“...soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het;

wie se kinders julle geword het as julle goed doen

en geen enkele verskrikking vrees nie.”

—1 Petrus 3:6

 

“Vrede te Midde van”

Vier weke gelede het ek ‘n epos oopgemaak en ‘n brief gevind van my AM se prokureur. Dit het vir my gesĂȘ dat my AM ‘n egskeiding aanhangig gemaak het en het afskrifte van die regsdokumente bevat wat mens sal ontvang wanneer jy gedagvaar word vir ‘n egskeiding. Voor RMIEW sou daardie brief my afgeskrik het. Ek sou ineengestort het en na my telefoon gehardloop het om my vriende en familie te bel. Ek sou ‘n prokureur aangestel het. Woede en skinderpraatjies sou oral in die dorp aangewakker gewees het.

In plaas daarvan het ek na die gebedsnessie gegaan wat ek gemaak het van kussings en sagte komberse aan my kant van die bed. Ek het met my HM gepraat. Ek het al my geheueverse en die Psalms opgesĂȘ. Ek het my gunsteling gesange gesing. Ek het my trane uitgestort. Die Here het my kinders (my twee jongste kinders, 18 en 22) besig gehou en hulle was die grootste gedeelte van die naweek weg. Niemand weet dat ‘n egskeiding aanhangig gemaak is nie. Dit alleen is ‘n wonderwerk, want ek was die grootste prater wat ek ken. Loof die Heilige Naam van Jesus!

My HM is hier langs my. Ek is verbasend kalm. Ek doen slegs die volgende ding wat gedoen moet word. Ek kan daarop fokus om ander te seĂ«n. Hy beskerm ook my kinders. Twee weke gelede, toe ek uiteindelik gedagvaar word, dit was aand en my dogter het vir ‘n vriendin gewag om op te daag. Normaalweg sou ek nie die deur oopgemaak het nie, maar ek het verby die deur geloop. ‘n Vrou het vir my die egskeidingsdokumente in ‘n groot koevert oorhandig!!! As my dogter (wat toevallig in die badkamer was) die deur oopgemaak het (sy is oud genoeg om in hierdie staat die dokumente te ontvang), sou sy nie gemis het wat dit is nie. (My kinders weet nog nie van die egskeiding wat aanhangig gemaak is nie). My HM het haar beskerm om dit te sien. Ek dink ook die balju was redelik verbaas toe ek geglimlag het en baie aangenaam dankie gesĂȘ het.

Laas week was ek weereens gelei om te vas, ‘n nuwe ding vir my sedert ek in April by hierdie bediening aangesluit het. Die eerste keer het ek drie dae lank gevas, dit was baie moeilik. Kos was nog altyd vir my ‘n vertroosting wat veroorsaak het dat ek vet geword het oor die laaste stresvolle dekade. ‘n Jaar gelede het ek egter begin om gewig te verloor, nadat God my gehelp het om ‘n konneksie te maak oor hoekom ek stres eet. Om te vas is ‘n goeie dissipline vir my, omdat dit vir my gewys het dat ek nog steeds neig om na kos te keer as ek verveeld of rusteloos is, eerder as na God. So vas het my gehelp om van party slegte gewoontes ontslae te raak, terwyl ek op die Here fokus. So, die oomblik toe die vierde Julie se feesvieringe verby was, het ek begin met wat ek gedink het ‘n drie dae vas was. Maar, God het my geroep om dit te verleng, bevestig dat ek dit weer moes verleng en ek het uiteindelik ‘n vas van sewe dae voltooi! Dit was nie maklik nie, maar dit was nie aaklig nie en my HM het dit duidelik gemaak dat ek moes voortgaan en wanneer ek moes ophou. Niemand het vermoed nie, en ek kon gedurende die vas al die dinge doen wat bo gelys is!

Ek is geseënd. God is goed. Ek word gekoester en ek is nooit alleen nie! Prys die Here!

~ Beverly in Missouri

Ondertekening van die egskeidingsdokumente

Gedurende my eerste keer deur hierdie vallei van egskeiding, was ek in staat, deur wysheid en guns, om nie my egskeidingsdokumente te hoef onderteken nie. Eerlikwaar, ek was so bang om die dokumente te teken, omdat ek geleer het hoe God oor voel egskeiding (Hy haat dit), so ek was bang dat as ek die egskeidingsdokumente sou onderteken, dit sou beteken dat ek ‘n “medepligtige” aan sonde was.

Dit is snaaks as ek terugdink, want ek het ook die beginsel van onderdanigheid aan ons mans geken. God sĂȘ vir vroue om slegs twee voorbeelde ten opsigte van onderdanigheid te volg: Jesus (in 1 Petrus 2) en Sara (1 Petrus 3). As ons na Sara se lewe kyk, weet ons dat sy deur haar man gevra was, wie sy heer genoem het, om in te stem om as die vrou van die Farao geneem te word, nie een keer nie, maar twee keer!

Sekerlik, om ‘n “medepligtige” te wees tot die mate wat Sara gevra is om aan haar man onderdanig te wees, is op geen manier enige vergelyking met wat God my geroep het om te doen nie, wat was om die egskeidingsdokumente hierdie keer te onderteken. Maar God is goed, Hy vra ons net om te doen wat ons in staat is om te doen. En op daardie stadium van my lewe, het ek slegs die geloof gehad om te glo dat God my sal verlos van moet onderteken. Ek het in die Herstel Jou Huwelik gelees dat ons guns by ons mans sal vind om vrygestel te word van moet onderteken, as ons ‘n “sagmoedige en stille gees” ten toon stel. Toe ek gesĂȘ het ek sal as ek moes, maar dat hy by verstek sal wen, het daardie “sagte antwoord” alle “woede” laat bedaar. Ek het by verstek verloor, maar daar was glad nie ‘n gestryery nie.

En God het my vroeëre getuienis gebruik om baie vroue te help wat die eerste Staar Egskeiding in die Gesig boek gelees het wat Erin bymekaar gesit het. Baie vroue het geskryf dat hulle in staat was om te leer van my getuienis en die ander vroue wie hul getuienisse gedeel het, en God was getrou om hulle ook te verlos!! Hier is my 1991 getuienis:

In my situasie, nadat ek Erin se getuienis gelees het, wat tot die begin van RMI gelei het, het ek ook gekies om my egskeiding te verloor “by verstek.” Ek het die Bybel letterlik opgeneem toe ek my egskeidingsdokumente van my man af ontvang het. Ek het nie die dokumente onderteken nie, of vir die verhoor opgedaag nie―en God het my verlos! Soos Erin, as ek na ‘n prokureur gegaan het of in die hof opgedaag het, sou ek nie die magtige verlossing uit die hand van die Here gesien het nie, want Hy het my gehoorsaamheid gebruik om my egskeiding ‘n paar weke later om te keer!

Ons huwelik was wonderbaarlik herstel, net drie maande na die egskeiding toegestaan was, deels te danke aan my gehoorsaamheid om nie ‘n prokureur aan te stel nie. God het my verlos toe daar ontdek was dat alhoewel die regter die egskeiding toegestaan het, was die dokumente wat deur my man se prokureur ingedien was, foutief. Vir die egskeiding “om wettig te wees”, het sy prokureur gesĂȘ dat daar van my man vereis sou word om bykomende papierwerk by die howe in te dien. Teen die tyd wat hierdie fout ontdek was―was my man se hart teruggedraai na my toe en hy was spyt dat hy ooit die egskeiding aanhangig gemaak het! Toe ek hom gevra het wat hy sou dink as hy uitgevind het dat ons nie geskei was nie, het hy gesĂȘ: “Om van jou te skei was die grootste fout van my lewe!”

My man was opgewonde dat God hom op een of ander manier verlos het van geskei wees en het eenvoudig gevra (toe ek hom vertel het wat sy prokureur vir my gesĂȘ het) dat ek vir “niemand vertel” nie, wat beteken het om nie vir die AV te vertel nie. My herstel het nie dadelik gebeur nie, daar was ander toetse wat ek moes slaag en beproewings wat ek moes deurgaan, maar deur dit alles was God getrou.

Toe ek die eerste keer vir my man gesĂȘ het dat ek nie die egskeiding sou betwis nie en dat ek nie ‘n prokureur vir myself sou kry nie (toe ek die HJH boek gelees het), was hy skepties todat hy gesien het dat hy die egskeiding kon verkry sonder dat ek die egskeidingsdokumente onderteken of in die hof opdaag. In Caroline se geval hieronder, het haar man aangedring dat sy opdaag. Deur in gehoorsaamheid te wandel, terwyl sy gebid het om verlos te word, soos jy sal sien, het Caroline my gehelp om weereens deur ‘n egskeiding te gaan, sonder vrees.

Prys God met Onuitspreeklike Vreugde!

My oë is opgeswel van huil, nie van hartseer nie, maar van onuitspreeklike vreugde! My hart is op hierdie oomblik so vol, dat dit moeilik is om regtig uit te druk hoe wonderlik ons Here is en hoe dankbaar ek is vir hierdie bediening en die seëninge wat gehoorsaamheid aan hierdie radikale beginsels vir my gebring het.

God het my gehoorsaamheid om nie ‘n prokureur te verkry nie, nie na my ma, pa, of selfs my pastoor te luister wie my ten sterkste wou inlig dat ek nie net hoef “om te rol” in hierdie verrigtinge nie, gebruik. Hulle wou gehad het dat ek ‘n aggressiewe prokureur moes verkry wat my man die ernstige gevolge vir sy huidige gedrag werklik sou laat voel.

Deur God se ontsagwekkende en ongelooflike genade en ek is seker, die gebede van my eVennoot en die HJH lede; het ek vandag hierdie beginsels gehoorsaam en God vertrou.

Nie net het God finansiĂ«le seĂ«n in die vehoor gebring nie (wat my man vandag ferm gevra het ek moet bywoon), God het my ook gebruik as ‘n getuie vir die hofverteenwoordiger, wie nog nooit “sulke inskiklike en goeie mense” gesien het in al haar jare van deelname aan sommige van die 19 000 egskeidings in ons land nie. (God help ons!)

Maar die belangrikste vir my, na ons meer as ses maande uitmekaar was en jare van my twisgierige gedrag, het ek uiteindelik my man se muur van haat, voor my eie oĂ«, gesien val!! Terwyl ons oor geld en toesig kwessies gepraat het oor die verloop van hierdie twee ure, het God my mond toegemaak en dit slegs oopgemaak wanneer ek iets wonderliks te sĂȘ gehad het oor my man: sy integriteit, sy groot verdienvermoĂ«, sy sorg vir die kinders en sy verantwoordelike manier waarop hy in al ons behoeftes voorsien en ons geld bestuur! Alhoewel ek vroeg op hierdie “geestelike avontuur” berou gehad het, was my man nie oop om enigiets te hoor wat ek wou bely nie (ek is seker dit is omdat hy al baie kere vantevore “godsdienstige” dinge uit my arrogante, eiegeregtige mond gehoor het). God het aangehou om my te verander, so ek het net gewag.

Vandag het God my die geleentheid gegun om aan my man te erken (en aan die klerk): my probleem om geld te hanteer, my disorganisasie, my onverantwoordelikheid en die probleme wat ek in die verlede gehad het deur sterk farmaseutiese middels te gebruik om my chroniese pyn te beheer (wettiglik, maar nou, prys die Here, is ek daarvan af!).

Teen die einde van die “onderhoud”, toe ek erken het dat ek “gek” is, het my man my eintlik weerspreek en my voor die klerk geprys. Hy het gesĂȘ dat ek regtig groot dinge kan produseer wanneer ek my kop daarop sit!! Hy het ook gesĂȘ dat ek sensitief en sorgsaam met die kinders is en hoe baie begrip ek het vir sy veeleisende werkskedule! En ek het God nie eers gevra vir daardie een nie! Prys Hom! Hy het geweet ek het dit nodig gehad!

Terwyl hy voorheen, as ons mekaar gesien het, afsydig en kortaf was, nooit na my gekyk het of meer gepraat het as wat absoluut noodsaaklik was nie; het hy vandag saam met my die hysbak na onder gevat (ek is gestremd) in plaas van die trappe. Toe het hy saam met my uit die gebou geloop en met my iets gedeel oor hoe sy dag gaan wees, en toe (Halleluja!), het hy ingestem om mĂŽreaand saam met ons aandete te eet! Ek het myself gehoor sĂȘ: “As dit te moeilik raak om van die werk af weg te kom, moenie gestres raak daaroor nie. Ek sal nie vir die kinders vertel nie, in geval jy dit nie kan maak nie.” (Huh!? Ek weet waar DIT vandaan gekom het en dit was nie ek nie!)

Hy het gesĂȘ, met oortuiging: “Ek sal dit laat gebeur!” Toe het hy uitgeroep: “Sien jou mĂŽre,” terwyl hy na sy kar toe gehardloop het. As jy enige benul gehad het van hoe sy werk is, sou jy op en af gespring het met lofprysing omdat ons God sy hart genoeg kon draai om selfs net so iets te SÊ!

Ek het na hierdie webwerf gekom om lofverslae te lees wanneer ek moedeloos voel. Net om my stem te verhef in lofprysing tot ons God vir wat Hy vir ander doen, lig my gelaatsuitdrukking en veroorsaak dat “berge versit geloof” in my opstyg. So asseblief, liewe suster, neem nou tyd om jou stem in danksegging en lof te gebruik en prys ons manjifieke, lewende Here, wat selfs ‘n hofverhoor kan neem en dit tot Sy beswil gebruik! En “skep moed” dat God namens jou werk, selfs as jy Hom op hierdie oomblik gehoorsaam!

~ Caroline in Kentucky

Hoeveel van julle het al ‘n verslag soos hierdie aangaande ‘n egskeidingsverhoor gehoor? Nooit. In plaas daarvan, hou almal daarvan om egskeidings “gruwelverhale” te deel om jou sodoende bang te maak, sodat jy ‘n “goeie” prokureur sal kry. Onthou net: “Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie” (Psalms 91:7). In plaas daarvan: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:21). Dank jou prokureur af en vertrou alleenlik op God om jou te verlos en te beskerm. Bid vir geleenthede om jou man te seĂ«n voor en gedurende die egskeiding, as jy nie kan afsien daarvan om vir die verhoor op te daag nie.

As jou man van jou vra om te teken, maak nie saak wat die egskeidingsdokumente sĂȘ nie, jy is nie ‘n medepligtige aan ‘n misdaad nie, jy volg eerder die beginsels wat Jesus ons geleer het wat oorwinning sal bring. Eerstens, Hy het gesĂȘ dat ons ons nie teen die kwaad (dit sluit in egskeiding) moet verset nie, dat ons nie net moet instem om daardie kilometer te loop nie, maar ook die tweede kilometer moet loop (en sonder om gevra te word), en as ons gedagvaar word (dit beteken gedagvaar word vir egskeiding) moet ons gee wat ook al gevra word, dan verder gaan en meer gee!

Dit is nie my mal idee nie, maar God s’n. Hoe Christelike beraders, pastore en Christen vriende hierdie beginsel kan ignoreer, weet ek nie. Hier is die vers weer. Lees dit om te sien hoe duidelik God is oor wat ons veronderstel is om te doen teenoor wat al die ander mense vir ons sĂȘ om te doen.

“Julle het gehoor dat daar gesĂȘ is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sĂȘ vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hĂȘ, ook jou bo-kleed. As ’n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver. ‘GĂ©Ă© vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie’” (Matteus 5:38-42).

Caroline het die oorwinning en die vreugde gehad wat haar nou laat huil, want sy het nederig hof toe gegaan (omdat haar man aangedring het) en het op God vertrou. Sy het die beginsels geken en toegepas wat haar nie net vreedsaam deur die verhoor gekry het nie, maar dit het ook die muur van haat laat val soos sy haar man geseën het in een van die mees radikale geleenthede!

Hier is nog meer verse wat baie min pastore of Christene ken of jou aanmoedig om te volg.

“Gaan iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?” (1 KorintiĂ«rs 6:1).

Dit is ‘n baie ferm Bybelvers. Sal ons God aandurf? As jy bloot kies om in die hof op te daag, staan jy “voor heidense regters.” Party glo dat dit hul geleentheid is om hul situasie reg te maak―nie so nie. Caroline het nie gekies om op te daag nie; haar man het dit op haar afgedwing. Sy het gebid om verlos te word, maar God het ander planne gehad.

“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sĂȘ die Here; soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes” (Jesaja 55:8-9).

Wanneer ons op ons eie insigte staatmaak en ons eie plan maak, sal God eenvoudig eenkant toe staan en toelaat dat jy val sodat jy kan leer dat Sy plan ver bokant jou plan is. Weereens, stap in gehoorsaamheid en indien nodig, bid om verlos te word, maar onthou net, jy is geseĂ«nd as jy deur die vuuroond van ‘n verhoor moet gaan―God het ‘n groter plan en sal jou seĂ«n want jy het met vertroue in Hom deurgegaan. Moet egter nie kies om in die vuuroond te spring nie, of jy kan dalk vind dat jy ‘n martelaar is sonder ‘n oorsaak!

Tog so moeilik as wat dit is om nie ‘n prokureur te behou nie en te weier om vir finansiĂ«le ondersteuning te veg, is daar diegene wat hoĂ«r geroep word, soos Janet in PennsilvaniĂ«:

Jesus, Ons Bron!

Ek prys die Here vir Sy krag wat perfek is in ons swakhede. Hy het dit vir 'n paar maande op my hart gelĂȘ om die eggenote onderhoud te laat vaar wat ek van my man ontvang. Ek het geweet om dit te doen, maar was bang dat ek dit nie met ons twee dogters sou maak nie.

Een aand het God weer met my gepraat oor die onderwerp. Ek het vir my man gesĂȘ ek is bereid om die eggenote en kinder onderhoud te laat vaar. Hy was geskok. Hy het my dadelik gevra hoe ek dit gaan maak. Ek het geantwoord dat ek dit sal maak.

Hy het dit waardeer dat ek die eggenote onderhoud laat vaar het, maar het my nie toegelaat om die kinderonderhoud te laat vaar nie. Hy was dankbaar en ek was gehoorsaam.

Toe ek afgelui het, het ‘n onmiddellike vrede my hart en gedagtes oorval. Ek het begin bid en het ‘n deurbraak in my voorbidding ontvang wat ek vir ‘n lang tyd nie gehad het nie. Ek sou dit deur God se genade maak. Jesus is ons bron—wees geseĂ«nd en wees gehoorsaam. Vertrou en wees gehoorsaam—daar is geen ander manier nie.

~ Janet in Pennsilvanië

Vrede en ‘n oop deur tot God, is iets waarop ons nie ‘n prys kan sit nie. En as ons gewillig is, soos Janet, om in geloof uit te stap, sal God ons seĂ«n.

Ons Oor die Engele Sal Oordeel?

“Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wĂȘreld sal oordeel nie? En as julle oor die wĂȘreld sal oordeel, is julle dan onbevoeg vir sulke geringe hofsake? Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge” (1 KorintiĂ«rs 6:2-3).

In hierdie vers spot God ons, Hy wys ons hoe kleinlik en onbeduidend die sake van hierdie wĂȘreld is in vergelyking met ons lewe saam met Hom.

As ons bang is vir hoe die howe ons sal behandel en probeer om ‘n beroep op hulle te maak (of ons mans of vroue), sal ons God se seĂ«ninge mis. God is in staat om die harte van konings, regters, prokureurs en mans/vroue te draai: Hulle harte is ook in God se hande.

“DIE koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spreuke 21:1).

En dit is wanneer God ons hart sien: iemand wie Hom vertrou, iemand wat Sy beginsels vreugdevol volg en Sy beloftes glo―dit is wat veroorsaak dat Hy daardie ander hart na ons toe draai!

“As julle dan alledaagse regsake het, moet julle diĂ© persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word” (1 KorintiĂ«rs 6:4).

Die howe in my land (die Verenigde State van Amerika) volg nie meer Bybelse leerstellings soos toe hierdie land gestig is nie. Gevolglik het ons uitsprake en laste wat op gelowiges geplaas word wat nie God of ons stigters vaders in gedagte gehad het nie. As jy die howe kies om jou te help, sal jy hulle oordeel bo God se beskerming en voorsiening kies.

Spreuke 29:26 sĂȘ duidelik: “Almal soek die guns van die regeerder, maar dit is die Here wat aan ‘n mens reg laat geskied.”

Selfs in lande wat jou ‘n paar jaar toelaat om te moet wag vir ‘n egskeiding, as jy eenvoudig sĂȘ dat jy dit nie wil hĂȘ nie, sal dit tot gevolg hĂȘ dat jou man jou verafsku omdat jy in die pad staan van wat hy/sy glo hom/haar gelukkig sal maak?!? Jy sal beter doen deur nie op die pad te staan van die goddeloses nie (Psalms 1:1), hou op om jou teen ‘n kwaadwillige mens te verset en loop die ekstra kilometer, gee jou boklere (Matteus 5:39) en kyk hoe God opdaag.

Dit is ook waar vir die gevoel wat jy het om ‘n stelling te maak dat jy nie ‘n egskeiding wil hĂȘ nie.

Toe ek die eerste keer egskeiding in die gesig gestaar het, het ek regtig geglo dat ek dit duidelik aan my man moes maak dat egskeiding nie iets was wat ek wou hĂȘ nie, weereens, omdat ek bang was dat ek ‘n medepligtige sou wees aan die sonde van egskeiding en opeindig soos Ananias se Saffira! (Sien Handelinge 5). Maar hierdie keer was ek deeglik bewus daarvan dat God my hart geken het en Hy ken jou hart ook. Hy het geweet ek wou nie ‘n egskeiding hĂȘ nie en vir my om seker te maak ek het dit aan my man gestel, sou beteken dat ek nog steeds ‘n FariseĂ«r van die ergste soort was.

As jy egter die een was wat aanhoudend oor egskeiding gepraat het, of met egskeiding gedreig het, of jy was die een wie dit geĂŻnisieer het, om dan te sĂȘ dat jy nie een wil hĂȘ nie, sal beslis geregverdig en ‘n baie goeie idee wees. Moenie aanhou om dit te sĂȘ nie, maak dit net duidelik dat dit ‘n fout was as jy die een was wat daaroor gepraat het.

In Kris se situasie, sal jy lees dat God haar ook geroep het tot ‘n hoĂ«r vlak van geloof en gehoorsaamheid. Dit was haar getuienis en geloof, saam met Vivian s’n (wat jy direk na Kris s’n sal lees), wat MY die geloof en moed gegee het om hierdie keer die egskeidingsdokumente te teken toe my man my gevra het om te teken!!

Ek is Waarlik ‘n Nuwe Skepsel in Christus!!

“Ek wil ‘n oomblik neem om my Here en Redder te prys. Hy sal vir jou die genade en vrede gee om deur enigiets te loop as jy net jou hart vir Hom oopmaak.

My man het Vrydag gekom en my gevra om die finale egskeidingsbevel te teken. Ek was in staat om dit te doen met ‘n glimlag en sonder die “drama” wat net vyf maande gelede sou gebeur het. Ek is so dankbaar teenoor die Here omdat Hy vir my die geseĂ«nde geleentheid gegee het om vir HOM te wys dat ek verander het. Die Here het vir my die kans gegee om te sien wat Sy liefde  en geloof in Hom, gedoen het om my te verander. Die Here het vir my gewys dat ek waarlik ‘n nuwe skepsel in Christus is en ek kan nie meer dankbaar wees nie.

Ek was so geseënd omdat die Here die hofverrigtinge vertraag het en verwarring om elke hoek en draai veroorsaak het, maar nou, is dit waarlik in die Here se hande. Van my begrip op hierdie stadium, kan my man en sy prokureur enige dag na die hof toe gaan, vra om op die dossier geplaas te word en die regter sal die dekreet onderteken. Ek word nie benodig nie en sal nie meer enige kennisgewings ontvang voor dit finaal word nie.

Of die Here sal my verlos en die Rooi See skei, of ek sal deur hierdie toets gaan. Hoe dit ook al sy, ek is onbevrees en standvastig. Ek sal jok as ek sĂȘ daar was nie ‘n paar trane nadat my man weg is nie, maar die woorde “ek gee op” het nog nooit in my kop ingekom nie. Die Here het my belowe dat Hy by my sal wees; Hy het belowe Sy Woord is goed; Hy het bevryding belowe; Hy het herstel belowe, as ek standvastig is; Hy het nie belowe dat dit nie ongemaklik sal wees, of selfs nie sal seermaak nie. So, dit is nog ‘n stap wat ‘n bietjie seermaak, dit is nie die einde nie. Die Here kan hierdie egskeiding stop, maar selfs al moet dit deurgaan vir Sy perfekte plan, dan sal ek wag om hierdie ding te sien wat die Here vir my gaan doen.

So, ek dank en prys my Here en hemelse Vader vir alles wat Hy gedoen het en doen, nie net in my huwelik nie, maar in my! Ek dank Hom, want maak nie saak wat ek sien nie, Hy is besig om te werk en sorg vir my man en my kinders. Ek dank Hom dat ek nie tou opgegooi het nie en vir my man die vreugde en vrede kon wys wat van die Here af kom!

As dit lyk of jy nader kom, of op die plek is waar ek nou is, MOENIE MOED OPGEE nie! Vertrou op die Here en bly op die pad. In die aand was daar trane, maar vreugde sal regtig in die oggend kom. God SeĂ«n!”

~ Kris in Texas

 ‘n Maand later het RMI hierdie epos van Kris ontvang:

Liewe Erin en al die wonderlike mense by RMI,

Ek wil julle net bedank omdat julle my lofverslag oor die ondertekening van die egskeidingsdokumente in die April nuusbrief geplaas het. Dit was ‘n tydige herinnering van alles wat die Here in my lewe gedoen het, want die egskeiding het wel in Maart deurgegaan. Sommige vroue het my gevra of ek alles weer sal doen soos ek dit gedoen het (my prokureur laat gaan, onderteken soos ek gevra was, ens.), wetende dat die Here steeds die egskeiding sou laat deurgaan het. Die antwoord is ‘n eenvoudige ja. Ek sal dit weer op dieselfde manier doen.

Ek kan bitter wees (soos wat ek baie ander sien doen het) en dit betreur omdat ek alles gedoen het wat die Here vir Erin gewys het om te doen en Hy het steeds nie die egskeiding gestop in my geval nie, omdat ek dit alles verkeerd gedoen het, en ek raai dat woede kan oorspoel na alle gebiede van my lewe, insluitend my wandel met God. MAAR net omdat dit nie die “gewenste uitkoms” gehad het nie, soos sommige dit sien, het ek nog steeds gedoen wat die Here my aangesĂȘ het om te doen, so dit het die presiese uitkoms gehad wat die Here in gedagte gehad het, wat op sy beurt die gewenste uitkoms vir my ook is. Ek sal vir ander vroue dieselfde advies gee soos in die Staar Egskeiding in die Gesig boek sonder huiwering of voorbehoud, want ek glo die advies kom reguit van die Here.

Van al die dinge wat deur my gedagtes gegaan het (en waarmee ek die laaste paar weke geworstel het), dat ek dinge wat verband hou met die egskeiding anders moes gedoen het volgens HJH beginsels, is nie een daarvan nie. Ek glo dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes en dat alle dinge waarlik vir Hom meewerk ten goede en eendag sal Hy ‘n getuienis in my hĂȘ om daardie einste ding te bewys!

Mag die Here julle almal by RMI ryklik seën!

~ Kris in Texas

My Man se Prokureur Bid vir Geen Egskeiding!

Ek het twee dae gelede, gedurende my middagete, na my man se prokureur toe gegaan om die vrywarings vorms te teken. Ek het God gevra om voor my uit te gaan en my agterhoede te wees. Prys God, Hy was so getrou!

Toe ek die papiere gaan onderteken in gehoorsaamheid aan my man, het sy prokureur my gevra of ek seker was dat hiermee wou voortgaan. Ek het na haar gekyk en gesĂȘ dat ek okay is daarmee. Sy het gevra of ek na die verhoor toe sou gaan ‘n week later. Ek het nee gesĂȘ, aangesien dit nie vir my verpligtend was om dit te doen nie

Sy het vir my gevra: “Sal jy nie daarvan hou om jou man te sien nie?” Ek dink nie ek het haar geantwoord nie. Maar terwyl sy vrae gevra het, het my oĂ« begin traan. Ek hoop sy het nie agtergekom nie. Sy het gevra of ek daaraan gedink het om my man uit te vra. Ek het nee gesĂȘ. Sy het gesĂȘ ons altwee lyk so oulik, want ons was in staat om alles per epos af te handel. Ek het gesĂȘ dat my man ‘n baie goeie man is.

Sy het gesĂȘ: “Hoekom probeer julle twee nie weer nie?” Ek het gesĂȘ ek was ‘n aaklige vrou. Sy het gevra hoekom ons nie ontmoet het nie? Ek het gesĂȘ dat ek dit vir my man sal los. Sy het geglimlag en gesĂȘ dat sy met hom sou praat om my uit te vra! Sy het gesĂȘ gedurende die verhoor word die voorwaardelike egskeidingsbevel (tydelike egskeiding) goedgekeur. En na drie maande, sal dit finaal wees. Sy was so oulik—Ek het regtig gevoel ek gaan ineenstort en huil.

Toe vra sy vir my of ek nog kerk toe gaan. Ek het ja gesĂȘ. Sy het gesĂȘ dat my man vir haar vertel het dat hy ook kerk toe gaan. Sy het weer geglimlag en gesĂȘ dat sy vir ons sal bid. Sy het gesĂȘ ek moenie hoop verloor nie. Sy het my aangemoedig en gesĂȘ daar was nog drie maande voor die egskeiding finaal word. En heeltyd het ek probeer om nie te huil nie. Toe ek uitloop, het sy vir my gesĂȘ dat daar probleme in elke nuwe huwelik is en om nie bekommerd te wees nie.

Ek het nooit gedink dat ek uit ‘n prokureur se kantoor sou stap, nadat ek dokumente onderteken het wat tot egskeiding toestemming gee, en bemoedig sou voel nie! Selfs my man se prokureur bid vir ons! Kyk net hoe werk God!

Inderdaad, ‘n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop! Ek bid nog steeds dat God die egskeiding sal stop as dit Sy wil is, maar as Hy wel toelaat dat dit deurgaan, bid ek dat Hy dit ten GOEDE sal laat meewerk!

Wow Here, Jy is so wonderlik!

~ Vivian in Singapoer

Hoekom Ek Moes Teken

Toe my man my genader het oor die egskeiding—weer, het hy vir my gesĂȘ dat hy my AL ons familie- en besigheidskuld gaan laat oorvat, en dat hy ook nie kinderonderhoud gaan betaal nie, weer.

En laat my iets tussenbeide voeg wat ek dink elkeen van julle moet weet en verstaan. Omdat my man geweet het van my jare lange betrokkenheid by RMI, wat gelei het tot ons herstel, het hy elke oortuiging geken wat ek gehad het. En daarom het hy my oortuigings teen my gebruik. Hy het my ten volle en heeltemal misbruik. Het jy gehoor wat ek gesĂȘ het? Hy het my oortuigings, en die beginsels waarin ek geglo het misbruik, en hy het geweet ek sou volg! Daarom het hy geweet dat hy “daarmee sou wegkom” as hy nie kinderonderhoud betaal nie, al die skuld agterlaat, ens., ens.

Dit is belangrik dat julle verstaan wat ek nou net gesĂȘ het, want so baie van julle is bang dat as julle doen wat reg is, julle misbruik sal word. So God, in al Sy wysheid en liefde vir jou, het my en baie ander vooruit gestuur en ons “opgestel” deur ons in baie moeilike penaries te sit en ons elkeen toegelaat om deur verskillende en baie moeilike valleie te loop vir jou onthalwe.

Hierdie keer was ek nie naĂŻef of onkundig oor wat aangegaan het soos die eerste keer nie. Hierdie keer was ek ten volle bewus van wat hy beplan het om te doen en omdat ek Sy liefde vir my gevoel het, het ek gewillig my lewe neergelĂȘ.

““Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflĂȘ om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lĂȘ dit uit my eie af” (Johannes 10:17-18).

Dit is hoekom ek “entoesiasties” ingestem het, want my man het geweet dat ek nie die egskeidingsdokumente wil onderteken nie, maar toe hy dit aan sy prokureur verduidelik het, is daar vir hom gesĂȘ dat die regter nooit sal instem tot “geen kinderonderhoud” tensy ek die dokumente onderteken nie. En onthou dit, liewe leser, as jy gevra word om te teken, sal dit nie enigstens moeiliker wees vir God om jou huwelik te herstel nie.

“Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27). Sal jy antwoord deur te sĂȘ


“Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie”! (Jeremia 32:17) ...soos gekies word om te doen?

Wetende dat God my tot ‘n hoĂ«r vlak van gehoorsaamheid en vertroue in Hom geroep het, het ek “entoesiasties” vir my man gesĂȘ dat ek sal teken toe hy vir my vertel het wat sy prokureur gesĂȘ het! Ek het geen idee gehad wanneer ek gevra sou word om te teken nie, maar kan jy glo dat God my gelei het om 2 KorintiĂ«rs 20:6-25 te lees die dag VOOR ek gevra was om die finale egskeidingsdokumente te onderteken!

“Josafat het opgestaan in die gemeente van Juda en Jerusalem, in die tempel reg voor die nuwe voorhof, en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie.”

“As U ‘n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons! . . . Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het.”

“Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oĂ« is op U gerig.”

“ . . . So sĂȘ die Here vir julle: ‘Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.’”

“Trek hulle mîre tegemoet . . . Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle mîre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”

Dit is waarnatoe die Here my geneem het die dag voordat ek gevra was om die finale egskeidingsdokumente te onderteken! Dit was nie tot daardie aand wat ek weer na hierdie paragraaf toe gegaan het en opgemerk het dat dit twee keer sĂȘ ek moet hulle mĂŽre tegemoet trek! Dit was meer as genoeg bevestiging wat ek nodig gehad het―maar dalk is dit wat jy nodig gehad het om te hoor om jou te help wanneer jy gevra word!!

As gevolg van die Woord van die Here aan Josafat, het hy die Here geantwoord deur te “kniel, en . . . het voor die Here gebuig en Hom eer betoon.” En toe “opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.”

Wat was die resultaat van hierdie vertoue en lofprysing aan die Here?

Sy vyande het hulself vernietig!!!!

Dit sĂȘ: “Josafat-hulle is die volgende mĂŽre vroeg uit . . . Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: ‘Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.’”

“Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Hulle het God gedank nog voordat Hy enigiets gedoen het!!!

“Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk . . . en hulle het die een neerlaag na die ander gely. . . het hulle mekaar begin uitdelg”!!― “Daar was nie een oorlewende nie.”

En asof dit nie genoeg was nie . . .

“Josafat en sy manskappe het die buit bymekaar kom maak en 'n groot hoeveelheid gekry: persoonlike besittings aan die lyke en allerlei kosbare goed. Hulle het soveel gekry dat hulle dit nie kon dra nie. Drie dae lank was hulle besig om die buit bymekaar te maak, soveel was dit”!!

Die dag wat ek gevra was om die egskeidingsdokumente te onderteken was ‘n dag vol afsprake. Ek het geweet dit moes deel van God se plan wees, sodat ek te besig sou wees om my gedagtes te laat stilstaan by wat ek oppad was om te doen, wat dalk vrees of angstigheid in my kon veroorsaak het. Toe ek ingeloop het om te teken, het ek absoluut geen vrees gehad nie. Ek was in staat om opgewonde en entoesiasties te wees teenoor die prokureur wie my na die kamer gelei het om te teken. My hande het nie geskud of gebewe nie. Dames, dit was God!! Hy het my voorberei vir hierdie “dag van stryd” en ek het geweet dat Hy vir my sou baklei.

Was dit nie vir Kris en Vivian se getuienisse nie, weet ek dat ek nie is staat sou wees om die dokumente “vreesloos” te onderteken nie! God sĂȘ vir ons dat ons in staat sal wees om die bose te oorwin (wie, so terloops, nie jou man/vrou of die am/av is nie) danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het. (Lees Openbaring 12:11.)

Hou altyd in gedagte dat wat God jou vra om vandag of mîre deur te gaan, sal eendag die een getuienis wees wat iemand anders in staat stel om deur iets anders te gaan, ook “vreesloos”! Ek is dankbaar teenoor Kris en Vivian wie die brug gebou het vir my en jou om “vreesloos te onderteken.”

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.