Hoofstuk 16 "Maak die Vensters van die Hemel oop"Â
âEn toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige.
Toets My of Ek nie die vensters van die hemel
vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,
meer as wat julle kan gebruik nie.â
MaleĂĄgi 3:10
Dit is ân taamlike kragtige stelling wat God maak. NĂȘrens anders in die Bybel sĂȘ God dat ons Hom moet toets nie, behalwe in hierdie vers. Wat sĂȘ God, sal veroorsaak dat Hy die vensters van die hemel oopmaak en Sy seĂ«ninge oor ons uitstort totdat dit oorloop?
â âBring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.â â (Mal. 3:10).
Het jy dit gesien? Dit is Tiendes. Tiendes sal veroorsaak dat God die vensters van die hemel sal oopmaak en Sy seëninge oor jou lewe uitstort!
Baie Christene skram weg om soveel as moontlik te leer oor hierdie belangrike beginsel, maar moet dit asseblief nie mis nie! God wil hĂȘ ons moet getrou en gehoorsaam wees in alles, en wanneer ons versuim, of verkies, om ongehoorsaam te wees in een area van ons lewens, vloei dit oor in ander areas.
Ons samelewing as ân geheel, is onkundig oor hierdie beginsel. Baie kerke faal hulle lede deur te versuim om die belangrikheid van tiendes te leer. Hoekom is dit so ernstig? God is kwaad wanneer ons faal om aan Hom terug te gee wat regmatig Syne is. âDie aarde en alles wat daarop is, die wĂȘreld en diĂ© wat daar woon, alles behoort aan die Hereâ (Ps. 24:1). Tiendes is ân daad van aanbidding.
Daar is te veel Christene wat in armoede lewe, of in net soveel skuld is as ân ongelowige. God wil elke gelowige âdie kop en nie die stertâ maak. Hy wil hĂȘ ons moet âboâ en ânie onderâ skuld, of enige iets anders, wees wat jou lewe wil reĂ«l of beheer nie (Deut. 28:13).  Daar word vir ons gesĂȘ, âJulle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hĂȘ. . .â (Rom. 13:8). âDie ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.â (Spr. 22:7).
Meeste Christene word geseĂ«n met so baie, veral wanneer ons na ander nasies kyk en die vlak van armoede waarin meeste mense in die wĂȘreld lewe. Ons spandeer ons verdienste op plesier terwyl ons kerke, sendelinge en ministeries sukkel om kop bo water te hou. Hoekom? Omdat ons probeer vashou aan iets wat nie regmatig ons sin is om te hou nie.
Ons neem maar gee min. âDink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.â (2Kor. 9:6).
Ons vra en wonder hoekom ons nie ontvang nie. âAs julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredigâ (Jak. 4:3).
God wou Sy mense seĂ«n, maar Hy het nie, omdat hulle onwillig was om vir Sy stoorkamer te gee. Hy sĂȘ vir hulle in Haggai 1:6-7, âJulle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geĂ«et, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos ân dagloner wat sy loon in ân stukkende beursie steek. So sĂȘ die Here die Almagtige: âNeem ter harte wat met julle gebeur!â â
â âJulle het ân groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom?â vra die Here die Almagtige. âOmdat My huis in puin lĂȘ, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk.â â (Hag. 1:9).
Verstaan Tiendes
Dit is ironies dat so baie Christene verkeerdelik glo dat hulle nie kan âbekostigâ om tiendes te gee en God met offerandes te seĂ«n nie. Die waarheid is egter dat hulle eenvoudig in ân bose siklus vasgevang is wat net gehoorsaamheid en geloof kan genees. Hulle kan nie bekostig om te gee nie, omdat hulle God beroof deur mense te betaal, daarmee beroof hulle hulself om geseĂ«n te word!
Om die waarheid te sĂȘ, God vra ons om te gee wanneer ons diep in armoede is. Die Christene in MacedoniĂ« het verstaan en die beginsel van gee toegepas: âAl was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheidâ (2Kor. 8:2). Klink ân bietjie soos baie van ons, doen dit nie?
Hoekom 10%?
Die woord tiende in Hebreeus is âmaâasrah,â wat vertaal na â ân tiende.â So wanneer God in Sy Woord met ons praat, bedoel Hy dat ons Hom ân tiende moet gee.
Hoekom moet ek my tiende eerste gee, voor ek my rekeninge betaal?
Dit is die beginsel van âeerste vrugteâ van ons arbeid. DeuteronĂłmium 18:4 NLV sĂȘ vir ons, âJy moet ook vir die priester die eerste deel van die koringoes, die nuwe wyn, olyfolie en die eerste skeersel wol gee.â Dan, in Eksodus 34:24 en 26 NLV, sĂȘ God, âEk sal die nasies voor jou uit verdryf. Ek sal jou grond al meer maakâŠâŠJulle moet die beste deel van die eerste oes wat jy insamel na die huis van die Here bring.â
Dit word ook in die Nuwe Testament bevestig wanneer Jesus vir ons in MatthĂ©ĂŒs 6:33 sĂȘ, âNee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.âÂ
Waar moet ek ân tiende gee?
MaleĂĄgi 3:10 sĂȘ vir ons, â âBring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets my hierin.â sĂȘ die Here die Almagtige. âToets My of ek nie die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.â â
Jou voorraadkamer is waar jy geestelik gevoed word. Baie Christene maak die fout om te gee waar hulle nie geestelik gevoed word nie, of sal eerder gee waar hulle sien daar ân nood isâmaar dit is dwaasheid.  Dit is soos om na ân restaurant toe te gaan, ân maaltyd te bestel, maar wanneer die rekening kom, vir die kassier te sĂȘ om eerder die geld vir die restaurant straat af te gee wat nie so goed doen nie!
As jy ân kerk bywoon waar jy geestelik gevoed word, dan behoort jy ten minste ân tiende van jou inkomste aan daardie kerk gee. Dit beteken dat as jy ĂȘrens anders kerk bywoon, en gelei voel om finansieel in ons ministerie te saai (of enige ander ministerie of sending), dan sal dit ân offerande âbo en behalweâ jou tiende wees. Ons wil nie van jou kerk af steel om in ons ministerie te saai nie âanders het dit vir julle geen nut nieâ (Heb. 13:17)
Baie van ons gemeenskap lidmate, wie nie ân kerk bywoon nie (vir verskeie redes) en gevoed word deur ons ministerie, betaal egter hul tiendes deur in die herstel van huwelike te saai, aangesien dit is waar hulle geestelik gevoed word.
Weereens, soos ek jou dwarsdeur hierdie boek aangemoedig het, soek God. Dit geld vir alles, insluitende jou finansies. Wees dan getrou en gehoorsaam aan Hom!
Moenie die fout maak om ywerig al die beginsels te volg om jou huwelik te herstel, maar jy faal om jou tiendes te gee, en vind dan dat jou huwelik nie herstel is nie, omdat jy God beroof.
Onthou, MaleĂĄgi 3:8-10 sĂȘ vir ons, âSal ân mens regtig vir God beroof? Tog beroof julle My: Julle vra: âWaarvan beroof ons U?â Van tiendes en offergawes. Â Daar rus alreeds ân vloek op julle en tog bly julle my beroof;Â die hele nasie doen dit.â
Maar aangesien ek nie meer onder die wet is nie en ek deur genade lewe, word 10% nie meer vereis nie, word dit?
God se genade regverdig om meer te gee, nie minder nie. Wanneer ons Sy vergifnis, Sy genade, Sy deernis, en Sy opoffering van Sy gestorte bloed, waarby ons deelgenote van Sy glorie geword het, ervaar het, sal ons bereidwilligheid vermeerder om meer te gee, sekerlik nie minder nie.
â. . . Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook vernietâ (Matt. 10:8).
âHy het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?â (Rom. 8:32).
Maar, â. . . wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer liefâ (2 Kor. 9:6).
As ons onbestendig is en nie regtig vertrou dat God sal voorsien nie, âmoet nie dink dat hy iets van die Here af sal ontvang nie.â (Jak. 1:7-8). Wanneer ons vashou aan wat ons het om te probeer om na onsself om te sien, sal ons nooit God se ongelooflike krag om ons ontwil sien nie.
God se begeerte is om Sy krag en Sy seĂ«ninge in ons lewens uit te stort. Wanneer ons ons tiendes gee, is ons gehoorsaam. Wanneer ons, uit uiterste dankbaarheid en aanbidding, vrylik ân offerande gee bo dit wat beveel is, maak ons werklik die deur oop vir God om Sy seĂ«ninge uit te stort en Sy plesier in ons lewens te doen.
Ons weet dat Hy âaan Hom wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dinkâ (Efe. 3:20)
âNee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge geeâ (Matt. 6:33). Neem ons God op Sy Woord of nie?
Beginsels van Rentmeesterskap
Soos ons gesien het, tiendes is ân belangrike beginsel in die Bybel. God verwag dat ons ân tiende aan Hom teruggee as ân deel van dit wat Hy so vrygewig aan ons gee. Inderdaad, alles wat Hy aan ons gee, is nog steeds Syneâons is rentmeesters in wie se sorg Hy die aarde, en alles daarin, toevertrou het. Hoe ons dit wat Hy aan ons toevertrou het hanteer---ons geld, ons talente, ons tyd----demonstreer ons gehoorsaamheid aan Sy Woord, ons vertroue in Sy belofte om te voorsien, en die belangrikste; ons geloof in Hom.Â
Hoe jy jou finansies sien en hanteer, is basies tot jou Christelike groei, en deur God se beginsels van rentmeesterskap te verstaan, sal jy in staat gestel word om volwasse te word in jou geestelike wandel en die seĂ«ninge te erf wat God vir jou lewe het.Â
Soos jy tot dusver in hierdie boek gelees het, God werk in baie areas van ons lewens wat ons huwelik indirek affekteer. Dit is nie genoeg om uitsluitlik op huweliks beginsels te konsentreer nie, maar weereens, God gebruik die beproewing in jou huwelik om jou meer in Sy beeld te omskep soos wat Hy jou uit die wĂȘreld se vernietiging trek, en jou die pad na die lewe wys.  Â
Die rykdom van God is nie sodat ons kan âryk wordâ op die manier wat die wĂȘreld rykdom nastreef nie, maar in plaas daarvan is Sy seĂ«ninge deel van ons erfenis. God wil vir ons ân toekoms gee (Jer. 29:11) solank as wat Hy weet dat ons ons erfporsie wyslik gebruik, sonder om toe te laat dat voorspoed ons ondergang beteken. Om vir ân kind, wat te jonk is ân kar te gee, sal beslis in ân tragedie eindig. Dit is nie totdat ân ouer volwassenheid sien, dat hy gewillig is om die sleutels van die kar oor te gee nie.Â
God wil hĂȘ ons moet ân volwasse houding teenoor geld hĂȘ, want dit het die krag om ons vermoĂ« om wyse besluite te maak, te invloed: âNet twee dinge vra ek van U; moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf: moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het sodat ek nie te veel het en U verloĂ«n en sĂȘ: âWie is die Here?â nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.â (Spr. 30:7-9).Â
Dit is duidelik dat dit God se begeerte is om Sy kinders te seĂ«n. Hier is nog verse wat God se hart teenoor jou wys, as een van Syne:Â
âDit is die seĂ«n van die Here wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nieâ (Spr. 10:22).
âWie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en leweâ (Spr. 22:4).
âKennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goedâ (Spr. 24:4).
â ân Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal straf kry.â (Spr. 28:20)
Die verse hou vol dat daar voorwaardes is vir finansiĂ«le seĂ«ninge (geestelike volwassenheid) en dat dit waarlik ân hartsaak is (ân afwesigheid van geldgierigheid).
Almal van ons wil God se seĂ«ninge op ons lewens hĂȘ, maar het jy geweet dat hoe jy jou finansiĂ«le seĂ«ninge hanteer, grotendeels te doen het met hoe jy in die Here groei en tot watter graad God in staat is om in jou lewe te werk?
âNiemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal Ăłf die een minder ag en die ander een hoĂ«r, Ăłf vir die een meer oorhĂȘ en die ander een afskeep. Julle kan nie God Ă©n Mammon (bedrieglike rykdom, geld, besittings, of watookal in vertrou word) dien nie.â (Matt. 6:24). Â
âWie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in die groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?â (Lukas 16:10-11).
Om te groei in ons vermoĂ« om deur God gebruik te word, wat geestelike rykdom is, en die groter dinge te win (om die krag en teenwoordigheid van God in ons lewens te hĂȘ), hang af van hoe ons ons finansies hanteer.
Om dit verder te bewys, daar is rofweg 500 verwysings in die Bybel oor geloof en 500 oor gebed, maar daar is oor die 2000 verse wat verwys na ons finansies! Saam met die geestelike wette wat in plek gesit is toe God die heelal geskep het (sien hoofstuk 1), het God ook finansiële wette ingestel, wat Hy met ons gedeel het in Sy Woord. Ons trek voordeel daaruit om die wette te volg of dra die nagevolge as ons dit nie doen nie. Dit maak nie saak of ons onkundig is oor die wette of verkies om hulle te verwerp nie; hierdie wette, soos swaartekrag, bestaan en kan nie gedebatteer word nie.
Beginsel #1: Ons saai wat ons maai.
Een van die belangrikste beginsels van rentmeesterskap, is saai en maai. Om ân oes te maai, moet ons eers saad plant. Daar is baie Skrifgedeeltes wat vir ons insig gee oor die onderwerp van saai en maai. Hier is net ân paar:
âDink daaraan:Â wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oesâ (2 Kor 9:6).
âWie met trane saai, sal die oes met gejuig inbringâ (Ps. 126:5).
âMoenie julleself mislei nie:Â God laat nie met Hom spot nie. Wat ân mens saai, dit sal hy ook oes.â (Gal. 6:7).
âWie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oesâ (Gal. 6:8).
âLaat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.â (Gal. 6:9).
Wanneer ons saai met begrip van hierdie beginsel, en met geloof in die Here en Sy Woord, moet ons verwag om ân oes te maai in en waar ons gesaai het! Dit is regtig opwindend!
Geen boer sal die tyd en geld neem om ân saad te plant as hy nie verwag om ân oes te maai nie. Boonop, as hy ân oes van koring wil maai, sal hy koring saai. As hy ân oes van graan wil maai, sal hy graan saai.
Daarom, as jy vriendelikheid wil maai, saai vriendelikheid. As jy vergifnis wil saai, vergewe! As jy herstel in jou huwelik wil maai, saai dan in herstel van huwelike deur bediening en/of finansieelâverwag dan ân oes, aangesien God se beginsels en Sy beloftes waar is en Hy is getrou!!Â
Ons kan God se belofte glo dat ons in ons ewige toekoms belĂȘ wanneer ons in Sy werk saai. âMoenie vir julle skatte op die aarde bymekaar maak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.â (Matt. 6:19-21). Nog belangriker; wat ons met ons geld hier op aarde doen, is ân ware aanwyser van waar ons harte is.
âGod wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons toedoen bring julle vrygewigheid mee dat God gedank word.â (2 Kor. 9:10-11NLV).
Met ander woorde, wanneer God vir ons ân oorvloedige oes gee, is dit nie sodat ons dit selfsugtig vir onsself kan hou nie, maar sodat ons selfs meer in die koninkryk van die hemel kan saai.
Die baie ryk Christene van vandag is die kanale wat ministeries aan die gang hou, sendelinge na buitelandse lande toe stuur, en die kerke florerend hou sodat hulle die verlorenes kan bereik vir die Here. Hulle gebruik nie hulle finansies vir hulle eie plesier nie, maar het gevind dat deur in die dinge van God te saai, hulle ware vreugde en tevredenheid het.
Maar, ons moet onthou dat armoede en voorspoed relatiewe terme is. Wat ons die âarmoede vlakâ in die Verenigde State van Amerika noem, sal vir mense in meeste ander lande soos rykdom lyk.Â
As Christene, moet ons tevredenheid in enige en elke situasie vind. Die apostel Paulus herinner ons in Filippense 4:12: âEk weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hĂȘ om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hĂȘ sowel as om gebrek te ly.â
Daar is inderdaad tye wanneer God Sy heiliges roep om te ly, martelaarskap, of armoede (soos die arm weduwee wie twee muntstukke gegee hetâalles wat sy besit het) om Homself sodoende te verheerlik. Wanneer Hy ons roep na armoede of lyding, gee Hy aan ons die genade om dit met vreugde en danksegging (en sonder murmureer en kla) te verduur.
Terwyl ons nie al God se redes kan verstaan om armoede toe te laat nie, kan ons vertrou dat Sy optrede altyd hoĂ«r is as ons sin. âAl was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoĂ«, ja, bo vermoĂ«, bygedra.â (2Kor. 8:2).
Die wat die swaarste kry, het partykeer nodig om die vrygewigste te wees! Vir iemand met ân liefde vir geld, mag die verlies van rykdom een van die maniere wees wat God gebruik om ons te breek, nader aan Hom te trek, en ons te leer om alleenlik van Hom afhanklik te wees.
Maar, in ons land, lok armoede en skuld nie gewoonlik die belangstelling van jou familie, vriende en bure uit nie. As ons met baie geseĂ«n is, moet ons aan ander getuig, nie deur selfregverdig aan hulle te preek of om hulle lewensstyl te veroordeel nie, maar om hulle toe te laat om God in ons lewens te âleesâ! âJulle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.â (2 Kor. 3:2). Ons moet die vrugte van ons Vader ten toon stel. Ons moet vrede hĂȘ te midde van ons probleme, ons vyande seĂ«n, vrylik vergewe, en in die voorspoed loop wat die Here toelaat. Ons vrygewigheid moet Hom verheerlik en mag die sagmoedigheid wees wat God gebruik om ander na Homself aan te trek!   Â
â. . . Laat hulle altyd weer sĂȘ. âDie Here is groot, Hy sorg dat Sy dienaar vrede hetâ â (Ps. 35:27).
Beginsel #2: God besit alles.
Psalm 24:1 sĂȘ eenvoudig, âDie aarde en alles wat daarop is, die wĂȘreld en diĂ© wat daar woon, alles behoort aan die HereâŠâ Alles wat ons het, behoort aan God.
âDie grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here behoort die heerskappy; U is bo almal verheweâ (1Kro. 29:11).
âAan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sĂȘ die Here die Almagtigeâ (Hag. 2:8).
Alles wat ons het, of dit nou baie of min is, word aan ons geleenâons is rentmeesters. Weereens, dit is hoe ons dit hanteer wat aan ons toevertrou is (soos in Lukas 16, die gelykenis) wat sal bepaal of Hy ons met meer gaan seĂ«n of dit wat ons alreeds het gaan wegneem.Â
Beginsel #3: God voorsien alles.
âJy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ân eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog. As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaanâ (Deut. 8:17â19).
âWant wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoĂ« sou hĂȘ om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. Net soos al ons voorvaders is ons by U sonder reg of aanspraak. Ons tyd op aarde is soos ân skaduwee, dit gaan verby. Here ons God, al hierdie goed wat ons bymekaar gemaak het om ân huis vir U heilige Naam te bou, het ons van U gekry en dit behoort aan Uâ (1 Kron. 29:14-19).
âEn my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy wonderbaarlike rykdom in Jesus Christusâ (Fil. 4:19).
Of jy dit van jou werk verdien het en of dit vir jou gegee was, wie was die bron van alles wat jy het? God.
Beginsel #4: God wil die eerste gedeelte hĂȘ van wat Hy vir jou gee.
Baie Christene gee vir hulle kerk en ander liefdadigheidsorganisasies, maar is nie geseën nie omdat hulle nie hierdie baie belangrike beginsel verstaan nie. God is duidelik regdeur die hele Bybel, Hy wil eerste in elke gebied van jou lewe wees.
As jy jou rekeninge betaal, voor jy die eerste aan Hom terugegee het, is God nie eerste in jou lewe nie en het jy die seĂ«n gemis. Ons het in Hoofstuk 2, âJou eerste Liefde,â geleer dat God dit wat ons voor Hom plaas, sal verwyder.
âVereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste van jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wynâ (Spr. 3:9). Die beginsel is duidelik; ons moet eerste aan God gee.
Dikwels, wanneer Christene begin oorweeg om tiendes te gee, kan hulle nie sien hoe hulle moontlik ân tiende kan gee nie aangesien hulle skaars kop bo water hou. Dit is omdat hulle so oningelig is oor dit wat in hulle finansies gebeur. Haggai 1:9 sĂȘ dat God laat âverdwynâ wat jy huis toe gebring het, en Hy laat ook die sprinkane toe om te kom en vat wat regmatig Syne is.
â âBring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in My huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde sonder vrugte is nie, sĂȘ die Here die Almagtigeâ â (Mal. 3:10â11).Â
Elke maand loop Christene, wat nie tiendes betaal nie, âonverwagteâ uitgawes tegemoet, dinge soos herstelwerk, of ander benodighede, wat hulle nie verwag het nie. Dit is net omdat hulle oningelig is oor hierdie beginsel. Want as God eerste is in jou leweâeerste in jou hart, eerste in jou dag, en eerste in jou finansiesâdan (en net dan) sal God die âvensters van die hemel oopmaak en vir julle reĂ«n uitgiet, meer as wat julle kan gebruik,â en getrou âdie sprinkane keer.â         Â
Die wat hulself ootmoedig, deur vir God hulle tiendes en offerandes te gee, sal hulle verlustig in hulle welfaart! âDie wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welfaartâ (Ps. 37:11). Sy Woord sĂȘ vir ons, âTeenspoed volg die sondaars op hulle pad; die regverdige word met voorspoed vergoed.â (Spr. 13:21).Â
Beginsel #5:Â Wat jy met die eerste gedeelte doen, bepaal wat God doen met die res.
Toe God Abraham gevra het vir sy seun, het hy hom nie weerhou nie; as resultaat, het God vir hom gesĂȘ, âLos jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy my dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie, Ek sal jou baie seĂ«n . . .ââ (Gen. 22:12, 17).Â
God het vir die weermag, wat Jericho oorgeneem het, gesĂȘ hulle mag nie die buit van die eerste stad vat nie, en God sou hulle dan die res gee. God wil altyd ons harte eers toets. âSilwer word in ân smeltkroes gelouter en goud in ân oond, maar dit is die Here wat die gesindheid toets.â (Spr. 17:3). Maar een van die soldate, Akin, kon nie die versoeking weerstaan nie, en het van die buit gevat. Toe hulle die volgende stad, Ai, moes oorneem, in ân stryd wat baie kleiner was en maklik gewen moes word, was hulle verslaan. (Sien Josua 6.)
Hierdie beginsel is nie net vir jou finansies nie, of vir jou huweliks herstel nie, maar vir elke gebied van jou lewe.  Wanneer ons misluk om eerste aan God te gee, beroof ons God van wat Hy gevra het. Hy wil geen ander gode bo Hom hĂȘ nie: nie ons geld, ons eggenote, of ons loopbane nie. Wat jy doen met die eerste van alles, sal bepaal wat God met die res wil doenâdit seĂ«n of vloek.
Is jy in ân finansiĂ«le krisis?Â
âNee beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge geeââ (Matt. 6:33).
Het jy die Here gesoek oor jou finansies? In Filippense 4:19, leer die Bybel ons dat die Here die een is wat in al ons behoeftes sal voorsien. Maar, as ons na ander toe gaan met ons behoeftes, eerder as om God te soekâas ons faal om Hom âeerste te soekââdan sal âal hierdie dingeâ nie aan ons âgegeeâ word nie.
Volg jy die beginsels vir finansiĂ«le sekuriteit in die Here? Die Bybel leer ons dat ons ons tiendes moet gee om sodoende âmet baie volgemaakâ te word en âoor te loopâ (Spr. 3:9-10). Ons word ook aangemoedig om te âsaaiâ as ons wil maai (Gal. 6:7 en 2 Kor: 9:6). Het jy gesaai en getrou jou tiendes gegee? Neem die tyd om hierdie gedeeltes van die Bybel oor en oor te lees, bid dan vir hoe die Here, die manier wat jy op Hom vertrou, wil verander terwyl jy Sy bevele aan alle gelowiges vervul, deur ân gedeelte aan Hom terug te gee. Â
As jy getrou jou tiendes gee en nog steeds in ân finansiĂ«le krisis is, maak seker dat jy al God se reĂ«ls volg. Daar is baie verwysings in die Skrif vir aksies wat lei tot armoede, insluitende; om nie te vra nie (Jakobus 4:2), te vra met verkeerde motiewe (Jakobus 4:3), owerspel (Spr. 6:26), drank misbruik of vraatsige gedrag (Spr. 21:17, Spr. 23:21), luiheid (Spr. 10:4, Spr. 14:23, Spr. 28:18-20), om nie teregwysing of regstelling te aanvaar nie (Spr. 13:18), oorhaastige besluite te neem (Spr. 21:5), armes te verdruk (Spr. 22:16), en, natuurlik, om van God te weerhou wat regmatig Syne is.
Terwyl ons aan God teruggee deur tiendes en offerandes, moet ons ook seker wees dat ons ons mans die eer gee wat hulle verdien. âHaar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werkâ (Spr. 31:11). As jou man ân moeilike tyd het om te voorsien, is jy seker hy kan op jou steun? Het hy vir jou gesĂȘ jy moet ontslae raak van jou kredietkaarte, maar jy het hulle gehou? Is jy verantwoordelik met die aankope wat jy maak, en kyk jy goed na die maniere van jou huishouding? Het jy hom by ander in die skande gesteek? Wees seker dat jou hart suiwer en getrou is aan jou man, op elke manier.
Toe ek finansieel geruĂŻneer was as ân enkel ma van vier jong kinders, het ek geleer van die beginsel van tiendes. Selfs al het ek na aan die armoede vlak gelewe, het ek my tiendes vir die eerste keer in my lewe begin gee. Ek het nie alleenlik gesaai deur tien persent te gee uit die karige bedrag geld wat ek ontvang het nie, maar ek het ook gesaai in die lewens van vrouens wat tragedie in hulle lewens ondervind het (deur hulle te vertel van God se vermoĂ« om huwelike te herstel).
Met my wat aan die Here gegee het, is die standaard in ons huis gestel terwyl my man weg was. God het dit vereer deur my man te lei om sy tiendes te begin gee net nadat hy huis toe gekom het, sonder dat ek hom vertel het daarvan! As jy sukkel om soveel te gee, mag dit jou help om te weet dat God alles besit wat ons het, en dit is net deur Hom wat ons die âkrag het om rykdom te verwerf, sodat Hy die verbond in stand kan houâ met ons. (Deut. 8:18). Daarom moet jy seker maak dat jy eerste aan Hom gee om te bevestig dat Hy eerste in jou lewe is!
Sal jy God of Mammon (geld) dien?
Te veel skram weg om mense te leer oor gee as gevolg van misbruik en omdat hulle nie beskou wil word as âgeld soekersâ nie, maar dit elimineer nie die waarheid in die boodskap nie. Soek self vir die waarheid. Toets Hom om te sien of Hy getrou is aan Sy beloftes. Gee eerste aan God, gee ân tiende aan jou stoorkamer (waar jy geestelik gevoed word), en sien of jou lewe verander en jy in alle gebiede van jou lewe geseĂ«n word.
God is die een wat vir ons ministerie en ons familie voorsien. Ons saai in die lewe van die wat gebroke harte het en gee water met deurlopende ondersteuning deur ons gemeenskap, maar dit is God wat die vermeerdering bring. Ons kyk na niemand om in ons behoeftes te voorsien behalwe God alleen nie.
Deur te faal om so ân belangrike beginsel te onderrig, is soos om nalatig te wees om die skape te voer en diĂ© wat na ons toe kom vir hulp, ondersteuning, en rigting, te lei.
Jesus het gesĂȘ ons moet Sy skape voer, en God het in HosĂ©a gesĂȘ dat Sy volk onder gaan omdat hulle nie aan Hom toegewy is nie (Hos. 4:6). Baie wat na ons toe kom is nuwe Christene, of het ân kerk bygewoon waar hierdie beginsel, en ander beginsels van herstel, nie geleer word nie. Ons werk is om dissipels van die Here te maak, om hulle die toerusting te gee wat hulle nodig het om hulle lewens te verander.
Vir die van julle wat nog nooit vir God Sy tiende gegee het nie, mag God aan jou bewys dat jy meer met 90% van jou inkomste kan doen as die 100% wat jy gewoond is om te beheer. Dit sal ân stap van geloof neem, maar net soos toe jy gekies het om jou huwelik te herstel eerder as om aan te beweeg, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie.Â
Vir die wat wel gee (maar God is nie eerste nie), mag jy in elke area van jou lewe jou prioriteite so herrangskik dat jy aan God kan wys dat Hy eerste plek het.
God is ân God wat verlang om ons genadig te wees; Hy smag daarna om ons te seĂ«n!
â . . .Laat hulle altyd weer sĂȘ, âdie Here is groot. Hy sorg dat Sy dienaar vrede hetâ â (Ps. 35:27).
Laat ek afsluit met hierdie wonderlike belofte: Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbringâ (Ps. 126:5). Hallelujah!!
Persoonlike verbintenis: om te gee. âGebaseer op wat ek in die Skrif geleer het, verbind ek myself daartoe om die Here te vertrou en te seĂ«n met my finansies. Ek sal die Here soek in verband met hoe en waar om my tiendes te gee. Ek sal in die herstel van huwelike saai deur die goeie nuus oor herstel te deel met die wat God in my lewe bring en deur my finansiĂ«le bydrae soos God my lei en getrou aan my voorsien.â
As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.
As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.