As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid,

en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

—Jakobus 1:5 

 

Waarvoor het ek dit alles gedoen? Wat was die punt? Het ek regtig soveel verloor soos wat mense dink, of was ek regtig die wenner?

Normaalweg wanneer ek ‘n hoofstuk begin skryf, begin ek met die titel. Dit is amper asof Hy my aanwysings gee vir waarheen Hy wil hê ek moet gaan soos wat ek begin skryf. Alhoewel ek glo ek weet wat ek met jou wil deel, waarheen ek op pad is, het ek nog nie duidelikheid oor hoe om dit genoeg op te som om ‘n geskikte titel te skep nie. Ek sal begin en eenvoudig vertrou dat die Here my sal help om hierdie wonderlike openbaring met jou te deel, met of sonder ‘n titel.

As jy enige van Erin se boeke gelees het, moes jy sekerlik op ‘n Wyse Vrou afgekom het, wat oorspronklik geskep was vir desperate vrouens wie, soos ek, hulself verlate of deur hulle mans verkul, bevind het. Dit was die hoogtepunt van wat die Here aan Erin geopenbaar het gedurende haar twee-jaar herstel reis, toe sy God gesoek het om haar huwelik te herstel. Sy verduidelik dat daar uit daardie boek, ‘n kleiner boek getrek was om daardie vrouens te help om eenvoudig uit hulle krisis te kom (weereens diegene wat verlaat was of wie se mans ontrou aan hulle was), weereens soos ek, die titel was Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel.

Nadat ek albei boeke gebruik het, soos meeste van julle weet, was my huwelik herstel en selfs voor dit, het ek Erin begin help met haar boeke en aanlyn bediening. Maar, toe my man my ‘n tweede keer gelos het, skielik, na veertien jaar van herstel, het baie vrouens gedink dat ek grootliks verloor het, ek het ook gediskwalifiseer gevoel om Erin te help so toe bedank ek! Sommige vroue saam wie ek gewerk het, het my voor my bedanking van valsheid beskuldig en gesê dat as ek die vrou was wat ek verklaar het om te wees,n Wyse Vrou gevolg het, en ander vroue aangemoedig het om ook die beginsels te volg, basies het hulle gesê dat as ek “gedoen het wat ek gepreek het,” sou my man my nie verlaat het nie.

Gelukkig, deur vals beskuldigings en uit sy eie mond, het my eks man my eintlik verdedig by ons senior pastoor as die “perfekte vrou” en het later gebieg dat hy ook (hoe ek dit hanteer het voordat hy my die tweede keer verlaat het) gedink het dat ek vals was, maar dat ek “ongelooflik” eg was. Wow, net God, my liewe mens, net God kon hom aangehits het om dit te sê. En natuurlik het Erin gesê dat sy die ware ek geken het, en een of twee ander intieme vriende het hulle geloof in my bevestig. Maar as gevolg van wat gebeur het, het ek in my roeping as ‘n minister begin betwyfel of om enigiets meer te hê om aan vroue te sê.

Toe die stof gaan lê het, en die aanvanklike krisis van die tweede egskeiding, addisionele hofsake wat hy ingedien het, en die aanvanklike finansiële ondergang bedaar het (natuurlik het ek myself nooit verdedig nie), het ek ook vrae gehad soos “Waarvoor was dit alles? Hoekom het ek geleer om daardie “perfekte” vrou te wees as ek na alles geen man sou hê nie. Wat sou ek doen aangesien my getuienis weg was, aan wie kon ek ooit bediening gee wat sou luister?”

Openbarings

Vinnig vorentoe. Dit is nou al ‘n jaar vandat my egskeiding gefinaliseer is, so ek het nou al baie maande sonder ‘n “man” geleef. Gedurende my baie dae en ure van reis rondom die wêreld, het die Here sedertdien baie antwoorde aan my geopenbaar wat ek glo baie van julle ook mee sukkel. Diegene van julle, wie soos ek, tot hierdie plan van aksie oorgegaan het om jou huwelik te herstel, maar jy, soos ek, is sonder herstel of ‘n man in die huis en wonder: Wat was die punt? Selfs erger, jy voel asof jy ‘n mislukking is. Want, kom aan, is dit nie daardie vrouens wat hulle “herstelde getuienisse” skryf wat die wenners is nie? Maak dit dan van jou, en nou ek, die verloorders?

Laat ek vandag hierdie mite verdryf en aan jou die waarheid openbaar wat jou sal vry maak—vry om verheug en bly te wees!

Ons het nie net nie verloor nie, liefling, ons het gewen!

Die doel van hierdie transformasie wat Hy in ons gemaak het was nie om enigiemand se vrou te wees nie, maar vir ons om Sy vir altyd bruid te wees—’n bruid van ‘n Prins—die Prins van Vrede! Beteken dit dan nie dat ek en jy prinsesse is nie? Ja! En dit beteken dat jy belowe word (deur Iemand wat nie in staat is om te jok nie) om vir altyd behandel en gekoester te word soos ‘n bruid wat ongelooflik bemin word. “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kan droom nie!” (Efesiërs 3:20 Die Boodskap).

Elke dag en in elke nuwe seisoen van my lewe, leer ek hierdie waarheid op wonderlike maniere!! Mag ek met jou deel wat mees onlangs gebeur het?

Laat Maart hierdie jaar, het die Here vir my gesê dat my lewe oor ses maande, wat September sou wees, totaal anders sou wees. Om dit te bevestig, het Hy vir my gesê “iets heeltemal ongelooflik sal in die volgende maand gebeur,” April. Seker genoeg, in plaas daarvan dat RMI, hulle eie boeke publiseer, was hulle opgetel deur ‘n groot uitgewer, ‘n sekulêre een, wat hulle sal druk en uitgee. Dit is ongelooflik as gevolg van die boeke wat vernietig was, soos wat ek in die vorige hoofstuk genoem het, sodat waar ook al ek was, enige plek in die wêreld waarheen ek gereis het, ek eenvoudig vir enigiemand ‘n afskrif van enigeen van die boeke kon pos wat my lewe verander het! Ook deur deel van my voortdurende inkomste te stop (om RMI boeke te verkoop), wat ek glo hy vernietig het om my finansieel te breek sodat hy toesig van my jonger kinders kon kry—God het ‘n groter plan gehad deur dit toe te laat.

As jy die geskiedenis van RMI gevolg het, het Erin verduidelik dat jare gelede, toe hul eerste uitgewer nie kon bybly met die aanvraag nie, hulle onsuksesvol probeer het om enige Christen uitgewer te kry om selfs een van hulle boeke te publiseer! Oor en oor was hulle verwerp as gevolg van Christelike boek uitgewers wat gedink het dat hulle te radikaal was—en soos ons weet, is dit die enigste boeke wat die waarheid praat en deel! So dit is hoekom RMI begin het om hulle boeke self te publiseer. So om ‘n sekulêre maatskappy te hê wat “tien titels publiseer om mee te begin” is werklik merkwaardig.

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in ewigheid. Amen” (Efesiërs 3:20).

Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en WIL Hy Hom oor julle ontferm: Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (Jesaja 30:18).

Hierdie nuwe gebeure, wat my net so veel geaffekteer het soos wat dit Erin en RMI geaffekteer het, het my laat wag met groot verwagting vir wat September sou inhou. Snaakse ding is (en ons almal doen dit), ek het my verbeel presies hoe ek geseën sou word. Ek was seker dit moes op die gebied van my finansies wees aangesien Hy sekerlik daar moes opdaag! So dit is waarvoor ek gewag het en wat ek geantisipeer het totdat die eerste Oktober opgedaag het. Gedurende die volgende week het ek probeer om sin te maak van alles. Ek het dikwels daaraan gedink om ‘n hoofstuk te skryf oor hoe Lasarus en sy susters dit moeilik moes gevind het om te wag vir Jesus om op te daag, totdat dit gelyk het asof dit te laat was (maar hoe God hulle opgestel het vir ‘n groter wonderwerk deur hom te laat sterf—maar dit is ‘n ander hoofstuk). Sedertdien, in plaas daarvan dat my finansies vermeerder het, is my finansies nog steeds besig om ‘n stadige dood te sterf. Nietemin, die Here het my herinner (dikwels genoeg), om te dink oor die storie van Lasarus wanneer ek met Hom praat oor hoe guur my finansies lyk. So dit mag wees dat die Lasarus hoofstuk kom. Maar, dit is nie waaroor hierdie hoofstuk gaan nie, ook nie hoe my lewe sou verander nie.

Sonder om dit te besef, het my lewe verander, dramaties! Maar kan jy glo dat ek dit amper gemis het? Dit was so subtiel dat die grootheid daarvan my ontwyk het. Jy weet, ek dink dit is wat met baie van die Jode gebeur het wat vir Jesus gewag het, hulle Messias, om op te daag. Hy het so subtiel gekom, in ‘n krip en ‘n timmerman se seun, so aangesien hulle gedink het dat hy as ‘n koninklike aardse koning sou kom (met al die praal), het baie Jode dit gemis, hulle het Hom heeltemal gemis.

Wat was dit? Subtiel, skielik en ongelooflik, het ek besef dat ek eenvoudig ‘n bly-by-die-huis mamma geword het! Ek het een oggend wakker geword en besef dat Hy my die begeertes van my hart gegee het wat ek wou gehad het voor ek my eerste kind gehad het. Gedurende my huwelik, het ek of deeltyds gewerk of my man gehelp in sy beroep en selfs toe hy ‘n pastoor geword het. So jy vra (soos ek)—hoe is dit moontlik as ek ‘n enkel ma van so baie kinders is, met geen onderhoud vir die kinders, en sekerlik nie onafhanklik ryk nie?

Ek is die HERE die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27). “Ag, Here my GOD, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie!” (Jeremia 32:17).

Eerstens, kon ek nie hierdie seëning aanvaar as eg nie. Sekerlik moet ek “werk” —reg? Kom aan, weereens, kom ons wees realisties. Tog het die Here my oor en oor herinner aan my 25 jaar plus jare van getroude lewe, hoe Hy my opgelei het om daardie “perfekte vrou” te wees en dit was die rede, ek was nou nie net Sy vrou nie, maar Sy bruid. So sou Hy verwag of wil hê dat Sy bruid moet “werk”? MAAR, wat van my kwynende finansies? Die Here het my een dag gevra, “Michele, as jy geleer het om nie jou aardse man te vra oor die kondisie van die familie finansies nie, en jy het hom vertrou met die oplossing en die las, hoekom is jy nou bekommerd wanneer jy ‘n Hemelse Man het wat onbeperkte hulpbronne het?” Wow, dit het my sekerlik gehelp om dinge anders te sien!

Die Here het dit genadiglik uitgewerk, ek doen ook al die dinge wat ek lief is om te doen! Eerder as ‘n werk om geld te maak, is ek vry om te skryf en voort te gaan om aan vrouens bediening te gee! Selfs die tekort aan finansies speel ook ‘n rol daarin. As ek ‘n salaris getrek het, dan sou ek te skuldig gevoel het om te doen wat ek doen: nietemin, die bietjie wat inkom is net genoeg om my lewe aan die gang te hou. En bediening is nie vir my werk nie—dit is my passie. En alhoewel ek geglo het dat omdat ek nie meer ‘n herstelde huwelik het nie, dit my gediskwalifiseer het om ‘n bediening te hê, het ‘n herstelde huwelik in der waarheid net my bediening beperk. Elke lewendige vrou het Sy liefde nodig en verdien om Sy bruid te wees! Nie almal benodig of wil ‘n herstelde huwelik hê nie—so deur my lewe te verloor (soos wat ek dit geken het) het ek my lewe gevind!!

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry” (Matteus 16:24).

So wat van jou? Wat was Sy doel met jou om nie nou ‘n eggenoot te wees nie; behalwe vir jou om Hom te ervaar as die Man van jou drome? Ek glo dit is om uiteindelik vir jou die begeertes van jou hart te gee—begeertes wat jy dalk oor die jare van vergeet het! Dit is so maklik om ons fokus te verloor wanneer ons lewensreis ons op ‘n paadjie vat wat ons gedink het ons nooit sou neem nie. Nietemin, God het gehoor en onthou ieder en elk van daardie begeertes en het nie een vergeet nie, nie een nie.

So kosbare mens, vra die Here om jou te wys waarmee Hy besig is en wat jy dalk gemis het. Ek glo dat baie van julle eintlik die lewe lei waarvan jou drome gemaak is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui