Al reis ek nie meer oorsee nie, reis ek deur lande waar ek nie die taal kan praat nie en woon ek in ‘n land waar ek nog nooit vantevore was nie en vertrou ek net op Hom dat Hy my sal lei om te weet watter trein om op te klim, watter rigting om te gaan en waar om af klim en volg ek steeds presies dieselfde beginsels en vertrou dieselfde beloftes.
Toe Hy my gevra het om noordwaarts te trek, in ‘n stad en ‘n tamaai grote gebou, was dit so anders as waar ek al ooit gewoon het. Daar is strate wat elke kant toe kronkel, besige kruisings, snelweë wat dwarsoor die stad kruis en nie verbasend nie, ek bly reg in die middel van dit alles. En soos meeste van ons, sit ek my GPS aan wanneer ek na enige plek toe moet gaan.
Dit was eers toe ek bereid was om verlore te raak, deur my GPS af te skakel en letterlik te verdwaal dat my lewe hier begin verander het en ek die oorvloedige lewe begin leef het.
Elke keer wat ek dit uit gewaag het, het ek gekies om verlore te raak en het dikwels gevind dat ek die verkeerde rigting gaan, dan het ek omgedraai, dat dit later ‘n grap begin word het net om myself terug by die huis te kry vanaf kruideniersware koop! Maar ek was vasbeslote om na die Here te luister, en Hom toe te laat om die Een te wees wat my lei en vir my die pad huis toe wys. Ek wou meer as enigiets my rigting kry omdat toe ek my GPS aan gehad het dit amper was soos om met die donkie se stert te speel….dit het gevoel asof, alhoewel my oë nie bedek was nie, ek rond en rond en rond gespin het, omdat my GPS my altyd hierdie kant toe of daardie kant toe sou neem...af klein donker strate, terug hierdie kant toe en dan weer daardie kant toe...om en om en om—ek kon nooit sê of ek noord, suid, oos of wes sou gaan nie.
Tog sodra ek gewillig was om myself verlore te laat raak, deur die GPS te ignoreer, en dit heeltemal af te skakel, en dan later weer aan te skakel en dit te ignoreer. Nie todat ek bereid was om in die verkeerde rigtings te gaan, om myself in ‘n situasie te vind waar ek geen idee gehad het waar ek was of hoe ek sou terugkom nie. Eers toe was ek in staat om rigting te kry.
Totdat ek bereid was om verlore te raak, om my vaardighede te herwin om in staat te wees om Sy stem duidelik te hoor, en toe bereid was om Hom toe te laat om my ten volle te lei (om selfs die GPS aan te hê en daardie stem te ignoreer), eers toe was my vermoë om Hom te volg so fyn ingestel dat ek in staat was om dit te doen sonder enige moeite. Dit het net instinktief geword soos dit was toe ek oorsee gebly het.
Vind volgende week uit hoe dit my lewe beïnvloed het en terwyl jy wag, sit al die GPS- stelsels in jou lewe en in jou kop af. Met alles wat nou gebeur, behoort dit baie makliker te wees om dit te doen, omdat niks nou meer normaal is nie en ons in die middel van ‘n epidemie is. ‘n Epidemie waar Gelowiges en veral Sy bruide bedoel is om te floreer. Daar is een van Sy beloftes, wat jy nodig het om te gebruik as jou kompas, moontlik een van die beloftes waarmee jy die meeste familiêr is, maar wat eers onlangs ‘n heeltemal nuwe betekenis gekry het.
“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Romeine 8:28
Soek die goeie en dit is die rigting waarna Hy jou sal lei om te gaan. Dit is jou baken van lig in die donkerte. Dit is Sy lig wat jou na Hom toe lei en rondom elke hindernis, slaggat en landmyn. Koppel dit met lof en jy sal die mees ongelooflikste Oorvloedige Lewe verder as jou drome leef—reg in die middel van chaos en krisisse.
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,” Efesiërs 3:20 Afr 83