

Onlangs is ek herinner aan hierdie beginsel wat ontstaan het deur ‘n kommentaar in ‘n vorm te lees, toe gevra is “wat het Hy gesê…” haar antwoord was “ek hoor Hom nie, ek het net gedoen wat ek veronderstel was om te doen.” Dit het my hart gebreek, want dit beteken dat elke fluistering in haar ore op dowe ore geval het.

“Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die HERE nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte." 1 Konings 12-13

Ek weet dat soveel meer bruide in hierdie toestand val en nie besef dat Hy altyd met ons praat nie, die vraag is, luister ons?

God het ons geskep ter wille van gemeenskap. Voor die sondeval het God saam ons gewandel en gekommunikeer. Ons was nie net nog ‘n dier nie, ons was in Sy beeld geskape met ‘n gees en siel vir gemeenskap met Hom.

 “Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Genesis 3 vers 8

Gelukkig het ons Verlosser dit alles verander!

“God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.” 1 Korintiërs 1:9

“Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.” 1 Johannes 1:3

“As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie…” 1 Johannes 1:6

Noudat ons vasgestel het dat Hy wel met ons praat, is dit belangrik om vir Sy lieflike stem te luister en om dan te erken dat jy Hom gehoor het!

Ek praat altyd met my HM, meeste van die tyd in my hart maar af en toe selfs hardop. Dit is soos enige ander bruid en bruidegom wie in ‘n konstante toestand van “wittebrood” is. En alhoewel sommige paartjies geleer het om mekaar te ignoreer, veral mans wat hulle vrouens uitgeskakel het, wat die meeste van ons weet en verstaan dat dit as gevolg van vrouens is wat nie meer ‘n “sagmoedige en stil gees” het nie, wat nie net vir God kosbaar is nie maar ook vir mans en hulle hele gesin!) As Sy bruid geniet ek altyd die geselskap van my Bruidegom. Hy is ‘n Heer en noudat ek ‘n stil en sagmoedige gees het, wanneer Hy praat, luister ek en wanneer ek praat, luister Hy.

Om eerlik te wees, toe ek Hom gevra het hoe hierdie kommunikasie begin het om te blom en bloesem, het Hy my herinner dat dit gebeur sodra ons ‘n sagmoedige en stil gees omhels. Dit is wanneer ons regtig van Hom begin hoor, wanneer hierdie vermoë gebore word. Sodra die twisgierigheid weg is, saam met oormatige gepraat—op hierdie stadium is dit dan redelik maklik om Hom te hoor! 

So, sodra jy luister, sodra jy Hom duidelik hoor, is dit belangrik om Hom te “erken”—dit is waar ons volgende week sal begin. Begin hierdie week om regtig te luister en ook om die hele dag met Hom te praat en selfs as jy in die nag wakker word. Dan sal ek volgende week meer verduidelik wat dit beteken om Hom te “erken” en hoe belangrik dit vir jou verhouding is om die oorvloedige lewe te leef!  

As dit lyk asof dit nie vir jou “werk” nie, vra Hom eenvoudig om dit te laat gebeur! Daar is niks waarvoor jou HM meer lief is om te doen as om enigiets en alles oor te neem wat vir Sy bruid te moeilik is om self te doen nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui