Dag 9
Krisis Hoekie...

maar eers ‘n Herstelde Huweliksgetuienis

 

Herstel in Alabama

‘n Tuisskool ma het opgemerk dat ‘n vrou wat sy voorheen by hulle maandelikse vergadering gesien het, baie gewig verloor het. Maar, toe sy haar komplimenteer, het sy in trane uitgebars en gesĂȘ dit was omdat sy “nie kon eet nie.” Haar man het haar en haar ses kindertjies ses weke vantevore gelos! Die tuisskool ma het van ‘n “boek” by ‘n ander tuisskool ma gehoor wie se huwelik nou herstel was. Sy het vir haar gesĂȘ om haar vriendin daarvoor te vra.

Toe sy die “geskuifspelde” bladsye sien wat die vriendin aan haar oorhandig het, het sy getwyfel of enigiets haar kon help. Nietemin, toe sy daardeur gelees het, het sy gevind dat dit al die vrae wat sy gehad het met streng Bybelse antwoorde beantwoord het. In die verlede het sy dikwels probeer om die probleme met haar man “reg te maak” gebaseer op ander huweliks boeke wat sy gelees het of advies van haar vriendinne. Sy het gesĂȘ dat “alles wat sy probeer het, dinge erger gemaak het.” Sy was so desperaat vir die waarheid, maar toe sy al die verse lees, het sy geweet sy het dit uiteindelik gekry.

Sy het gesĂȘ dit het nie lank gevat om verskeie kere deur die boek te lees nie; sy het gesĂȘ sy het elke keer van iets nuuts bewus geword. Sy het opgehou “probeer” om haar man te kry om terug te kom, maar het gekonsentreer op die teksverse wat sy in haar Bybel gemerk het.

In minder as drie weke, toe haar man uiteindelik gekom het om die kinders te sien, was hy verstom oor die verandering in sy vrou. Sy het meer as 22kg verloor vandat hy twee maande vroeër weg is. Maar die mees ongelooflike verandering was haar aangesig en persoonlikheid. Die eens woedende, twisgierige vrou was nou lief, saggeaard en vriendelik teenoor hom, alhoewel hy haar sonder 'n vaarwel gelos het!

Nadat hy haar ‘n volle dag waargeneem het, het hy besluit om te oornag. Haar man is nooit weer weg nie!!

Een Sondagoggend het die tuisskool ma, wie haar van die boek vertel het, die hele familie van agt gesien, besig om ontbyt by ‘n plaaslike restaurant te eet. Hulle het ‘n nuwe kerk bygewoon (wat haar man gekies het) en sy het gesĂȘ dat die hele familie so anders gelyk het—hulle was gelukkig!

~Patricia in Alabama, HERSTEL.

Die tuisskool ma was eintlik Erin Thiele! En Patrice was die vrou wat God gebruik het om die geskuifspelde papiere gepubliseer te kry! Patrice het na Erin se huis toe gegaan en het geweier om te loop voordat Erin haar belowe het om haar “boek” na ‘n uitgewer te neem, Mt. Zion uitgewers omdat Patrice die pastoor geken het. Ten einde vir haar gesin aandete op die tafel te kry, het Erin ingestem, het sy gesĂȘ, want dit was die enigste manier om van haar ontslae te raak.

Dan het ingestem dat sy ten minste moet bel, so Erin het gebel en het ‘n afspraak gemaak om die pastoor te sien wat Patrice so goed geken het. Die dag van die vergadering het Erin in die middel van die nag wakker geword en gevoel dat sy veronderstel was om die “Twisgierige Vrou” hoofstuk by te voeg, alhoewel sy gevoel het dit was op die laaste nippertjie.

Toe Dan en Erin by die uitgewers aangekom het, was hulle meegedeel dat die pastoor daardie oggend na die hospitaal gehaas was, maar hy het Mike (sy hoof man) gevra om die vergadering vir hom waar te neem. Alhoewel Dan gesĂȘ het hy was teleurgesteld, het Erin ‘n gevoel gehad dat dit beteken iets staan op die punt om te “gebeur.” Mike het geduldig en ‘n bietjie belangeloos geluister, toe het hy opgestaan en hulle bedank. Dit was toe wat hy vir Erin gevra het, “is dit jou manuskrip” wat sy vasgehou het. Erin het gesĂȘ sy het nie eens geweet dit was die naam nie, maar sy het haar kop ja geskud. Mike het gevra of dit reg sou wees as hy dit lees en het begin om daardeur te blaai, hy het gestop toe hy by die “Twisgierige Vrou” hoofstuk kom en het weer gaan sit—alles het in ‘n oomblik verander.

Mike het die eerste paar bladsye deurgelees en het hulle toe vertel van 'n vrou wat hy gehelp het wie se man haar verlaat het. Hy was geskok dat dit baie van dieselfde verse was wat hy aan daardie vrou, wie se man ook huis toe gekom het, gegee het.

Dan en Erin het geloop en twee weke het verby gegaan voor Erin die oproep gekry het wat haar lewe sou verander. Die pastoor het geskakel, wie ook die boek gelees het (aangesien Mike ‘n ophef daarvan gemaak het) en het vir Erin gesĂȘ, “Ons wil jou boek publiseer.” Erin het gebewe toe sy die telefoon neergesit het en vir Dan en die kinders daarvan vertel het. Alhoewel Mt. Zion 600 boeke gepubliseer het, het Erin se boek, Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel, hulle top verkoper geword en het meer verkoop as AL hulle ander boeke saam! Die bejaarde pastoor het Erin se geestelike vader geword, het sy gesĂȘ, tot sy dood in 2002. Twee jaar tevore het hy aan Dan voorgestel dat hulle hul eie uitgewers onderneming (NarrowRoad Publishing) begin om tred te hou met die steeds groeiende eise waarmee hul perse nie kon volhou nie.

En daar is meer. 'Herstel in Alabama' wat jy so pas gelees het, is die getuienis wat Michelle in Alabama gelees het toe sy geĂ«is het dat hierdie huwelik NIE die enigste een sou wees wat in Alabama herstel word nie! Hare sou ook wees - en dit WAS! Michelle het “My Man Noem My Pragtig” ingedien wat ek hoop elkeen van julle sal lees nadat julle jul Huweliks Evaluasie ingevul het. Klik hier as jy dit nog nie gelees het nie.

Maak dieselfde eis as Michelle elke keer as jy 'n herstelde huweliks getuienis lees! Koppel dit dan met die gehoorsaamheid wat elkeen van die vroue gemaak het - alles gebaseer op hul Liefde vir die Here!

 

Krisis Hoekie

Het jy jouself in ‘n skielike krisis bevind? Of vind jy dat jy neerslagtig is, baie huil en net depressief is?

Ons hoop hierdie les sal jou leer hoe om gelei te word langs “stille waters” waar die Here jou “siel kan herstel”.

Neem 'n oomblik om te LUISTER ☊ na Sy Beloftes om jou te kalmeer tydens 'n krisis:

☊ Beloftes in 'n Krisis

Lees saam:

"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus." Fillipense 3:14

"...en lĂȘ jy, dan sal jou slaap soet wees." Spreuke 3:24

"Hy laat my neerlĂȘ in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel" Psalm 23:3

"Wanneer hulle jou wil aanval en planne maak teen jou, dan sal hulle planne nie slaag nie. Wanneer my vyande voor U moet kom staan, dan vlug hulle en hulle val en sterf, Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, diĂ© het vergaan. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede." Psalm 21

"Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby... Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees." Fillipense 4:4-9

"Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ." Johannes 10:10

"...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur." Jesaja 55:11

"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra." 1 Korinthiërs 10:13

"Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe" Johannes 11:25

"Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam." Psalm 100:4

"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae." Psalm 23:4-6

Die eerste vraag is:

Na wie toe hardloop jy gewoonlik wanneer ‘n krisis tref? Die telefoon, die internet, om hulp of aanmoediging te kry van ‘n vriendin of familielid?

As jy NIE eerste na die HERE toe gegaan het nie, STOP DAN NOU en kom alleen saam met Hom. Roep tot Hom en bely dat Hy NIE eerste in jou lewe was nie. Maak 'n verbintenis met Hom om NIE met enigiemand te praat voordat jy EERSTE met Hom gepraat het nie. Onthou, Eksodus 20:3 sĂȘ, “Jy mag naas My geen ander gode hĂȘ nie.”

‘n “Skielike Krisis” is van die Vyand

Nadat jy bely het en toegewyd is om EERSTE na die Here toe te gaan, moet jy VERVOLGENS verstaan waar ‘n skielike krisis vandaan kom.

As daar ewe “skielik” 'n krisis tref, is dit iets wat die duiwel aangewakker het om jou VREDE te STEEL. “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom TEË. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wĂȘreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hĂȘ aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak” —1 Petrus 5:8-10.

Jy kan sien dat as jy die vyand TEEN STAAN omdat jy ferm in jou geloof is—omdat jy EERSTE na die HERE toe hardloop—dan kan die vyand jou nie weer by ‘n krans afjaag nie. Hoeveel keer het hy geslaag om jou weer en weer te vernietig net omdat hy in staat was om ‘n krisis te skep wat veroorsaak het dat jy na iemand anders as die Here toe gehardloop het, en dit het aaklig uitgedraai?!?!

Dit is dit jou geloof in God, nie geloof in jouself, nie geloof in jou vriendin, nie geloof in jou pastoor, nie geloof in jou man of kĂȘrel, nie geloof in jou omstandighede nie—maar GELOOF IN GOD—wat jou sal keer om iets te doen waaroor jy SPYT gaan wees. Onthou hierdie vers volgende keer as jy iets probeer doen om die krisis wat die vyand aanwakker, reg te stel, “oorhaastigheid bring foute”—Spreuke 19:2

Wanneer ‘n krisis tref, noudat jy weet WAAR die krisis vandaan kom: MOENIE BEWEEG NIE, MOENIE BEL of MET ENIGIEMAND PRAAT NIE en MOET NOOIT ENIGE BESLUITE MAAK voordat jy kalm is en daar GEEN EMOSIES betrokke is by die gebeurtenis nie.

Hoe?

Hoe kan daar geen emosies betrokke wees nie?

Gaan na jou gebedshoekie (enige plek waar dit stil is en waar jy alleen kan wees: ‘n ruskamer of toilet, jou kar, ‘n kas, jou slaapkamer of kantoor). Rig ‘n “gebedshoekie” in by die huis en by die werk, gaan dan DAARHEEN en bid totdat die angstige gevoel wat jy ervaar verdwyn en jy in plaas daarvan oorstroom word met SY vrede.

En wanneer ek sĂȘ bid, bedoel ek om eenvoudig met God te praat, net soos jy met my sal praat of jou vriendin en vertel HOM alles. Sit dan stil en probeer HOOR wat Hy sĂȘ. Jy kan begin deur Hom ‘n vraag te vra, VERWAG dan om van Hom te HOOR.

“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.”―Johannes 10:27

“Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sĂȘ: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’”―Jesaja 30:21

“Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop”—Spreuke 3:6

“Om die Here te erken” beteken dat jy besef dat Hy by jou is om jou te help, vir jou vrede te bring en jou te lei om te weet wat om te doen. Die belangrikste ding is om NIKS te doen as jy NIE heeltemal seker is dat dit die regte ding is om te doen nie! As jy te vinnig optree, sal dit beslis MEER seer en MEER skade veroorsaak as die aanvanklike krisis of aanval. En so dikwels sal jy agterkom dat die situasie homself oplos wanneer jy wag!

Laat my ‘n voorbeeld deel van te vinnig beweeg gedurende ‘n krisis:

Toe my seuns nogal klein was, het ek en my ma ‘n GROOT, DIK,SWART MERK ontdek wat gekrap was oor die voorkant van ‘n baie duur en diep sentimentele antieke laaikas (my ouers het dit tydens hul wittebrood gekoop terwyl hul van New York Stad na Hollywood toe gery het in die 1930’s).

Toe ek dit gesien het, het ek onmiddelik by die trappe af gehardloop terwyl ek gebid het dat die Here vir my sal sĂȘ wat om te doen. Toe ek by my skoonmaak kabinet kom, het ek gevoel dat die Here vir my sĂȘ om die venster skoonmaakmiddel te bring; maar toe ek bo in die kamer kom met die venster skoonmaakmiddel, het my ma een van die sirkels met haar NAELLAK VERWYDERAAR verwyder! Ja dit het gewerk om die merk af te haal, maar dit het ook ‘n groot wit kol op die hout gelos (‘n merk wat vandag nog daar is, 25 jaar later). Ek het die venster skoonmaakmiddel op die oorblywende krabbel merke gespuit en dit afgevee—alles is af sonder ‘n spoor van die voorval! Alhoewel dit hartseer is dat die stuk vir ewig beskadig is, gebruik ek dit om my te herinner aan die beginsel. Elke keer wat ek die laaikas sien herinner die Here my aan die nagevolge van oorhaastig optree!

Jou fokus op jou Herstel Reis moet wees om te leer om die storms in jou lewe as ‘n ware en volwasse gelowige te DEURSTAAN. Spreuke 3:25 sĂȘ vir ons: "Moenie bang wees dat ‘n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie.” God sĂȘ vir ons in Psalm 55:22: “Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.”

Voor Jou uit Te Gaan

Ek het gevind dat wanneer ek getrou was om naby aan die Here te bly, Hy my altyd VOORBEREI het vir wat HY GEWEET het gaan gebeur. Dit gebeur selfs nou, meer as twee dekades later. Ek is nooit geskok deur enigiets wat gebeur nie. Ek is verbaas, ja, maar onmiddelik sal Hy my herinner aan wat Hy my VOOR die tyd gewys of gesĂȘ het. Hy sĂȘ nie presies wat nie, maar ek weet dat iets kom. Dikwels is dit soos om te verstaan dat die wind ‘n donderstorm voorafgaan, so wanneer die reĂ«n SKIELIK neerstort, is ek gereed met my geestelike sambreel oop.

Hier is ‘n getuienis hoe ek begin besef het dat die Here my sal voorberei vir dit wat voorlĂȘ.

Dit was na aan die einde van my beproewing met my huwelik, wat ek myself een middag op die vloer van ‘n aantrekkamer in ‘n groot afdelingswinkel gevind het, baie na aan trane. Dit was nie iets groot wat gebeur het nie, dit was net dat ek die hele dag een “mini” beproewing na die ander gehad het! Dinge wat my net ontsenu het—alles het verkeerd geloop! So ek het geweet dat ek ‘n “gebedshoekie” moes vind en toe ek die Here gevra het, het Hy my blik na die aantrekkamer in die winkel gedraai. Dit was daar wat ek weer my VREDE gevind het en terwyl ek gebid het, het die Here my “paaie gerig” op ‘n wonderlike manier, weg van ‘n KRISIS wat SKIELIK sou kom.

Toe ek oorweldig gevoel het, het ek meeste van my kinders by ‘n spesifieke deur uitgestuur saam met my ma (ek het gesĂȘ dat ek een ding het om aan te pas) so ek het net my oudste seun by my gehad. Amper hoorbaar, het ek die Here hoor sĂȘ “draai regs!” Ek het instinktief aan my seun se skouer geraak en hom regs gedraai in ‘n gang af. Wat voor ons was, was my man en die AV, teen wie ek die kinders vir maande beskerm het (hulle het niks van haar geweet nie)! As ek nie hierdie reeks beproewings gehad het nie, wat my instinktief na my gebedshoekie toe gebring het sodat ek “ stil” voor die Here kon wees, sou ek nie in staat gewees het om die Here se stil, klein stem te onderskei nie. Die Here was weereens getrou om my kinders te beskerm teen enige kennis of blootstelling aan hierdie persoon in die geselskap van my man (hulle vader)! En op presies die oomblik wat ek omgedraai het, kon ek vir my man aandui dat my seun daar was wie vinnig by die teenoorgestelde uitgang UITGEHARDLOOP het! Dit was ook wonderbaarlik en het die AV woedend gemaak wat gesmeek het om sy kinders te ontmoet.

Onthou “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sĂȘ: Hier is die pad, loop hierlangs.—Jesaja 30:21 wanneer jy jou VREDE vind en eerste na HOM toe gaan.

Hier is nog ‘n voorbeeld van hoe die Here “klein” beproewings gebruik om ons voor te berei vir ‘n groter krisis wat die vyand SKIELIK wil bring sodat jy by ‘n krans kan afhardloop.

Een aand het ek en my kinders terug gekom van ‘n landelike area net buitekant ons dorp. Die kar het begin knetter en stadiger gery. Onmiddelik het ek vir die kinders gesĂȘ om te bid en ons het almal hardop begin bid. Dit het die kar aan die gang gehou, maar net so vinnig as wat ons kon loop. Toe het ons begin om “lofliedere” te sing. Die kar het onmiddelik spoed opgetel, maar wanneer ons opgehou sing het, het die kar ook opgehou. Vir amper ‘n UUR het ons lofliedere vir die Here gesing sonder ophou, wat ons uiteindelik by die huis gebring het. Die kinders was uitgeput (omdat ek hulle hard laat sing het, ha ha) en hulle het reguit met die trappe opgegaan om gereed te maak om te gaan slaap—toe daar SKIELIK ‘n klop aan die deur was.

Toe ek die deur oopgemaak het, het die balju daar gestaan wie gevra het of ek Erin Thiele is. Toe ek “ja” geantwoord het, het hy sy hand met papiere uitgestrek en gesĂȘ, “Jy word gedagvaar vir ‘n egskeiding...teken asb hier.” My knieĂ« het lam gevoel, maar my gees was vol krag en vrede van al die lofliedere wat ons gesing het om ons huis toe te lei. EN selfs belangriker, my kinders was NIE daar om die skrikwekkende ervaring te aanskou nie. Die kinders het altyd ons deur oopgemaak! Was Hy nie daar om ons te lei met die vooraf beproewing nie, sou hulle in die spervuur beland het!

As ek stilgehou het om hulp vir ons bussie te ontbied, sou God nie sy perfekte plan voltooi het van wat HY GEWEET het voorlĂȘ nie. Dit is die kerngedagte—WIE anders as die HERE weet wat voorlĂȘ? Dit is hoekom dit DWAAS is om met enigiemand anders te praat of te luister na enigiemand wanneer die HERE weet wat gaan gebeur! Hy weet wat aangaan (so moenie luister na skinderstories nie, wat gewoonlik, indien nie altyd nie, van die vyand is om jou skrik te maak sodat jy iets simpel sal doen.)

Die Here het meer as een keer siekte gebruik, veral my kinders se siektes, om my te maak “stil” wees of om my “by waters waar rus is te lĂȘ” na ‘n groot aanval — sodat ek kan GENEES. Dit beteken, moenie tye van krisis dwarsboom (om te voorkom om ‘n doel te bereik nie) nie, loof eerder die Here. As jy getrou bly aan Hom, as Sy bruid, sal Hy getrou wees aan jou en een manier sal wees om jou “Sy Maniere” te leer. Jesaja 55:8 sĂȘ “soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optree verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes sĂȘ die Here.” LEER Sy maniere en jy sal ongedeerd deur dinge loop!!

“Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen”—Lukas 10:19

Hy Het My Nederig Gemaak

‘n Maand voor my HR, het ek ‘n semester begin om my Meesters Graad te kry. Ek het gedink hoe wonderlik dit sal wees om nog ‘n graad te hĂȘ en om meer betaal te word. Wel toe my storm met my huwelik begin het, het my AM my nie net laat sit om vir my te vertel van die AV nie, maar hy het gevoel dat dit tyd was om my kinders aan haar voor te stel want die aande wat ek klas gehad het, was sy toevallig in die “omtrek”. Na omtrent nog ‘n maand van klasse bywoon, het ek God gesoek en Hy het baie duidelik met my gepraat. “Lota, wil jy ‘n graad/hoĂ«r titel of ‘n herstelde huwelik hĂȘ”. Ek het gedink of met Hom gepraat en gesĂȘ natuurlik wil ek ‘n herstelde huwelik hĂȘ maar deur verder te leer sal ek myself verbeter om ‘n beter persoon te wees, buitendien het my aardse pa het al hierdie geld betaal sodat ek kan studeer en ek het my AM se ondersteuning gehad. Hulle sal ontsteld wees as ek nou opgee. Hy het weer gepraat, “as jy jouself wil verbeter, bestudeer My, leer oor My, spandeer tyd saam met My”.

Ek het begin om onbedaarlik te huil en jare later bring dit nog steeds trane in my oĂ« om daaroor te skryf . Wetende hoe ons geneig is om onsself te kompliseer of besig te hou en al wat Hy wil hĂȘ is om ons tyd saam met Hom te spandeer. Toe ek vir my pa en AM vertel het dat ek besluit het om my studies by die universiteit te stop, het altwee gesĂȘ dit is reg, net so, geen vrae, geen emosies. Dit was alles Hy. Kort daarna was daar geen AV meer nie en my huwelik was wonderbaarlik herstel.

~ Lota A. in Puerto Rico

 

Moenie Glo Wat Jy DINK Jy Gesien Het Nie

of Wat Jy Gehoor Het Nie

Gewoonlik is dit wat jy vertel is of wat jy dink jy “gesien” het, gedeeltelik OF heeltemal 'n leuen! Joh 8:32 sĂȘ ”... en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Laat ek vir jou 'n wonderlike illustrasie gee: ek het een aand tydens my Herstel Reis saam met my ma en my vier klein kinders op die agtersitplek, huis toe gery. SKIELIK SIEN EK die AV se motor uit ons straat draai (wat een kort doodloopstraat was) met my man wat bestuur en die owerspeelster wat reg langs hom sit! My ma het my verskrik na my gekyk!!

My palms het begin sweet en my hart het uit my borskas geklop! Ek het by die straat afgedraai net om my man se kar voor die huis geparkeer te sien en toe ons binnegaan was my man daar, in ons tuinhuis, besig om geduldig vir ons te sit en wag om huis toe te kom!

Wat het ek dan gesien? Ek weet nie. Ek sal nooit weet nie. Maar my ma en ek het dit ALBEI gesien, nie net ek nie! Ek glo dat die Here my geleer het om nooit alles te glo wat ek “dink” ek sien nie. En veral om nooit iets te glo wat iemand anders gesĂȘ het hulle gesien het nie!!

In ‘n OOMBLIK Verander!!

En selfs wanneer jy werklik iets SIEN—God is in staat om ALLES in ‘n OOMBLIK te verander!! Roep eenvoudig tot Hom wie die see kan kalmeer en verhoed dat jy verdrink:

“Hy sĂȘ vir hulle: ‘Waarom is julle bang kleingelowiges?’ Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.”

“Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesĂȘ: ‘Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?’”―Matt. 8:26; 14:31

Toe dinge begin “rof “ raak het tydens my twee jaar lange Herstel Reis, het die Here my vermaan om die “soom van Sy Klere te gryp.” Die manier waarop ek “Sy Klere probeer gryp” het, was om baie na aan Hom te kom, deur in die Woord te bly, deur baie meer stiltetyd saam met Hom te spandeer en deur Hom meer te probeer hoor. Ek het ook my kerk gelos en enige verpligtinge wat ek kon. Ek het geweet dat om my Herstel Reis te voltooi, ek myself stil moes hou, sodat ek nie verras sou word deur “skielike vrees.” nie. “Want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie,”—Spreuke 3:25-26.

Wat ek gevind het was dat daar rowwe waters vorentoe was en dit het beteken dat my lewe 'n rukkie moes STIL word sodat ek die koers wat Hy voor my gestel het, kon voltooi. Hy het my gewaarsku deur hierdie vers vir my te gee, “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie”—Jesaja 43:2. Vertrou my daar was BAIE rowwe en skrikwekkende waters, maar ek het dit deur elkeen gemaak deur naby aan die Here te bly en jy sal ook!!

“Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; En almal wat dit gedoen het, het gesond geword” Matteus 14:36

Moet NIEMAND met jou toekoms vertrou nie. Moenie na iemand toe hardloop nie, enigiemand, wat NIE in staat is om die storm wat woed te kalmeer nie. Om na iemand toe te gaan wie geen idee het wat vorentoe lĂȘ nie, iets wat die vyand hoop om jou mee te verwoes!!

Ek hoop en bid dat jy sal neem wat jy geleer het en sal soek om die “vrede wat alle vertand te bowe gaan” in die “middel van jou storm” te vind. Dit is die gedagte-ingesteldheid, hart-ingesteldheid en gees-ingesteldheid wat jy outomaties moet kan vind gedurende elke beproewing wat jy in die gesig staar. Slegs dan sal jy jou pad UIT die woestyn vind en deur die rivier beweeg en in jou Beloofde Land in.

Een rede hoekom ons NIE advies gee of probeer om vir jou berading te gee nie, is omdat ons weet ons is NIE God nie en is NIE genoeg nie. Ons weet ook nie wat die toekoms inhou nie, ons weet nie wat regtig aangaan nie en daarom weet ons nie wat die HERE weet nie en wat Hy probeer om vir jou te vertel VOOR dit oor jou kom en jy SKIELIK in ‘n krisis is.

Vind jou Krisis Hoekie, rig ‘n gebedshoekie in om na toe te gaan, deel jou krisis met jou Man, die Here, en NIEMAND ANDERS NIE. Bly daar totdat jy vreedsaam is en maklik Sy stil, klein stem kan hoor. Moet GEEN besluite neem voordat jy nie doodseker is dat jy weet wat Hy vir jou sĂȘ om te doen nie. Moet ook nie enigiemand se opinie vra nie, jy sal net deurmekaar raak.

Ons begeerte is om jou voortdurend aan te moedig om na die Here Jesus Christus te gaan vir AL jou behoeftes, om nie op die arm van die vlees staat te maak nie—ons s’n of enige iemand anders s’n nie.

“So sĂȘ die Here: Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos ‘n kaal bossie in droĂ« wĂȘreld wat nooit water kry nie; ‘n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wĂȘreld waar niemand woon nie.”

“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droĂ« jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie” Jeremia 17:5-8.

Ons moedig jou aan om AL jou VERTROUE op die Here te stel, roep Hom ALLEENLIK aan, maar belangriker, moenie wag vir ‘n krisis nie. Spandeer gereeld tyd saam met die Here. Skep ‘n “gebedshoekie” by die huis en waar jy werk, waarheen jy kan gaan en met die Here praat gedurende die dag, elke dag. Dan, wanneer ‘n krisis tref, gaan soontoe en luister na die Here wat die storms in jou hart kalmeer.

Hoor Geen Boosheid

Een manier wat die vyand BAIE skade kan aanrig (wat ek hoop julle elkeen leer om vir julself te doen) is in die area van wat jy sĂȘ. Voordat ons al die redes gelees het WAAROM ons nie dinge moet sĂȘ nie, maar moet stilbly, het ons baie skade aangerig, reg?

Tog al leer jy om jou tong te beheer, mag daar baie verskillende goed vir jou gesĂȘ word, oor jou--iemand kan selfs vulgĂȘre goed in jou gesig skreeu.

Jou man mag jou dalk laat sit om vir jou allerhande dinge te vertel wat die potensiaal het om onomkeerbare skade te doen, wat jy natuurlik, ten alle koste wil vermy indien moontlik. Daarom, as jy nie dinge sĂȘ om hierdie uitbarsting aan te spoor nie, sal jy baie minder daarvan sien, gewaarborg.

Nou as jy NIE gaan stilbly nie en as jy gaan aanhou om dinge uit jou mond te spuug, dan is daar regtig geen rede vir my om hierdie beginsel aan jou te verduidelik nie. Maar as jy jou tong bewaak en diskreet is oor wat JY sĂȘ, sal jy grootliks voordeel trek uit die volgende beginsel wat ek vir jou wil leer. Dit is gebaseer op die volgende vers:

“Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.”--Psalm 112:7AFR83

“Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here.” Psalm 112:7NLV

Die Here het vir my hierdie vers gegee nadat daar oor en oor vir my dinge gesĂȘ was wat my seergemaak en/of angsbevange gemaak het. My man sou bel of oorkom slegs om te vra om met my te praat en dit sou onvermydelik iets wees wat daarop gemik was om my te vernietig.

Nee, dit was nie my man (of toe hy my eks was) wat my wou vernietig nie. Ek hoop jy verstaan teen hierdie tyd “wie” agter dit alles sit en hoe jou man net 'n slaaf is van die een aan wie hy gehoorsaam is.

“Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van diĂ© een aan wie julle gehoorsaam is. As dit sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe”—Romeine 6:16

Dit beteken dit is nie net dwaas nie, maar dit is gemeen om met iemand te baklei wat net die vuil werk doen van die persoon wat hom gevange hou. Dit is waar dat hy homself in sy sonde vasgevang het “Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde” —Spreuke 5:22. Maar die van ons wat “sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” (Onthou, Jesus het dit oor die vrou gesĂȘ wat in owerspel gevang is.)

Laat ek dit op ‘n ander manier stel: as jy van iemand weet wat in kettings gehou word deur iemand naar en gemeen, wie net vrygelaat word om ‘n wrede of perverse ding by jou te kom aflewer, sal jy regtig met die boodskapper baklei? Ek hoop nie so nie. Dit is die persoon wat die boodskap stuur wat hard getref moet word en dit is daardie persoon wie die ware vyand is..die duiwel homself. *Aan die einde van hierdie les sal ek jou wys hoe om daardie bose ou ‘n blou oog te gee.

Noudat ons dit hopelik opgeklaar het, laat my begin verduidelik HOE en WANNEER om hierdie vers te gebruik.

Eerstens, jy kan nie jou pakkie 3x5 indeks kaartjies uithaal en dit lees wanneer jy hierdie vers nodig het nie, of dit in die Bybel opsoek wat jy op jou selfoon het nie! Jy moet dit in jou hart wegsteek. En selfs as jy “dink” jy is nie goed met memorisering nie, deur hierdie vers elke dag te lees (en ander wat jy nodig het) en veral as jy dit paar keer per dag lees—dan sal jy gou verbaas wees hoe diep dit in jou hart weggesteek is—vir altyd!

Deur God te soek vir wysheid, het Hy my gewys dat my man ‘n gewoonte gehad het om “te vra om met my te praat,” wat die Here gesĂȘ het om aan te dink as ‘n rooi vlag wat in my hart begin waai. En dit was WANNEER die Here gesĂȘ het om die vers wat Hy vir my gegee het, oor en oor te herhaal in my kop en hart!

“Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.”

“Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.”

“Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.”

“Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.”

Wat gebeur as jou aandag afgetrek word deur een persoon terwyl ‘n ander persoon met jou probeer praat? Dis reg--jy kan nie die ander persoon hoor nie! So terwyl ek dit vir die Here gesĂȘ het, kon ek eerlikwaar NIE hoor wat my man regtig gesĂȘ het nie! Ek het genoeg gehoor om te weet wanneer om my kop te skud en hom sodoende te laat weet dat ek gehoor het wat hy sĂȘ en saam stem (sodat hy nie aangehou het om dit te herhaal soos wanneer ek geen reaksie getoon het nie). En ek kon goed genoeg hoor om te antwoord as hy my ‘n vraag gevra het. Maar nie al die woorde kon my hart binnedring nie!

Hoekom het ek die Woord gespreek en nie net vir myself iets gesĂȘ soos “Moenie luister nie, hy bedoel dit nie”? Want in Jesaja 55:11 sĂȘ God,

“So sal die Woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat ek gedoen wil hĂȘ en tot stand bring waarvoor ek dit gestuur het.”

En HOEKOM het Hy Sy Woord gestuur?

“Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom”—Psalm 107:20.

Het dit altyd gewerk? Wel dit was so ‘n verbetering dat ek gedink het dit werk perfek. Maar, ek het gou besef dat wat hy gesĂȘ het, somtyds deur daardie skild van geloof gedring het wat ek opgehou het.  Maar dit het ook baie winsgewend uitgedraai want soos alles, het ek hierdie probleem na die Here toe gevat om vir Hom te vra wat ek moes doen. Wat Hy geantwoord het is so eenvoudig, maar soos alles wat eenvoudig is, ontwyk die eenvoudigheid ons.

Die Here het gesĂȘ, “Vra my.” Wat Hy bedoel het en wat ek begin doen het, was wanneer my man aangespoor was om wrede en gemene dinge vir my te sĂȘ, sou ek die dinge wat ek wel gehoor het (selfs al het ek Psalm 112:7 oor en oor gesĂȘ), later na die Here toe vat. Byvoorbeeld, as hy onhartlik was en gesĂȘ het “Ek kom nooit weer terug nie!!” sou ek die Here daaroor uitvra, en dan het Hy Sy Woord gespreek wat ek ook in my hart weggesteek het,

“ ‘n Mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal hoe hy loop” —Spreuke 16:9.

Wanneer hy gesĂȘ het "ek het geen gevoelens meer vir jou nie” het ek die Here gevra, “Here, hy sĂȘ dat hy nie meer gevoelens het vir my nie, wat sĂȘ jy daaroor?” Dan praat Hy met my hart daaroor, 

Soos Spreuke 21:1 sĂȘ, “Die Here stuur die koning soos Hy wil. Dit is soos ’n stroom water wat Hy afkeer waarheen Hy wil.” is Ek dan nie in staat om ook jou man se hart om te keer nie?

Dan sou Hy aangaan om te sĂȘ, Wie het “geliefdes en vriende van jou af weggeneem” Erin? (deur Psalm 88:19 in my hart weg te steek).  Wie het “my bekendes ver van my af laat staan”? Wie het “jou vir hulle iets afskuweliks” gemaak? (verwysend na Psalm 88:9 wat ek ook in my hart weggesteek het). En ek sou antwoord “U HERE!”

En dan (dit is die BESTE deel) het Hy my hoĂ«r opgevat—ver bo die aardse sake van die hart. Hy sou sĂȘ, “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.” (Jeremia 31:3) en dit is omdat “Ek jou Man is” Erin. “Jy is ‘n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die HERE roep jou terug, want hoe kan ‘n mens sy eie vrou vergeet? SĂȘ jou God”—Jesaja 54:6.

En dit is wanneer my hart “dit sou sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap” (Jesaja 60:5)—ver bokant die VREDE wat ek gesoek het. Dit is toe wat ek in staat was om te sĂȘ, “die liefde verteer my” (Hooglied 5:8). Wat die vyand wou gebruik om my te vernietig (nie my man nie maar wie agter dit gesit het), het weereens vir goed omgedraai! ”Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet diĂ© wat volgens Sy besluit geroep is”—Romeine 8:28.

En soos ek belowe het, dit is hoe jy die vyand ‘n blou oog gee! Om die waarheid met net een vrou te deel, sal soveel skade aanrig aan wie regtig hierdie dinge sĂȘ en dit sal gou veroorsaak dat die vyand ophou om met jou te mors! Dit is wat met my gebeur het. Hoe meer dinge vir my gesĂȘ was, hoe meer het ek die WAARHEID geglo wat Hy vir my gesĂȘ het, wanneer ek Hom GEVRA het. En hoe meer ek geglo het, hoe meer het ek die waarheid met ander gedeel! En toe ek dit uiteindelik besef, het die vyand uiteindelik opgehou om my man te gebruik om sy gemors te spuug. Probeer dit.

Probeer dit self en deel dit dan met ons wanneer jy ons vertel wat jy geleer het. Dan sal jy nie net jouself help nie, jy sal ander help deur die woord van jou getuienis! Dit is die enigste manier wat ons vrouens kan help om die bose een te oorwin, “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis”—Openbaring 12:11

“...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” —Joh 8:32 

Nou is dit tyd om HIER TE KLIK en jou hart aan die Here uit te stort en te joernaal “Wat ek Geleer Het.”  

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui