Verlede week het ons geëindig met my wat belowe om te bespreek om nie die “perfeksie” eienskap te hê nie. Dat in plaas van hierdie eienskap, sal jy jouself ‘n klein bietjie morsig beskou. Wat dan? Die antwoord is eenvoudig! God is ons Vader en het so baie eienskappe waarmee ons nooit kan identifiseer nie, reg? En net soos wat ons nie ieder en elk van ons ouers se eienskappe erf nie, so ook, sal ons nie elkeen dieselfde eienskappe van ons Hemelse Man erf nie. Elkeen van ons is uniek en wonderbaarlik in Sy gelykenis gemaak.

“Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker.” Psalm 139:14

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” Genesis 1:27

So as jy die eienskap van spontaniteit het en jy as ‘n kreatiewe gees lewe, dan mag jy dalk nie ook die eienskap van perfeksie hê nie. Dit is dieselfde as om όf blou oë of bruin oë te hê, want om een van elk te hê word nie algemeen as perfek beskou nie (maar duidelik uniek as jy twee verskillende oogkleure het).

My ouers was heeltemal verskillend op baie maniere, slaappatrone was net een van hulle baie verskillende eienskappe. My pa was ‘n vroeë opstaan, jy weet “vroeg in die bed, vroeg opstaan” soort persoon. Terwyl my ma as ‘n “naguil” beskou is en sy net opgewerk geraak het wanneer dit donker begin word het. Ek was nog altyd soos my pa “vroeg in die bed” en het outomaties ongelooflik vroeg wakker geword. Twee van my broers staan ook vroeg op, die ander vier geniet en floreer in die aande. Wel, jy verstaan wat ek sê.

Fisiese karaktertrekke is gewoonlik ook ‘n kombinasie van jou ouers. En sou jy aangeneem word, sonder om te weet wie jou ouers is of jy lyk net nie soos enige een van jou ouers nie—lyk jy, en begin jy op te tree—meer en meer soos jou Vader en jou geestelike familie! Dit is iets wonderlik, reg? 

Net vir jou informasie, daar is ‘n pragtige transformasie wat in elke een van julle gesigte plaasvind, of iemand dit agter gekom het of nie. Wanneer iemand nuut by ons Bedieningspan aansluit, vra ons vir ‘n foto en ek hou daarvan om hulle langs mekaar te plaas—en kyk na die een wat hulle ingedien het toe hulle eers na die bediening toe gekom het (gebroke en sonder hoop) en toe hulle regtig hulle HM as hulle Minnaar gesien het. Dit is onheilspellend hoe anders hulle lyk.  

Ek het dieselfde ding by my broerskinders opgemerk soos wat jy seker alreeds in twee van die Redding Stories gelees het. Eerstens, was dit my skoonsuster wat die transformasie in haar jongste dogter opgemerk het, Tiener Selfmoord Voorkom. Maar dan, as jy die verskil in haar ouer suster sien, Vriendin se Liefde Aansteeklik, wow. Al wat ek in alle eerlikheid kan sê, is dat my broerskind meer as pragtig is sedert haar transformasie! Jy kan sien deur net na hulle te kyk na wie hulle lyk! Nee, hulle lyk nie meer soos my broer of skoonsuster nie. Albei van hulle lyk nou soos hulle Hemelse Vader. 

Vandag, is dit algemeen dat daar gesê word om “net jy te wees,” wat eintlik iets is waarmee ons kan saamstem. Dit is baie soos wanneer iemand voorstel dat jy aanbeweeg en iemand nuut vind. Ons kan saamstem...wetende dat ons Iemand nuut gevind het—Iemand wat ons kan transformeer. Sy liefde sal die beste weergawe van jou na vore bring—ver anders as wat jy of enige iemand ooit kon dink!

“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Jesaja 55:8-9

“So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap." Jesaja 55:11-12

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui