“Waar die hart van vol is,
loop die mond van oor.”
—Matteus 12:34
So baie vroue, mans en veral diegene wat die hoof van hul huishoudings is, val in wat ek beskryf as die “Armoede Mentaliteit.” Groot gesinne word daarmee geteister. Die Armoede Mentaliteit is basies wanneer die frase: “Ek kan dit nie bekostig nie” ‘n persoon se woordeskat oorneem en gou hul harte binne gaan.
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor” (Matteus 12:34).
Dit is so maklik om in hierdie ingesteldheid en geestelike vesting te val, veral wanneer jy die rekeninge betaal en begin om die finansies oor te neem, of probeer om nou met een salaris in plaas van twee “uit te kom.” Dit kan tref wanneer jy kyk wat jou egskeidingsdokumente sê jy gaan kry of wat jy moet betaal, of wanneer jy, soos ek, jou gesin se skuld bymekaar tel in die hoop om jou lenings te konsolideer waarvoor jy nie aansoek gedoen het nie, maar vir die betalings verantwoordelik is.
Tog is dit ‘n strik van die vyand, want dit is in stryd met die Bybel en wie ons Vader is. Ek probeer nie “geestelik snaaks” wees en almal van ons aanmoedig om uit te gaan en alles te koop wat ons wil hê nie, want ons geestelike “Ryk Man” sal daarvoor betaal! Maar laat ons nie soos die wêreld wees en bekommerd wees oor hoe ons dit finansieel sal maak nie, wanneer die Bybel belowe dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien, nie net sommiges nie!
“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” (Filippense 4:19).
As ons God kan glo vir ons verlossing, waarom dan nie God glo vir ons finansiële behoeftes, begeertes en die seëninge wat Hy hunker om vir ons te gee nie?
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (Jesaja 30:18).
God sê sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag (Hebreërs 11:6). So, ons hou aan om vir almal te vertel: “Ons kan dit nie bekostig nie” of “ek weet nie hoe ons dit gaan maak nie,” dit is soos ‘n klap in die gesig van ons hemelse Vader!
Hoe sou jy voel as jou seun of dogter rondgaan en vriende vertel, of skool toe gaan en almal vertel dat hulle nie weet of hulle die volgende week middagete sal kan eet nie? Of as sê jy kan nie bekostig om vir hulle die skoene te koop wat hul nodig het nie? Hoe sou jy voel as hulle jou so in die skande steek? En wat sal mense van jou dink as jy natuurlik vir jou eie kind kan sorg?
Dit is net so as jy jou hemelse Vader en/of Man in die skande steek. Wanneer jy Hom in die skande steek deur vir mense te sê dat al is jy ‘n kind van God (wat jy aan almal bely), of die bruid van die Here van die Leërskare, maar, Hy kan nie of is onwillig om in jou behoeftes te voorsien; dat jy dit skaars kan maak en jy weet nie waar jy genoeg geld gaan kry nie. Dit moet ‘n seer klap in die gesig van die Een wees wat jy bely om lief te hê en te vertrou.
En miskien loop jy nie rond en vertel almal nie, jy hou dit vir jouself, maar jou voorkoms skree dit vir almal! Jou klere is oud omdat jy in jare geen nuwe klere gekoop het nie. Jy laat jou hare uitgroei, of laat nie jou hare gereeld sny nie. Jou kar is vol gemors en die buitekant is vuil. Jy verwaarloos jou voorkoms, want jy het vir jouself gesê jy het nie genoeg geld vir skoene vir jou kinders nie. Jy is die prentjie van armoede, wanneer jy ‘n Hemelse Vader en/of Man het wat alles het wat jy nodig het en wil voorsien, as jy Hom net sal vertrou!
Jy moet dit wat jy het oppas (insluitend jou voorkoms): jou huis, jou grasperk, jou kar (binne en buite), en jou kinders. En wanneer jy iets nodig het, of selfs iets wil hê, vra eenvoudig God die Vader of jou Hemelse Man daarvoor. Hy wag net vir jou om te vra! Hy wil jou met goeie dinge seën, solank jy dit wat Hy vir jou gegee het, oppas
“. . . en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.” (Deutronomium 8:17-18)
As ‘n persoon glo dat hulle arm is, sal hul gesig, voorkoms en wat hulle sê armoede reflekteer. Tog, as ‘n persoon glo dat hulle ryk is (na Sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus), sal hul gesig, voorkoms en alles wat hul sê, rykdom uitstraal!
My eksman het so geïrriteerd geraak omdat ek altyd vir almal gesê het dat ons “ryk” was. Dit het alles jare gelede begin toe ek ‘n baie lang swart man gesien het wat probeer het om ‘n paar pekanneute in ‘n kitskos hamburger restaurant te verkoop, sodat hy iets kon koop om te eet. Toe hulle by die toonbank sê dat hulle nie belangstel nie, het ek na die toonbank gegaan en gevra of ek vir hom ‘n maaltyd kon koop. Hy het gesê: “Nee, dis okei” nadat hy na my gekyk het en toe na die vloer. So uit my mond het toe gekom: “Wel, my man is baie ryk en hy sal wil hê dat ek vir jou iets koop om te eet.” So ek het daarvoor betaal en gaan sit. (Om te sê dat ons ryk was, was nie ‘n leuen nie; in vergelyking met wat hierdie man gehad het—was ons baie ryk!)
Toe die man sy skinkbord met kos gekry het, het hy na my toe geloop en gevra of hy by my kon sit. Ek kon ruik dat hy soos alkohol en urine ryk, maar ek het gesê: “Sit asseblief.” Sonder om op te kyk het hy my gevra: “Hoekom het jy dit gedoen? Hoekom het jy vir my hierdie kos gekoop?” Ek het vir Hom gesê dat God my daarheen gestuur het omdat hy honger was en God wou net hê dat hy moes weet dat Hy hom liefhet. Ek het gesê dat ek oppad was kerk toe vir ‘n herlewingsdiens daardie aand en was nie honger nie, maar ek het gevoel dat ek moes inkom en iets kry om te eet. En toe ek hom sien, het ek geweet hoekom ek moes kom.
Die man het my gevra oor die herlewingsdiens en het gesê dat hy saam met my kerk toe sou gaan. Ek het vir hom gesê daar is geen voorwaardes nie en en dat hy nie nodig gehad het om te gaan nie. Maar hy het gesê dat as ek gewillig is om hom te vat, hy sal gaan.
Aangesien ek laat was, het ek geweet dat daar geen parkering sou wees nie (net paar blokke weg), maar toe ons daar kom, het ek ‘n parkering aan die voorkant gesien. Toe ek ingestap het met hierdie baie vuil swart man, sou jy gedink het dat ek saam met ‘n koning ingestap het! Die plekwysers het oorgekom en hom ‘n koninklike verwelkoming gegee en ‘n sitplek vir “hom” naby die voorkant gevind. En raai wat? Hierdie man was die eerste persoon wat daardie aand na die altaar gehardloop en gehuil het om Jesus te aanvaar!! Ek, aan die ander kant, was “berispe deur die hoof plekwyser” vir my dwaasheid en die gevaar waarin ek myself geplaas het.
My man en kinders het my ook gemaak belowe dat ek nooit weer so iets sou doen nie. Tog, ek is dankbaar teenoor God dat Hy my waardig gevind het om te help in die redding van daardie man se siel en hom gehelp het om vrede te vind.
Ons finansies en rykdom is nie sodat ons rykdom op aarde kan opberg nie, maar sodat ons deur God gebruik kan word (in groot of klein maniere) om Sy koninkryk te bevorder. Maar tensy jy getrou is in klein dingetjies, veral in jou gebrek (op hierdie oomblik), sal jy nooit die rykdom ontvang wat Hy aan jou wil toevertrou nie!
“Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie.
Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie.
Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.’” (Matteus 25:24-29)
Sedert my egskeiding, het ek nog nooit meer geld in my sak gehad of finansiële seëninge om vir Sy koninkryk te gebruik op groot en klein maniere nie! God het my hart gesien (deur my aksies en wat ek gesê het) toe ek hierdie keer finansiële ondergang in die gesig gestaar het en Hy aanhou om my te beloon volgens my geloof in Hom!
Selfs nadat die egskeidingsdokumente onderteken is en ek al ons skuld oorgeneem het (en meer as dit waarvoor my man gevra het), het my eksman my genader vir “’n lening.” Ek het vir hom gesê dat hy enigiets kon vat wat hy wou gehad het, en dat dit nie ‘n lening was nie, maar ‘n geskenk. Ek het vir hom gesê om my net ‘n paar minute te gee om my tjekboek te balanseer sodat hy kon sien wat ek beskikbaar gehad het, en ek het vir hom gesê om dit alles te vat as hy wou. Ek het vir hom gesê dat hy geweet het, beter as wat ek geweet het, wat ek nodig sou hê om die rekeninge te betaal (aangesien hy jare lank die een was wat hulle betaal het).
Ek was later geskok toe ek na die tjekboek kyk, geskok want hy het gevra vir twee-derdes van dit wat in ons rekeninge was (waarop hy nie meer was nie; hy het my na die bank toe gevat om homself af te haal, ek sou hom nie gevra het om dit te doen nie). Ek het vinnig die tjek geskryf en dit aan hom oorhandig. Hy het net gesê: “Dankie.”
Gelukkig keer ons seëninge nie terug na ons van ons mans of eksmans nie—hulle kom van die Here af! Dames, byna onmiddellik het God my ver bokant my wildste drome geseën!!!! Binne ‘n paar minute nadat hy vertrek het, het my eksman gebel en gesê dat ek al ons gereelde vliegmyle, wat hy opgehoop het, kon kry. Dit het my toegelaat om vir die eerste keer te reis.
Toe ons gereelde vliegmyle bespreek was, net nadat die egskeiding aanhangig gemaak was, het die Here my gelei om te vra of ek “net een keer kon reis,” wat hom dalk gelei het om hulle vir my te gee, nadat ek hom mildelik die geld gegee het wat hy nodig gehad het. Die ongelooflike ding is, my eksman het vir my gesê hy raai dat ons waarskynlik ongeveer twee en ‘n half reise se vliegmyle gehad het. Maar omdat ek so entoesiasties instemmend was deur die egskeidingsdokumente te teken en al sy ander vereistes, het hy gesê ek kan alles kry.
So, net nadat ek hom die “lening” as “geskenk” gegee het (onthou, ek het vir hom gesê hy hoef dit nooit terug te betaal nie), en nadat hy dit vir my aangebied het, het hy gekyk hoeveel myle ek sou gebruik vir elke binnelandse vlug. Altwee van ons was totaal geskok toe ek vyf vlugte op een kaart en twee op ‘n ander een, gehad het—7 vlugte sou my niks kos nie!!!
“As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse, en as hy sy mond toehou, vir ‘n verstandige mens” (Spreuke 17:28).
Vir twee jaar kon ek daardie myle gebruik om mense te besoek soos Hy my gelei het, as gevolg van die goedertierenheid van die Here, my nuwe Man, wat my wou seën omdat ek eenvoudig op Hom vertrou het!
En as jy wonder hoekom ek nie aangebied het om die vliegmyle vir my eksman terug te gee toe ek gehoor het hy sukkel nie, was dit omdat die volledige beginsel, soos ek genoem het, is om meer te gee as gevra word en hy het nooit gevra nie!
**Dit is een rede waarom jy (en selfs ek) baie minder het as wat ons sou hê as ons net sou vra en, hoe ons nie misbruik sou word as ons gewag het totdat ons gevra is voordat ons aangebied het nie.
Aangesien ek ‘n beperkte hoeveelheid bladsye in hierdie boek oor het, sal jy my komende boek moet lees, “Breek Los van die Armoede Mentaliteit,” vir al die beginsels en getuienisse wat ek van ander versamel het, terwyl ek my storie met hulle gedeel het. Maar laat ek jou ten minste vertel dat bloot “vra” so ‘n openbaring vir my was, wat gebeur het net voor my egskeiding.
Net maande voor ek geweet het dat my man op die punt was om van my te skei, terwyl ek ‘n televisieprogram gekyk het, het ek ‘n pragtige voorlading wasmasjien en tuimeldroër gesien en ek het my Man daarvan vertel. Toe het Hy gesê: “Hoekom vra jy My nie?” Ek het gesê: “Okei, ek vra!!” en dadelik het my ou wasmasjien begin geraas maak! Ek het so opgewonde geraak en vir my man gesê dat dit beteken dat ek geseën gaan word deur Hom wat my die een gaan gee wat ek op televisie gesien het. Sy kommentaar was: “Jy is dom, dit beteken net dat ons ‘n herstelman nodig het!”
Slegs maande na my egskeiding het ek ‘n pragtige voorlading wasmasjien en tuimeldroër gekry, in swart, wat ‘n droom was vir my!! En elke keer as ek hulle sien, dink ek aan Sy liefde en goedheid teenoor my—wat oorgedra was aan die volgende generasie! Kort na my seun se troue, het ek hom geseën met hierdie (as gevolg van sy groeiende familie) en kyk hoe dank my skoondogter ook die Here elke keer as sy ‘n bondel wasgoed ingooi!
Liewe leser, wat jy ook al doen of nie doen nie, sal deur generasies oorgedra word. So lees hierdie en eis dit in jou hart, nie net vir jou nie, maar vir jou kinders en kleinkinders en komende generasies!
“Die Gees van die oppermagtige Here het op my gekom.
Die Here het my gesalf om goeie nuus te bring vir arm mense.
Hy het my gestuur om dié wat hartseer is, te troos,
om vir die gevangenes vryheid aan te kondig,
en vrylating vir dié in die tronk;
om die genadejaar van die Here aan te kondig,
die dag van afrekening vir ons God.
Maar almal wat treur, troos Hy,
die dag wanneer Hy vir dié wat in Sion treur,
eer gee in plaas van smart,
vreugde in plaas van droefheid,
blydskap in plaas van hartseer.
Die Here het hulle geplant soos sterk
en groot eike om sy roem te vermeerder.
Hulle sal die verlate stede herbou,
en die plekke weer opbou wat lank gelede verwoes is.
Hulle sal die verwoeste stede herstel,
plekke wat vir geslagte lank verlate gelê het.”
—Jesaja 61:1-4NLV
As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.
As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.