Hierdie week, soos ek belowe het, is ek gretig om te deel hoe dit my lewe beïvloed het toe ek myself toegelaat het om Verlore te Raak en hoe ek opreg hoop dat jy al die GPS-stelsels in jou lewe en in jou kop afgeskakel het, terwyl jy gewag het. Ek hoop ook dat as Sy bruid jy begin om te floreer deur jou kompasbelofte te gebruik: 

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28

Noudat ek weet dat jy dieselfde pad as ek volg, is ek opgewonde om jou by my te hê soos wat ons meer leer.

Eers toe ek bereid was om verlore te raak, om my vermoë om Sy stem te hoor te verbeter so duidelik as wat nodig is, bereid om Hom toe te laat om my ten volle te lei, en dan die GPS weer aan te skakel om myself op te lei om ander stemme te ignoreer—net dan, toe alles so fyn ingstel was soos wat dit moes wees—het ek ontdek waarvan ek onbewus was! Ek het nie net die maklikste maniere gevind om, om die stad te gaan en plekke te ontdek waar ek verby gery het nie, maar dit het ook geestelik met my gebeur!!

Eerstens, wanneer ek na plekke gereis het waarheen ek gereeld gegaan het, soos die kruidenierswinkel, die vulstasie, en die strand, het Hy my met soveel gemak daarheen gelei. Ek was so dronkgeslaan om te sien dat ek soveel nader aan hierdie plekke gebly het as die dol roete waarna die GPS my gelei het. Met Hom wat my gelei het, kon ek oral in ‘n baie meer direkte pad kom as wat my GPS aangehou het om my op te neem, wat aangehou het om elke keer die koers te verander! Elke keer wat ek my woonstel verlaat het, was ek op ‘n ander pad geneem, maar nie een keer het dit my op die maklikste, mees direkte, mees genotvolste roete geneem nie. Net Hy was die Een om dit te doen.  

Toe, vandag toe ek opgestaan het om die oggend saam met Hom op die strand te spandeer, het Hy my gelei (soos wat Hy gedoen het vandat ek my GPS afgeskakel het) na ‘n splinternuwe strand! Dit was pragtig, dit was kalm, dit was gevul met voëls, niemand was daar nie en vanaf hierdie plek, kon ek die son sien opkom en dit het begin om my met ‘n warmte te vul! ‘n Strand waar ek reglangs verby gery het, heeltemal onbewus van die juweel wat ek gemis het. Daardie oggend soos wat ek besig was om na musiek te luister, het ek trane in my oë gehad—net so dankbaar dat Hy my gelei het—nie net om hierdie ongelooflike stuk strand te vind nie—maar wat dit vir my geestelik gedoen het.

Dit was eers toe ek myself toegelaat het en bereid was om fisies verlore te raak dat Hy dit gebruik het en ek geestelik op dieselfde manier deur Hom gelei was. Geestelik het Hy my gelei om nuwe en ongelooflike dinge te ontdek wat reg daar was, maar ek het hulle nie gesien nie. Een sleutel was Sy planne met betrekking tot die uitbreiding van die bediening—om meer vrouens regoor die wêreld te help. Ons het dit begin—weke voor enigiemand gesien het wat kom—COVID 19. Hy het seker gemaak dat ons reeds die Bediening Spanne met nuwe lede uitgebrei het en ons toe ook in staat gestel om meer geleenthede vir ons Bedieningspanlede te voorsien om die velore inkomste van hulle werk te vervang. 

Wat van jou? Maak jy staat op die GPS-stelsel in jou lewe? Luister jy na die stemme van mense wat jou vertel watter rigting om te gaan? Liewe bruid, ek wil jou aanmoedig om bereid te wees om verlore te raak en te laat gaan van watookal dit is wat jou voorkom om bereid te wees om verlore te raak—of dit vrees is om verlore te wees of die verleentheid van verlore wees of as gevolg van die verwarring van verlore wees.

Maak nie saak wat jy verloor nie, jy sal soveel meer win!

“Want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry” Matteus 16:25

Wees net bereid om die klein tydelike vlugtige gevoelens van ongemak te aanvaar sodat jy in staat sal wees om Hom regtig te hoor en Hom in alledaagse rigtings te volg—maak nie saak wat jy doen nie. As jy dit doen, belowe ek jou jy sal ook ‘n toename in Sy leiding en jou vermoë sien om Sy leiding geestelik te volg—om jou lewe uit te brei na dinge wat jy nooit gedink het jy ooit in ‘n miljoen jaar sou dink dat jy in staat sou wees om te sien en te doen en van deel te wees nie. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui