AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Inleiding 1 "Daardie 'Te Perfekte'
Spreuke 31 Vrou!"

 

Die woorde van Lémuël die koning
van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het

—Spreuke 31:1 

Laat ek begin deur te sĂȘ dat die “Spreuke Vrou” heeltemal fiktief is en dat hierdie vrou nie bestaan nie, maar natuurlik weet jy dit reeds. Nietemin, ek het gevoel dat dit belangrik is dat ons almal saamstem dat sy eenvoudig net nie eg is nie. Die rede hoekom ons moet saamstem is heel eenvoudig. Omdat hierdie “vrou” my heldin was en ek graag wou wees net soos sy—soveel so, dat ek my lewe volgens hare nageboots het. Toe het ek haar soos ‘n dwaas as ‘n maatstaf gebruik om vas te stel in watter mate ek as ‘n vrou, moeder en tuisteskepper gevaar het. En as ek moet raai, sukkel jy ook om met hierdie fabelagtige karakter te kompeteer.

So, ek weet nie van jou nie, maar hierdie vrou het lank genoeg by my gespook. My hele lewelank, veral in my getroude lewe, het ek desperaat gesukkel en geklou om deur my dae te kon kom net om soos sy te kon wees, sodat ek “goed genoeg” en “geregverdig genoeg” en “innemend genoeg” teenoor God kon wees.

Wat ek skaars ‘n paar jaar terug uit gevind het dat dit nie God se maatstaf vir vrouens was nie; in stede daarvan was Spreuke 31 riglyne wat ‘n moeder gebruik het om haar seun te instrukteer wanneer hy ‘n vrou sou kies—‘n vrou wat sy koningin sou wees. So dit is in orde om ons seuns aan te moedig om vir so ‘n tiepe vrou uit te kyk, en om nou selfs meer te weet as toe, dat dit ‘n vrou is wat amper onmoontlik is om te vind, ‘n skaars en kosbare juweel. Gelukkig is niks onmoontlik by God nie, en ons as moeders kan vertrou dat Hy die perfekte wederhelf vir ons seuns sal bring, solank ons, ons vertroue in Hom stel.  

In hierdie hoofstuk is dit my hoop dat jy sal verstaan wat die waarheid is aangaande die Spreuke Vrou en dat sy nie eg is nie. Ek hoop dat dit alreeds ‘n swaar las en gewig van jou afgelig het, net soos dit vir my gedoen het, sodat jy nie meer sal probeer om soos sy te wees nie. Aangesien ek nou vry is van hierdie las, het dit my die vryheid en gemak toegelaat om Hom eenvoudig toe te laat om my te verander. Alhoewel ek nog steeds, en altyd ‘n begeerte sal hĂȘ om wel aaneemend vir my God te wees, en ook my Here, wie nou my nuwe Man is, sal ek nie meer daardie leun glo dat ek moet opweeg nie. In plaas daarvan, deur te lewe om myself te deurweek in Sy liefde, vir meer as ‘n jaar nou, weet ek daar is niks, nie-een-ding, wat ek nodig het om Hom te behaag nie—solank Hy my hele hart het, is dit al wat Hy wil hĂȘ. Is dit nie heerlik nie?

As gevolg van hierdie nuutgevonde begrip, spruit alles wat ek doen uit daardie liefde. Daar is geen inspanning, en geen teleurstelling van my kant af nie omdat, soos ek reeds gesĂȘ het, weet ek dat ek nie hoef opgeweeg te word nie! Vryheid uiteindelik. Vryheid om ander lief te hĂȘ en die vryheid om te geniet om my oorvloedige lewe te lewe!

Vergewe my asb, ek kon net nie voortgaan met hierdie hoofstuk sonder om hierdie fondamentele punt weer te verklaar nie: Jou Beminde is mal oor jou, net soos wat jy is. Dit mag dalk onmoontlik, onwaar, of te goed om waar te wees klink, maar onthou die volgende: “terwyl ons nog sondaars was. . .” dis wanneer Hy gesterf het, en Hy Sy lewe neergelĂȘ het, vir jou en my. Ons het niks gedoen nie, dit was “terwyl ons nog sondaars was.” Hy het nie Sy lewe neergelĂȘ toe ons nog nie tot bekering gekom het nie of selfs probeer het om goed te wees nie. Dit is die punt. Dit was toe ons ongered was, sleg, en glad geen begeerte vir Hom gehad het nie dat Hy Sy liefde vir ons gewys het—Sy arms wyd uitgestrek—dieselfde arms waarmee Hy hunker om ons te omhels tot in ewigheid. So stop en neem ‘n oomblik om regtig oor die waarheid vir ‘n rukkie na te dink. Daar is geen groter waarheid wat bestaan nie.

Heelaas, dit lyk ‘n bietjie onmoontlik om net in te spring oor wat hierdie hoofstuk alles oor handel, wanneer jy so diep in die dieptes van jou siel geloer het, maar ‘n ander waarheid wat verlossend is vind: Alles wat op ons betrekking het vir ons Minnaar saak maak—alles—selfs die alledaagse. So laat ons, ons aandag na ‘n alledaagse onderwerp vestig, die toestand van ons huise, en hoe ons dit kan geniet om ‘n veilige hawe vir ons, ons familie en vriende, te skep. Hoe om eenvoudig die soort bruid te wees wat ons Man wil hĂȘ ons moet wees, ‘n Man wat wil hĂȘ dat ons vry en sonder bekommernisse of laste en onverklaarbaar gelukkig moet voel. ‘n Bruid wat vervul en waardig voel—iets wat vrouens vandag onmoontlik vind om te verkry alhoewel hulle daagliks daarna streef.  Dit is omdat meeste die leuen aanvaar het dat deur om ‘n man na te volg en na te boots wat ‘n man vervuld laat voel, dit ons, as vrouens, vervuld sal maak voel. En deurgaans het God die waarheid in Spreuke en dwaarsdeur die Bybel, volmaak verduidelik hoe Hy ons geskep het, anders en uniek, glad nie soos ‘n man nie. En Hy antwoord hulle en sĂȘ: het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, (MatthĂ©ĂŒs 19:4). So laat ons fokus op wat vir ons saak maak as vroue, waar ons hierdie volgende paragraaf leef en lees:

“Sade, Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie” (Spreuke 31:27). 

Hierdie vers, wat ook deel is van daardie Spreuke 31 Vrou, is iets wat ek gedink het ek ten minste gedek het, omdat . . . ek eenvoudig nooit ledig was nie. So ek het gevoel dat ek albei dele gedek moes hĂȘ, ek het goed daarna gekyk omdat ek nie ledig was nie. Onwaar. Hierdie is twee afsonderlike aspekte wat ons kan gebruik om God se hulp in te roep en deur Hom om hulp te vra kan ons transformeer in hierdie gebied van ons lewens.

Weereens, daar is niks wat ons in ons self kan doen nie, onthou Hy sĂȘ, “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug, want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5), maar vir God, Hy belowe niks is onmoontlik nie . . . maar by God is alle dinge moontlik” (MatthĂ©ĂŒs 19:26).

So, hoekom nie Sy krag, wysheid en salwing gebruik nie, vra Hom om ons te help om die taak hoe om goed na ons huis se daaglikse take om te sien en te kan verrig, met die begeerte om ‘n veilige hawe vir ons familie en vriende en onsself as Sy bruide te kan skep en daarin te lewe. Weereens, wanneer ons probeer om dit in ons eie wysheid of krag of selfs in ons eie tyd, sal ons eie inspanning net vrugteloos en waardeloos wees. Ja, boeke of artikels of televisie programme is in orde om kennis te verkry, maar net Hy kan hierdie (of enige) aspek in ons lewe vervul. Bespreek hierdie of enige ander iets eenvoudig met Hom, sodat hy dit kan laat gebeur – Moeiteloos

Diep Skoonmaak

Terwyl ek teruggevlieg het van Asia af (Ek het dit in my eerste boek genoem Vind die Oorvloedige Lewe, gaan ek voort om vir ons kerk deur ons televisie bediening te reis), ek het gevind dat ek soveel tyd het om te dink en met die Here te praat oor baie dinge. Een ding wat in my gedagtes opgekom het op hierdie vlug was ‘n diep begeerte dat ek moes “Diep skoonmaak”. Belyding, ek het nooit regtig groot skoongemaak in my lewe nie, en vir een of ander rede wou ek my huis net diep-skoongemaak gehad het en ontrommel, insluitende en spesiaal daardie kabinette en laaie en kaste. Daar is iets bevrydend om ‘n huis te hĂȘ wat vry is van alles wat jy nie nodig het nie en/of nie gebruik nie. Dit is asof ‘n groot las van jou en jou lewe gelig is. Miskien was dit as gevolg van wat iemand onlangs gesĂȘ het van Erin se boek “Tuisteskeppers” waarvan ek gehou het en vir jare gevolg het. Of moontlik was dit as gevolg van iets wat Hy vorentoe vir my (en my familie) gehad het en die groot skoonmaak en/of ontrommeling sou die eerste stap wees.

Ongeag die ware rede, het ek geweet aangesien ek so uitgebreid gereis het gedurende die vorige jaar, het my huis regtig intensiewe aandag nodig gehad. Maar daar is ‘n baie belangrike les wat ek ook gedurende die laaste jaar geleer het, en dit is dat ek glad niks in myself kan doen nie. Absoluut Niks. Voor hierdie jaar het ek baie van “myself” in alles gesit wat ek gedoen het met net ‘n bietjie “suikerbedekking” van die Here. Maar wanneer jy in ‘n posisie geplaas word waar jy skielik ingestoot was om as ‘n enkel ma van ‘n groot familie op te tree, plus deur nog ‘n tiener by te voeg, wanneer daar ‘n spesiale behoefte ouer suster wie baie van jou aandag vereis word, en dan om alles te kroon, word jy uitgestuur om die helfte van die tyd om die wĂȘreld te reis, wel, dan vind jy dat jy geforseer was om een-honderd persent op die Here te vertrou, of dit sal eenvoudig jou ondergang beteken. Dit is wat Hy geweet het wat ek nodig gehad het om te leer—om ten volle en heeltemal op Hom staat te maak—om eintlik in Hom rus te vind selfs wanneer daar soveel was om te doen dat jy gevoel het dat jy dit nooit sou maak nie of dat jy op die punt staan om dood neer te val van uitputting.    

So, terwyl ek gevlieg het, het ek eenvoudig vir die Here gesĂȘ dat ek regtig daarvan sou hou om “diep skoon te maak” en ek het dit eenvoudig aan Hom oorgegee, nie een keer nie, maar ieder en elke keer wat ek daaraan gedink het. En dink daaraan, het ek gedink. Toe ek terug by die huis kom nadat ek vir amper ‘n maand weg was, het my huis my aandag nodig gehad, alhoewel alles verbasend skoon was, selfs vir ‘n onverwagte besoeker. Ek het Hom uitbundig gedank vir die bevestiging dat as ‘n moeder, ek nie nagelaat het om my kinders goed op te voed nie. Tog, ek was nog vasbeslote om Hom toe te laat om die onmoontlike te doen en die tyd te voorsien en Sy plan vir ‘n diep-skoonmaak, as dit natuurlik, Sy plan was. Weereens wetend dat watookal ek kon probeer doen, eerder moes wag op Hom, ‘n klein fraksie sou wees as wat Hy—in Sy tydsberekening—sou doen het Ek Hom toegelaat om die begeertes van my hart te vervul. So toe wag ek om in Sy plan en Sy wil opgesweep te word.

Toe skielik, het ek dit sien begin gebeur. 

Julle weet dames, dit is die manier hoe die Here werk—Hy wil hĂȘ ons moet wag, dan beweeg Hy skielik. Dit is soort van soos met kinders wat groei uitspruitings kry. Dit is Sy manier en ons moet weet en verstaan hoe Hy werk, sodat ons ons kan ophou verknies wanneer ons sien dat niks gebeur nie: beloftes vervul gebeur in uitspruitings nadat ons gewag het.

Op hierdie oomblik kan ek nie onthou met watter kamer ek begin het nie; O, wag ek weet nou, dit was my dogters se kamer. Ek het hulle met nuwe gestikte komberse, lakens, gordyne, ens geseĂ«n nadat hulle niggie (my susterskind) vertrek het om terug te gaan huis toe nadat sy vir ‘n jaar by ons gebly het. Hulle het weereens ‘n kamer gedeel en het verdien om geseĂ«n te word omdat hulle soveel liefde teenoor hulle niggie gewys het. God het my selfs ‘n voorsprong gegee omdat terwyl ek weg was: het een van my kinders na ‘n ander kamer getrek en hulle het selfs hulle klere netjies in hulle laaie gevou. Dit is toe wat ek die opweling van opgewondenheid en energie gevoel het om my vier houers met groot etikette op te maak en begin uitsorteer het wat in daardie laaie was! Ja, ek het ook Erin se Tuisteskepper boek aangekoop en ek word periodiek gelei om dit te volg soos ek gesĂȘ het. Daar en dan, God het ‘n salwing in of op my geplaas, gekoppel met die kennis en wysheid wat ek uit hierdie boek gewin het en deur die kyk van al die organisatoriese programme te kyk. Ons was oppad.

Eerstens, het ek die Here gesoek vir waar daardie groot houers was: emmers, mandjies, en sakke. Hier is die ding, op daardie oomblik kon ek oorgeneem het: my idees—my vlees of ek wat die vloei van die boek probeer volg, maar ek wou ingeskakel bly onder Sy salwing sodat ek al die “glorie aan God “kon gee. En meer belangrik, het ek opgeĂ«indig met die soort resultate wat jou sal maak dat jy wil dans en juig!

Onmiddelik het God my deur die huis gelei en in die motorhuis in, en gekollekteer wat ek nodig gehad het. Ek het die groot stukke papier gemerk: #1 gooi weg, #2 gee weg, #3 pak weg, #4 stoor weg. Om dit maklik te maak het ek in albei die #1 en #2 houers, ‘n groot vullissak ingesit om dit makliker te skuif. #1 na die vullishouer en 2# na die kattebak van my motor. (As jy nie Erin se tuiste skepper boek gelees het nie wees geduldig met my of selfs beter kry een; omdat wat ek sĂȘ meer sin sal maak soos wat ons aangaan). Hierdie houers het ek opgelyn 1-4 en aan my dogters verduidelik dat dit die metode is om enige kamer, enige laai, enige kas, of enige motor—enigiets skoon te maak.

So ons mikpunt, soos wat ek verduidelik het, was om alles te verwyder van “waarookal” hulle gelei gevoel het om te werk: in ‘n laai, die kas of onder die bed, en dan vir die Here te vra, wat daarmee gedoen word, moet dit: 

#1 weggegooi word (omdat dit beskadig is en nie waardig is om vir iemand anders te gee nie?), of

#2 weg te gee (jy gebruik dit nie meer nie of jy het dit ontgroei?), of

#3 weg te sit (dit behoort nie in jou kamer nie; dit behoort nie aan jou nie), of

#4 weggepak (dit gaan terug in daardie kabinet, of kas wat jy nou net opgeruim het; net nie onder die bed nie).

Ek het vir my dogters gesĂȘ dat hulle doel was om soveel te hou as wat hulle kon in #1, dan #2 en so aan, sodat #4 oor was met net wat God wou gehad het hulle moes hou—die res, laat dit gaan.

Om my dogters te help het ek gelei gevoel om te stop en iets te kry om te eet, toe Hy met my begin praat het oor fundamentele wysheid wat ek in die volgende hoofstuk sal deel.

 ~ Michele

Skrywer van RMI se Oorvloedige Lewe Reeks

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui