Hierdie week, soos ek belowe het, is ek opgewonde om die tweede inspirerende voorbeeld van ‘n “dag in die lewe as een van Sy Bruide” te deel, sodat jy jou kan voorstel hoe Hy daarna hunker om jou lewe te hervorm.

Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die HERE is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.” Jesaja 30:18

Hierdie inspirerende voorbeeld het begin terwyl ek inkopies gedoen het. Ek weet nie van jou nie, maar terwyl ek inkopies doen, vra ek altyd vir my Man wat ek moet koop, watter vleissnit ek moet kry, of dit die regte handelsmerk is wat ek moet koop, en moet ek twee of net een hiervan kry? Ek het rosyntjiekaneelbrood gesien en gesĂȘ, “O, dit lyk goed, Liefling” maar toe ek daarvoor begin uitreik, het ek gehoor, “Wag net”, so toe sĂȘ ek, “Oukei, goed.”

As ek nie met Hom praat nie, sing ek gewoonlik saam met Hom, so ‘n week of wat later, net nadat ek die poskantoor op my brienmisoggend verlaat het, het ek vanuit ‘n kafee gewerk (want Werkers by die Huis  beteken ek kan enige plek werk en toe ek net besig was om my rekenaar op te pak, gereed om te gaan, het ek ‘n ouer paartjie opgemerk wat oorkant my gesit het. Soos wat ek dikwels doen, het ek geglimlag en ‘n vriendelike gesprek met hulle aangeknoop, “Hoe verloop julle oggend?” Toe het ek hulle gevra of hulle na die boeremark (wat daardie dag oorkant in die parkeer area was) gegaan het en gesĂȘ, “ek sal gaan as ek goeie brood kan kry soos ek in Europa gekry het.” Ek was verstom omdat ek geen idee gehad het hoekom ek dit gesĂȘ het nie, toe die man antwoord, “Wel eintlik is daar Europese brood en die vrou het ‘n aksent.”

Ek het hulle bedank en verontagsaam wat hy gesĂȘ het toe ek in die motor geklim het. Ek glimlag altyd en stem saam, maar laat vaar voorstelle omdat ek Sy hand vashou, en my dag wat Hy al vir ons beplan het saam met Hom spandeer. Toe, terwyl ek uit die parkeerarea ry, het ek gedink aan wat hulle gesĂȘ het, toe sĂȘ ek “Reg, Liefling, wys my of hierdie gedagte U plan is” toe het ek onmiddellik gelei gevoel om links te draai, en ‘n parkeerplek reg agter die boeremark se tente opgemerk. Ek het parkeer, uitgeklim, links gekyk, toe gevoel hoe Hy my na regs lei, en daar was sy! Die ouer vrou met die Europese broodstalletjie. Toe ek haar aksent hoor, het ek haar gevra waar sy vandaan kom en sy het vir my gesĂȘ sy woon nie te ver van waar ek in Switserland bly nie. Ja, jy het dit geraai—ek het nie net (tuisgemaakte!!) rosyntjiekaneelbrood, waarvoor Hy vir my gesĂȘ het om “net te wag,” gekry nie maar ook die swaar Europese brood waarvoor ek so lief is en waarvoor ek gehoop het!!!

So, hierdie is net nog ‘n dag in die lewe van Sy bruid. Dit is die manier hoe Hy wil hĂȘ dat elkeen van ons moet lewe. Daar was ander dinge wat daardie dag gebeur het, maar ek glo om dit te deel behoort jou te help inspireer deur “Wag net” en jou dae as Sy bruid te lewe, Sy hand vas te hou, en Hom toe te laat om jou deur die dag, wat Hy perfek vir jou beplan het, te lei!! 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui