Het jy jouself in ân skielike krisis bevind?
Of vind jy dat jy neerslagtig is, baie huil en net depressief is? Ons hoop hierdie bladsy sal jou leer hoe om gelei te word langs âstille watersâ waar die Here jou âsiel kan herstelâ.
Neem 'n oomblik om te LUISTER â na Sy Beloftes om jou te kalmeer tydens 'n krisis:
Lees saam:
"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus." Fillipense 3:14
"...en lĂȘ jy, dan sal jou slaap soet wees." Spreuke 3:24
"Hy laat my neerlĂȘ in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel" Psalm 23:3
"Wanneer hulle jou wil aanval en planne maak teen jou, dan sal hulle planne nie slaag nie. Wanneer my vyande voor U moet kom staan, dan vlug hulle en hulle val en sterf, Die vyande het omgekom â puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, diĂ© het vergaan. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede." Psalm 21
"Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby... Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is â watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees." Fillipense 4:4-9
"Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hĂȘ." Johannes 10:10
"...so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur." Jesaja 55:11
"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra." 1 Korinthiërs 10:13
"Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe" Johannes 11:25
"Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam." Psalm 100:4
"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf diĂ© vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teĂ«standers; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae." Psalm 23:4-6                                                                                Â
Die eerste vraag is:
Na wie toe hardloop jy gewoonlik wanneer ân krisis tref? Die telefoon, die internet, om hulp of aanmoediging te kry van ân vriendin of familielid?
As jy NIE eerste na die HERE toe gegaan het nie, STOP DAN NOU en kom alleen saam met Hom. Roep tot Hom en bely dat Hy NIE eerste in jou lewe was nie. Maak 'n verbintenis met Hom om NIE met enigiemand te praat voordat jy EERSTE met Hom gepraat het nie.
EERSTENS: Onthou, Eksodus 20:3 sĂȘ, âJy mag naas My geen ander gode hĂȘ nie.â
ân âSkielike Krisisâ is van die Vyand
Nadat jy bely het en toegewyd is om EERSTE na die Here toe te gaan, moet jy VERVOLGENS verstaan waar ân skielike krisis vandaan kom.
As daar ewe âskielikâ 'n krisis tref, is dit iets wat die duiwel aangewakker het om jou VREDE te STEEL. âWees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ân brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom TEĂ. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wĂȘreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hĂȘ aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ân kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maakâ â1 Petrus 5:8-10.
Jy kan sien dat as jy die vyand TEEN STAAN omdat jy ferm in jou geloof isâomdat jy EERSTE na die HERE toe hardloopâdan kan die vyand jou nie weer by ân krans afjaag nie. Hoeveel keer het hy geslaag om jou weer en weer te vernietig net omdat hy in staat was om ân krisis te skep wat veroorsaak het dat jy na iemand anders as die Here toe gehardloop het, en dit het aaklig uitgedraai?!?!
Dit is dit jou geloof in God, nie geloof in jouself, nie geloof in jou vriendin, nie geloof in jou pastoor, nie geloof in jou man of kĂȘrel, nie geloof in jou omstandighede nieâmaar GELOOF IN GODâwat jou sal keer om iets te doen waaroor jy SPYT gaan wees. Onthou hierdie vers volgende keer as jy iets probeer doen om die krisis wat die vyand aanwakker, reg te stel, âoorhaastigheid bring fouteââSpreuke 19:2
Wanneer ân krisis tref, noudat jy weet WAAR die krisis vandaan kom: MOENIE BEWEEG NIE,
MOENIE BEL of MET ENIGIEMAND PRAAT NIE en MOET NOOIT ENIGE BESLUITE MAAK voordat jy kalm is en daar GEEN EMOSIES betrokke is by die gebeurtenis nie.
Hoe?
Hoe kan daar geen emosies betrokke wees nie?
Gaan na jou gebedshoekie (enige plek waar dit stil is en waar jy alleen kan wees: ân ruskamer of toilet, jou kar, ân kas, jou slaapkamer of kantoor). Rig ân âgebedshoekieâ in by die huis en by die werk, gaan dan DAARHEEN en bid totdat die angstige gevoel wat jy ervaar verdwyn en jy in plaas daarvan oorstroom word met SY vrede.
En wanneer ek sĂȘ bid, bedoel ek om eenvoudig met God te praat, net soos jy met my sal praat of jou vriendin en vertel HOM alles. Sit dan stil en probeer HOOR wat Hy sĂȘ. Jy kan begin deur Hom ân vraag te vra, VERWAG dan om van Hom te HOOR.
âMy skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.ââJohannes 10:27
âWanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sĂȘ: âHier is die pad, loop hierlangs.âââJESAJA 30:21
âKen Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loopââSpreuke 3:6
âOm die Here te erkenâ beteken dat jy besef dat Hy by jou is om jou te help, vir jou vrede te bring en jou te lei om te weet wat om te doen. Die belangrikste ding is om NIKS te doen as jy NIE heeltemal seker is dat dit die regte ding is om te doen nie! As jy te vinnig optree, sal dit beslis MEER seer en MEER skade veroorsaak as die aanvanklike krisis of aanval. En so dikwels sal jy agterkom dat die situasie homself oplos wanneer jy wag!
Laat my ân voorbeeld deel van te vinnig beweeg gedurende ân krisis:
Toe my seuns nogal klein was, het ek en my ma ân GROOT, DIK,SWART MERK ontdek wat gekrap was oor die voorkant van ân baie duur en diep sentimentele antieke laaikas (my ouers het dit tydens hul wittebrood gekoop terwyl hul van New York Stad na Hollywood toe gery het in die 1930âs).
Toe ek dit gesien het, het ek onmiddelik by die trappe af gehardloop terwyl ek gebid het dat die Here vir my sal sĂȘ wat om te doen. Toe ek by my skoonmaak kabinet kom, het ek gevoel dat die Here vir my sĂȘ om die venster skoonmaakmiddel te bring; maar toe ek bo in die kamer kom met die venster skoonmaakmiddel, het my ma een van die sirkels met haar NAELLAK VERWYDERAAR verwyder! Ja dit het gewerk om die merk af te haal, maar dit het ook ân groot wit kol op die hout gelos (ân merk wat vandag nog daar is, 25 jaar later). Ek het die venster skoonmaakmiddel op die oorblywende krabbel merke gespuit en dit afgeveeâalles is af sonder ân spoor van die voorval! Alhoewel dit hartseer is dat die stuk vir ewig beskadig is, gebruik ek dit om my te herinner aan die beginsel. Elke keer wat ek die laaikas sien herinner die Here my aan die nagevolge van oorhaastig optree!
Jou fokus op jou Herstel Reis moet wees om te leer om die storms in jou lewe as ân ware en volwasse gelowige te DEURSTAAN. Spreuke 3:25 sĂȘ vir ons: Moenie bang wees dat ân ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie.â God sĂȘ vir ons in Psalm 55:22: âLaat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.â
Voor Jou uit Te Gaan
Ek het gevind dat wanneer ek getrou was om naby aan die Here te bly, Hy my altyd VOORBEREI het vir wat HY GEWEET het gaan gebeur. Dit gebeur selfs nou, meer as twee dekades later. Ek is nooit geskok deur enigiets wat gebeur nie. Ek is verbaas, ja, maar onmiddelik sal Hy my herinner aan wat Hy my VOOR die tyd gewys of gesĂȘ het. Hy sĂȘ nie presies wat nie, maar ek weet dat iets kom. Dikwels is dit soos om te verstaan dat die wind ân donderstorm voorafgaan, so wanneer die reĂ«n SKIELIK neerstort, is ek gereed met my geestelike sambreel oop.
Hier is ân getuienis hoe ek begin besef het dat die Here my sal voorberei vir dit wat voorlĂȘ.
Dit was na aan die einde van my beproewing met my huwelik, wat ek myself een middag op die vloer van ân aantrekkamer in ân groot afdelingswinkel gevind het, baie na aan trane. Dit was nie iets groot wat gebeur het nie, dit was net dat ek die hele dag een âminiâ beproewing na die ander gehad het! Dinge wat my net ontsenu hetâalles het verkeerd geloop! So ek het geweet dat ek ân âgebedshoekieâ moes vind en toe ek die Here gevra het, het Hy my blik na die aantrekkamer in die winkel gedraai. Dit was daar wat ek weer my VREDE gevind het en terwyl ek gebid het, het die Here my âpaaie gerigâ op ân wonderlike manier, weg van ân KRISIS wat SKIELIK sou kom.
Toe ek oorweldig gevoel het, het ek meeste van my kinders by ân spesifieke deur uitgestuur saam met my ma (ek het gesĂȘ dat ek een ding het om aan te pas) so ek het net my oudste seun by my gehad. Amper hoorbaar, het ek die Here hoor sĂȘ âdraai regs!â Ek het instinktief aan my seun se skouer geraak en hom regs gedraai in ân gang af. Wat voor ons was, was my man en die AV, teen wie ek die kinders vir maande beskerm het (hulle het niks van haar geweet nie)! As ek nie hierdie reeks beproewings gehad het nie, wat my instinktief na my gebedshoekie toe gebring het sodat ek â stilâ voor die Here kon wees, sou ek nie in staat gewees het om die Here se stil, klein stem te onderskei nie. Die Here was weereens getrou om my kinders te beskerm teen enige kennis of blootstelling aan hierdie persoon in die geselskap van my man (hulle vader)! En op presies die oomblik wat ek omgedraai het, kon ek vir my man aandui dat my seun daar was wie vinnig by die teenoorgestelde uitgang UITGEHARDLOOP het! Dit was ook wonderbaarlik en het die AV woedend gemaak wat gesmeek het om sy kinders te ontmoet.
Onthou âWanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ân stem hoor sĂȘ: Hier is die pad, loop hierlangs.âJesaja 30:21 wanneer jy jou VREDE vind en eerste na HOM toe gaan.
Hier is nog ân voorbeeld van hoe die Here âkleinâ beproewings gebruik om ons voor te berei vir ân groter krisis wat die vyand SKIELIK wil bring sodat jy by ân krans kan afhardloop.
Een aand het ek en my kinders terug gekom van ân landelike area net buitekant ons dorp. Die kar het begin knetter en stadiger gery. Onmiddelik het ek vir die kinders gesĂȘ om te bid en ons het almal hardop begin bid. Dit het die kar aan die gang gehou, maar net so vinnig as wat ons kon loop. Toe het ons begin om âlofliedereâ te sing. Die kar het onmiddelik spoed opgetel, maar wanneer ons opgehou sing het, het die kar ook opgehou. Vir amper ân UUR het ons lofliedere vir die Here gesing sonder ophou, wat ons uiteindelik by die huis gebring het. Die kinders was uitgeput (omdat ek hulle hard laat sing het, ha ha) en hulle het reguit met die trappe opgegaan om gereed te maak om te gaan slaapâtoe daar SKIELIK ân klop aan die deur was.
Toe ek die deur oopgemaak het, het die balju daar gestaan wie gevra het of ek Erin Thiele is. Toe ek âjaâ geantwoord het, het hy sy hand met papiere uitgestrek en gesĂȘ, âJy word gedagvaar vir ân egskeiding...teken asb hier.â My knieĂ« het lam gevoel, maar my gees was vol krag en vrede van al die lofliedere wat ons gesing het om ons huis toe te lei. EN selfs belangriker, my kinders was NIE daar om die skrikwekkende ervaring te aanskou nie. Die kinders het altyd ons deur oopgemaak! Was Hy nie daar om ons te lei met die vooraf beproewing nie, sou hulle in die spervuur beland het!
As ek stilgehou het om hulp vir ons bussie te ontbied, sou God nie sy perfekte plan voltooi het van wat HY GEWEET het voorlĂȘ nie. Dit is die kerngedagteâWIE anders as die HERE weet wat voorlĂȘ? Dit is hoekom dit DWAAS is om met enigiemand anders te praat of te luister na enigiemand wanneer die HERE weet wat gaan gebeur! Hy weet wat aangaan (so moenie luister na skinderstories nie, wat gewoonlik, indien nie altyd nie, van die vyand is om jou skrik te maak sodat jy iets simpel sal doen.)
Die Here het meer as een keer siekte gebruik, veral my kinders se siektes, om my te maak âstilâ wees of om my âby waters waar rus is te lĂȘâ na ân groot aanval â sodat ek kan GENEES. Dit beteken, moenie tye van krisis dwarsboom (om te voorkom om ân doel te bereik nie) nie, loof eerder die Here. As jy getrou bly aan Hom, as Sy bruid, sal Hy getrou wees aan jou en een manier sal wees om jou âSy Maniereâ te leer. Jesaja 55:8 sĂȘ âsoos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optree verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes sĂȘ die Here.â LEER Sy maniere en jy sal ongedeerd deur dinge loop!!
âKyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoenââLukas 10:19
STROME IN DIE WOESTYN
366 DAAGLIKSE
TOEWYDING LEESSTUKKE
DEUR L. B. COWMAN
1 Februarie
Dit kom van My af. (1 Konings 12:24)
Die teleurstellings van die lewe is eenvoudig die weggesteekte afspraak van liefde. C. A. Fox
My kind, ek het vandag vir jou ân boodskap. Laat ek dit in jou oor fluister sodat enige storm wolke wat mag opsteek, met glorie sal skyn en die rowwe plekke waar jy mag loop, glad gemaak sal word. Dit is slegs vyf woorde, maar laat dit in jou diepste wese insink en gebruik dit as ân kussing om jou vermoeide kop te rus. âDit kom van My af.â
Het jy ooit besef dat wat ook al jou raak, My ook raak? âwant wie julle aanraak, raak sĂœ [MY] oogappel aanâ (Sag. 2:8). âOmdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhetâ (Jes. 43:4). Daarom is dit my goeie plesier om jou te leer.
Ek wil hĂȘ jy moet leer dat wanneer versoekings jou aanval en die vyand soos âân opgedamde vloedâ (Jes. 59:19) aankom, âdit kom van My afâ en dat jou swakheid My krag nodig het en jou veiligheid lĂȘ daarin om My toe te laat om vir jou te baklei.
Is jy in moeilike omstandighede, omring deur mense wat jou nie verstaan nie, nooit jou opinie vra nie en jou altyd eenkant toe stoot? âDit kom van My af.â Ek is die God van omstandighede. Jy het nie per ongeluk by hierdie plek gekom nieâjy is presies waar Ek jou wou gehad het.
Het jy My nie gevra om jou nederig te maak nie? Sien dan dat ek jou in die perfekte skool gesit het waar hierdie les aangebied word. Jou omstandighede en die mense rondom jou word slegs gebruik om My wil te bereik.
Het jy probleme met geld, vind jy dit moeilik om ân bestaan te maak? âDit kom van My af,â want ek is die Een wat jou finansies hou en Ek wil hĂȘ jy moet leer om staat te maak op my. My voorraad is onbeperk en Ek sal âvoorsien in elke behoefeâ (Fil. 4:19). Ek wil hĂȘ jy moet My beloftes bewys sodat niemand kan sĂȘ, âJulle weier om die Here julle God te vertrouâ nie (Deut. 1:32).
Ervaar jy ân tydperk van hartseer? âDit kom van My af.â Ek is âIemand wat leed en pyn geken hetâ (Jes. 53:3). Ek het toegelaat dat jou aardse vertroosters jou in die steek laat, sodat as jy na My toe draai jy âân ewige troos en ân goeie vooruitsigâ sal kryâ (2 Tes. 2:16). Het jy gehunker om vir My groot werk te doen maar is eenkant gesit op ân bed van siekte en pyn? âDit kom van My af.â Jy was so besig ek kon nie jou aandag kry nie en Ek wou vir jou van My diepste waarhede leer. âHulle wat slegs staan en wag, dien ook.â In werklikheid, party van My beste werkers is diĂ© wat fisies nie in staat is om te dien nie, maar wie geleer het om die kragtige gebedswapen te gebruik.
Vandag plaas ek ân koppie heilige olie in jou hande. Gebruik dit vrylik, My kind. Salf daarmee elke nuwe omstandigheid, elke woord wat jou seermaak, elke onderbreking wat jou ongeduldig maak en elke swakheid wat jy het. Die pyn sal weggaan soos wat jy leer om My in alles te sien.
Laura A. Barter Snow
âDit kom van My af,â het die Redder gesĂȘ,
Terwyl Hy laag buig en my voorkop soen,
âWant Een wat jou so liefhet, het gelei.
Rus net in My, wees nou geduldig,
Jou Vader weet jy het dit nodig,
Maar hoekom kan jy nie sien nieâ
Treur nie oor dinge wat dit lyk asof jy dit mis nie.
Die ding wat ek stuur is die beste vir jou.â
Toe ek deur my trane kyk, het ek gepleit,
âLiewe Here, vergewe, ek het nie geweet nie,
Dit sal nie moeilik wees nie, want U loop,
Op elke pad hieronder voor my. â
En vir my beswil moet hierdie ding wees,
Sy genade vir elkeen om te toets.
So steeds sal ek sing, â'Hoe dit ook al sy
God se weg vir my is altyd die beste.â
      Â
Moenie Glo Wat Jy DINK Jy Gesien Het Nie
of Wat Jy Gehoor Het Nie
Gewoonlik is dit wat jy vertel is of wat jy dink jy âgesienâ het, gedeeltelik OF heeltemal 'n leuen! Joh 8:32 sĂȘ â... en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.â
Laat ek vir jou 'n wonderlike illustrasie gee: ek het een aand tydens my Herstel Reis saam met my ma en my vier klein kinders op die agtersitplek, huis toe gery. SKIELIK SIEN EK die AV se motor uit ons straat draai (wat een kort doodloopstraat was) met my man wat bestuur en die owerspeelster wat reg langs hom sit! My ma het my verskrik na my gekyk!!
My palms het begin sweet en my hart het uit my borskas geklop! Ek het by die straat afgedraai net om my man se kar voor die huis geparkeer te sien en toe ons binnegaan was my man daar, in ons tuinhuis, besig om geduldig vir ons te sit en wag om huis toe te kom!
Wat het ek dan gesien? Ek weet nie. Ek sal nooit weet nie. Maar my ma en ek het dit ALBEI gesien, nie net ek nie! Ek glo dat die Here my geleer het om nooit alles te glo wat ek âdinkâ ek sien nie. En veral om nooit iets te glo wat iemand anders gesĂȘ het hulle gesien het nie!!
In ân OOMBLIK Verander!!
En selfs wanneer jy werklik iets SIENâGod is in staat om ALLES in ân OOMBLIK te verander!! Roep eenvoudig tot Hom wie die see kan kalmeer en verhoed dat jy verdrink:
âHy sĂȘ vir hulle: âWaarom is julle bang kleingelowiges?â Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.â
âDadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesĂȘ: âKleingelowige, waarom het jy begin twyfel?âââMatt. 8:26; 14:31
Toe dinge begin ârof â raak het tydens my twee jaar lange Herstel Reis, het die Here my vermaan om die âsoom van Sy Klere te gryp.â Die manier waarop ek âSy Klere probeer grypâ het, was om baie na aan Hom te kom, deur in die Woord te bly, deur baie meer stiltetyd saam met Hom te spandeer en deur Hom meer te probeer hoor. Ek het ook my kerk gelos en enige verpligtinge wat ek kon. Ek het geweet dat om my Herstel Reis te voltooi, ek myself stil moes hou, sodat ek nie verras sou word deur âskielike vrees.â nie. âWant die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie,ââSpreuke 3:25-26.
Wat ek gevind het was dat daar rowwe waters vorentoe was en dit het beteken dat my lewe 'n rukkie moes STIL word sodat ek die koers wat Hy voor my gestel het, kon voltooi. Hy het my gewaarsku deur hierdie vers vir my te gee, âAs jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nieââJesaja 43:2. Vertrou my daar was BAIE rowwe en skrikwekkende waters, maar ek het dit deur elkeen gemaak deur naby aan die Here te bly en jy sal ook!!
âHulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak; En almal wat dit gedoen het, het gesond gewordâ Matteus 14:36
Moet NIEMAND met jou toekoms vertrou nie. Moenie na iemand toe hardloop nie, enigiemand, wat NIE in staat is om die storm wat woed te kalmeer nie. Om na iemand toe te gaan wie geen idee het wat vorentoe lĂȘ nie, iets wat die vyand hoop om jou mee te verwoes!!
Ek hoop en bid dat jy sal neem wat jy geleer het en sal soek om die âvrede wat alle vertand te bowe gaanâ in die âmiddel van jou stormâ te vind. Dit is die gedagte-ingesteldheid, hart-ingesteldheid en gees-ingesteldheid wat jy outomaties moet kan vind gedurende elke beproewing wat jy in die gesig staar. Slegs dan sal jy jou pad UIT die woestyn vind en deur die rivier beweeg en in jou Beloofde Land in.
Een rede hoekom ons NIE advies gee of probeer om vir jou berading te gee nie, is omdat ons weet ons is NIE God nie en is NIE genoeg nie. Ons weet ook nie wat die toekoms inhou nie, ons weet nie wat regtig aangaan nie en daarom weet ons nie wat die HERE weet nie en wat Hy probeer om vir jou te vertel VOOR dit oor jou kom en jy SKIELIK in ân krisis is.
Vind jou Krisis Hoekie, rig ân gebedshoekie in om na toe te gaan, deel jou krisis met jou Man, die Here, en NIEMAND ANDERS NIE. Bly daar totdat jy vreedsaam is en maklik Sy stil, klein stem kan hoor. Moet GEEN besluite neem voordat jy nie doodseker is dat jy weet wat Hy vir jou sĂȘ om te doen nie. Moet ook nie enigiemand se opinie vra nie, jy sal net deurmekaar raak.
Ons begeerte is om jou voortdurend aan te moedig om na die Here Jesus Christus te gaan vir AL jou behoeftes, om nie op die arm van die vlees staat te maak nieâons sân of enige iemand anders sân nie.
âSo sĂȘ die Here: Daar rus ân vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos ân kaal bossie in droĂ« wĂȘreld wat nooit water kry nie; ân bossie wat in ân klipwoestyn staan, in ân brak wĂȘreld waar niemand woon nie.â
âDit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ân veilige vesting is; so iemand is soos ân boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ân droĂ« jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nieâ Jeremia 17:5-8.
Ons moedig jou aan om AL jou VERTROUE op die Here te stel, roep Hom ALLEENLIK aan, maar belangriker, moenie wag vir ân krisis nie. Spandeer gereeld tyd saam met die Here. Skep ân âgebedshoekieâ by die huis en waar jy werk, waarheen jy kan gaan en met die Here praat gedurende die dag, elke dag. Dan, wanneer ân krisis tref, gaan soontoe en luister na die Here wat die storms in jou hart kalmeer.
Hoor Geen Boosheid
Een manier wat die vyand BAIE skade kan aanrig (wat ek hoop julle elkeen leer om vir julself te doen) is in die area van wat jy sĂȘ. Voordat ons al die redes gelees het WAAROM ons nie dinge moet sĂȘ nie, maar moet stilbly, het ons baie skade aangerig, reg?
Tog al leer jy om jou tong te beheer, mag daar baie verskillende goed vir jou gesĂȘ word, oor jou--iemand kan selfs vulgĂȘre goed in jou gesig skreeu.
Jou man mag jou dalk laat sit om vir jou allerhande dinge te vertel wat die potensiaal het om onomkeerbare skade te doen, wat jy natuurlik, ten alle koste wil vermy indien moontlik. Daarom, as jy nie dinge sĂȘ om hierdie uitbarsting aan te spoor nie, sal jy baie minder daarvan sien, gewaarborg.
Nou as jy NIE gaan stilbly nie en as jy gaan aanhou om dinge uit jou mond te spuug, dan is daar regtig geen rede vir my om hierdie beginsel aan jou te verduidelik nie. Maar as jy jou tong bewaak en diskreet is oor wat JY sĂȘ, sal jy grootliks voordeel trek uit die volgende beginsel wat ek vir jou wil leer. Dit is gebaseer op die volgende vers:
âVir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.ââPsalm 112:7AFR83
âVir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here.ââPsalm 112:7NLV
Die Here het vir my hierdie vers gegee nadat daar oor en oor vir my dinge gesĂȘ was wat my seergemaak en/of angsbevange gemaak het. My man sou bel of oorkom slegs om te vra om met my te praat en dit sou onvermydelik iets wees wat daarop gemik was om my te vernietig.
Nee, dit was nie my man (of toe hy my eks was) wat my wou vernietig nie. Ek hoop jy verstaan teen hierdie tyd âwieâ agter dit alles sit en hoe jou man net 'n slaaf is van die een aan wie hy gehoorsaam is.
âJulle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van diĂ© een aan wie julle gehoorsaam is. As dit sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en leweââRomeine 6:16
Dit beteken dit is nie net dwaas nie, maar dit is gemeen om met iemand te baklei wat net die vuil werk doen van die persoon wat hom gevange hou. Dit is waar dat hy homself in sy sonde vasgevang het âDie oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sondeâ âSpreuke 5:22. Maar die van ons wat âsondeloos is, die eerste een wees wat ân klip na haar gooi.â (Onthou, Jesus het dit oor die vrou gesĂȘ wat in owerspel gevang is.)
Laat ek dit op ân ander manier stel: as jy van iemand weet wat in kettings gehou word deur iemand naar en gemeen, wie net vrygelaat word om ân wrede of perverse ding by jou te kom aflewer, sal jy regtig met die boodskapper baklei? Ek hoop nie so nie. Dit is die persoon wat die boodskap stuur wat hard getref moet word en dit is daardie persoon wie die ware vyand is..die duiwel homself. *Aan die einde van hierdie les sal ek jou wys hoe om daardie bose ou ân blou oog te gee.
Noudat ons dit hopelik opgeklaar het, laat my begin verduidelik HOE en WANNEER om hierdie vers te gebruik.
Eerstens, jy kan nie jou pakkie 3x5 indeks kaartjies uithaal en dit lees wanneer jy hierdie vers nodig het nie, of dit in die Bybel opsoek wat jy op jou selfoon het nie! Jy moet dit in jou hart wegsteek. En selfs as jy âdinkâ jy is nie goed met memorisering nie, deur hierdie vers elke dag te lees (en ander wat jy nodig het) en veral as jy dit paar keer per dag leesâdan sal jy gou verbaas wees hoe diep dit in jou hart weggesteek isâvir altyd!
Deur God te soek vir wysheid, het Hy my gewys dat my man ân gewoonte gehad het om âte vra om met my te praat,â wat die Here gesĂȘ het om aan te dink as ân rooi vlag wat in my hart begin waai. En dit was WANNEER die Here gesĂȘ het om die vers wat Hy vir my gegee het, oor en oor te herhaal in my kop en hart!
âVir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.â
âVir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.â
âVir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.â
âVir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die HERE.â
Wat gebeur as jou aandag afgetrek word deur een persoon terwyl ân ander persoon met jou probeer praat? Dis reg--jy kan nie die ander persoon hoor nie! So terwyl ek dit vir die Here gesĂȘ het, kon ek eerlikwaar NIE hoor wat my man regtig gesĂȘ het nie! Ek het genoeg gehoor om te weet wanneer om my kop te skud en hom sodoende te laat weet dat ek gehoor het wat hy sĂȘ en saam stem (sodat hy nie aangehou het om dit te herhaal soos wanneer ek geen reaksie getoon het nie). En ek kon goed genoeg hoor om te antwoord as hy my ân vraag gevra het. Maar nie al die woorde kon my hart binnedring nie!
Hoekom het ek die Woord gespreek en nie net vir myself iets gesĂȘ soos âMoenie luister nie, hy bedoel dit nieâ? Want in Jesaja 55:11 sĂȘ God,
âSo sal die Woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat ek gedoen wil hĂȘ en tot stand bring waarvoor ek dit gestuur het.â
En HOEKOM het Hy Sy Woord gestuur?
âHy het hulle met ân enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkomââPsalm 107:20.
Het dit altyd gewerk? Wel dit was so ân verbetering dat ek gedink het dit werk perfek. Maar, ek het gou besef dat wat hy gesĂȘ het, somtyds deur daardie skild van geloof gedring het wat ek opgehou het. Maar dit het ook baie winsgewend uitgedraai want soos alles, het ek hierdie probleem na die Here toe gevat om vir Hom te vra wat ek moes doen. Wat Hy geantwoord het is so eenvoudig, maar soos alles wat eenvoudig is, ontwyk die eenvoudigheid ons.
Die Here het gesĂȘ, âVra my.â Wat Hy bedoel het en wat ek begin doen het, was wanneer my man aangespoor was om wrede en gemene dinge vir my te sĂȘ, sou ek die dinge wat ek wel gehoor het (selfs al het ek Psalm 112:7 oor en oor gesĂȘ), later na die Here toe vat. Byvoorbeeld, as hy onhartlik was en gesĂȘ het âEk kom nooit weer terug nie!!â sou ek die Here daaroor uitvra, en dan het Hy Sy Woord gespreek wat ek ook in my hart weggesteek het,
âân Mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal hoe hy loopâ âSpreuke 16:9.
Wanneer hy gesĂȘ het "ek het geen gevoelens meer vir jou nieâ het ek die Here gevra, âHere, hy sĂȘ dat hy nie meer gevoelens het vir my nie, wat sĂȘ jy daaroor?â Dan praat Hy met my hart daaroor,Â
Soos Spreuke 21:1 sĂȘ, â'Die Here stuur die koning soos Hy wil. Dit is soos ân stroom water wat Hy afkeer waarheen Hy wil.â is Ek dan nie in staat om ook jou man se hart om te keer nie?
Dan sou Hy aangaan om te sĂȘ,
Wie het âgeliefdes en vriende van jou af weggeneemâ Erin? (deur Psalm 88:19 in my hart weg te steek). Wie het âmy bekendes ver van my af laat staanâ? Wie het âjou vir hulle iets afskuweliksâ gemaak? (verwysend na Psalm 88:9 wat ek ook in my hart weggesteek het). En ek sou antwoord âU HERE!â
En dan (dit is die BESTE deel) het Hy my hoĂ«r opgevatâver bo die aardse sake van die hart. Hy sou sĂȘ, âEk het jou lief met ân liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.â (Jeremia 31:3) en dit is omdat âEk jou Man isâ Erin.
âJy is ân verstote en bitter bedroefde vrou, maar die HERE roep jou terug, want hoe kan ân mens sy eie vrou vergeet? SĂȘ jou GodââJesaja 54:6.En dit is wanneer my hart âdit sou sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskapâ (Jesaja 60:5)âver bokant die VREDE wat ek gesoek het. Dit is toe wat ek in staat was om te sĂȘ, âdie liefde verteer myâ (Hooglied 5:8). Wat die vyand wou gebruik om my te vernietig (nie my man nie maar wie agter dit gesit het), het weereens vir goed omgedraai! âOns weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet diĂ© wat volgens Sy besluit geroep isââRomeine 8:28.
En soos ek belowe het, dit is hoe jy die vyand ân blou oog gee! Om die waarheid met net een vrou te deel, sal soveel skade aanrig aan wie regtig hierdie dinge sĂȘ en dit sal gou veroorsaak dat die vyand ophou om met jou te mors! Dit is wat met my gebeur het. Hoe meer dinge vir my gesĂȘ was, hoe meer het ek die WAARHEID geglo wat Hy vir my gesĂȘ het, wanneer ek Hom GEVRA het. En hoe meer ek geglo het, hoe meer het ek die waarheid met ander gedeel! En toe ek dit uiteindelik besef, het die vyand uiteindelik opgehou om my man te gebruik om sy gemors te spuug. Probeer dit.
Probeer dit self en deel dit dan met ons wanneer jy ons vertel wat jy geleer het. Dan sal jy nie net jouself help nie, jy sal ander help deur die woord van jou getuienis! Dit is die enigste manier wat ons vrouens kan help om die bose een te oorwin, âEn hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienisââOpenbaring 12:11Â
Is jy op soek na 'n âvrede'â wat ALLE verstand te bowe gaan?
Onthou jy op Uiteindelikhoop, toe ek gesĂȘ het dat my man my verlaat het vir die ander vrou, ek alreeds ân Christen was? Maar ek het Hom nooit regtig Here van my lewe gemaak nie. As dit jy was of as jy nog nooit ân persoonlike verhouding met die Here gehad het nie, is hierdie die perfekte tyd om hierdie lewens-veranderende stap te neem na ân lewe gevul en oorvloedig met vrede.
Wat nog belangriker is as jou huweliks probleme (of enige ander verhouding of situasie wat nou vir jou pyn veroorsaak), is om jou geestelike toestand te verbeterâwat ELKE area van jou lewe sal verander.
Meeste vroue wat verneuk of verlaat is, gaan alleen en bang deur hulle krisis, met geen idee wat om te doen nie. Wat jy regtig nodig het is IEMAND wie die toekoms ken en die koers van jou lewe kan veranderâen WIE jou nooit sal verlaat of versaak nieâNOOIT, OOIT nie!
En nie alleen sal Hy jou verander EN troos nie, Hy kan in werklikheid die hart van jou eggenoot of jou ouer kinders of enigiemand wat betrokke is, draai. Hy belowe om jou te troos as daar niemand in die omtrek is nie, niemand wat verstaan nie en Hy sal jou vat en onder Sy vleuels wegsteek. Hy sal jou vul met die liefde wat jy slegs kon droom bestaan, wat (oor tyd) is wat jy sal gebruik om jou eggenoot lief te hĂȘ. Hy kan ook jou gebroke of seer liggaam genees en jou finansies seĂ«n. God is in staat om die onmoontlike in ALLES te doen, solank ons ons harte vir Hom gee en Hom eenvoudig vra om hulp.
"Niks is vir God onmoontlik nie."âLUKAS 1:37
Elkeen van ons wat herstelde huwelike ervaar het, sal jou eerlik vertel dat elke keer wat ons die ergste ervarings van ons lewens deurgemaak het (krisisse wat uiteindelik die meeste sou vernietig), het elkeen ân vrede gehad wat alle verstand te bowe gaan! En hoe meer jy van God het, hoe meer sal jy skyn en uiteindelik voordeel trek uit die tipe krisisse wat meeste mense sal breek.
Wat opwindend is, is dat wanneer mense uitvind waardeur jy gegaan het (veral reg in die middel van die krisis), sal hulle nie glo hoe jy so ân kalm gees en vreugdevolle aangesig kan hĂȘ nieâen wanneer noodsaaklik, vergifnis!
As jy eers regtig Sy vergifnis ervaar het, sal jy vind dat Hy jou sal help om almal te VERGEWE wat jou seergemaak of beledig het! Vergifnis sal jou laste lig en jou gemartelde siel genees.
Dalk was daar tye wat jy oor gebed gedink het, maar jy het net nie geweet hoe nie. Glo dit of nie, die beste gebed is om net met God te praat. Hy wil nie regtig formele of blommerige gebede hĂȘ nie. Hy is mal daaroor om ân hartlike gesprek met jou te hĂȘ.
SO STOP ASSEBLIEF NOU.
- Vertel God net in jou eie woorde dat jy Hom nodig hetâdadelik om jou te help EN as jy nie regtig weet of God ooit bestaan nie, dan vra God om Homself vir jou ân realiteit te maak.
- Nou dadelik, gee jou lewe vir die Hereâân lewe wat opgemors is. ân Lewe vol pyn en verwarring en vra Hom om alles NUUT te maak! Gee vir Hom jou hart en begin dan om Sy LIEFDE te ervaar wat so werklik en vol medelye is dat jy uiteindelik VREUGDE sal vindâiets wat niemand ooit van jou af kan wegvat nie!
ââMoenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesĂȘ het julle moet van bo gebore word nie.â Jesus het geantwoord: âEk verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan nie.ââ JOHANNES 3:7, 3:5
As jy gestop het en jou opgemorste lewe vir die Here gegee het, dan sal jou toekoms van die oomblik af begin om NUUT te lykâjy sal NUUT lykâasof jy van voor af GEBORE is!
Jy het geen aardse idee hoe baie God jou liefhet nie en hoe die Here verlang het na hierdie oomblik nieâom jou as SY eie te hĂȘ.
âTog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrouââJesaja 30:18.
Is dit nie ongelooflik hoe ons lewens so besig is en gevul is met mense en dinge wat ons weerhou om te besef dat die HERE net daar was en gewag het om ons te help nie? Dit is die EEN en enigste rede hoekom God hierdie krisis (en elke krisis) in ons lewens toegelaat het. Dit verg dikwels ân krisis vir ons om by ân plek te kom waar ons begin om Hom regtig nodig te kry en gewillig is om op te gee om te probeer en uiteindelik alles vir Hom te gee.
NOU, en ELKE keer wat jy vind jy het hulp nodig, of liefde, of rigting wanneer jy enige en elke besluit maakâpraat met die Here daaroor. Niemand anders nie.
âLaat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorgââPsalm 37:5
As jy stop en jou probleme (groot en klein) vir die Here gee, belowe ek jou dat Hy jou te hulp sal kom en jou red of daardeur lei. Jy sal nie meer nodig hĂȘ om op jou eie begrip staat te maak nie of om ân plan te maak nie. Van nou af kan jy dit eenvoudig vir Hom gee sodat Hy aan jou kan bewys hoeveel Hy jou liefhet en vir jou omgee deur jou te lei of selfs deur elke krisis te dra!
âVertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weĂ«, dan sal HĂœ jou paaie gelykmaakââSpreuke 3:5-6
Om nie te weet wat om te doen as 'n krisis tref nie, om nie te weet dat Hy die een is na Wie toe jy moet hardloop nie, is wat sal veroorsaak dat jy twyfel of God jou werklik liefhet en jou wil lei EN sal veroorsaak dat jy teruggaan of in krisis bly.
Wil jy meer weet oor Redding?
Elkeen van ons het ân familielid, intiem of verwyderd, wie ons kan aanvoel Hom nog nie ken nie en voel dus nie seker oor hul redding nie. En daar is ook mense saam met wie ons werk en vriende met wie ons nie meer in aanraking is nie, maar wie Hy op ons harte gelĂȘ het.
Gelukig, kan hierdie las wat ons dra gelig word as ons net eenvoudig almal aan ons Here, ons Man toevertrou, terwyl ons fokus om so geweek te word in Sy liefde, dat almal rondom ons geaffekteer sal word deur in die plas te staan van Sy liefde wat ons omring.
âGee, en vir julle sal gegee word: ân goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.â Lukas 6:38
Hierdie kursus sal help om jou las ligter te maak tot by die punt waar jy eenvoudig in afwagting kan wag vir die volgende Redding Storie wat Hy in jou eie lewe sal onthul! En wanneer Hy dit doen, wees seker om jou Redding Storie met ons te deel.
âVat Sy Handâ
Laat Hy Jou Lei
Selfs al is jy desperaat vir iemand, ân âregteâ persoon om jou te help, is daar SLEGS EEN MANIER en Een Persoon wie jou uit die âdal van doodskaduweeâ kan lei.
Daar is slegs Een wie verstaan wat presies aangaan, aan albei kante en wat in staat is om die harte van almal wat betrokke is, te draai.
Ons wat ân herstelde huwelike ervaar het, weet sonder enige twyfel dat jy NIE enigiemand anders as die Here nodig het om jou deur en uit jou krisis te lei nie.
âAl gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf diĂ© vertroos myââPsalm 23:4AFR53
Dit is tyd om alles en almal TE LAAT GAAN EN die Here se hand te vat, om Hom toe te laat om jou persoonlik te lei.
Laat Hom toe om met jou te praat en leer om alleenlik met Hom te praat.
Vat Sy hand en reis deur Hernu Jou Gedagtes met wat Hy sĂȘ, Herbou jou lewe met Sy bloudrukke en kyk hoe Hy alles Herstel!!
Anders as die algemene idee dat âberadingâ die oplossing is, bied ons NIE aan wat bewys is NIE werk nie. Berading en Christelike sielkunde het in werklikheid my huwelik van krisis na totale vernietiging gevat. Soos die honderde mans en vroue wat hul weg na ons gevind het, het berading hulle ook nie gehelp nieâmaar het die bietjie wat oor was van hul huwelike, uiteindelik en totaal verwoes.
Ons bied nie die verkeerde tipe hulp of ondersteuning aan nie. Ons bied aan wat WERK!!!
Noudat jy hierdie lewens-veranderende besluit gemaak het, SMAG ons daarna om jou aan te moedig op die res van jou HERSTEL reis deur vir jou MEER van God se Woord aan te bied. Om die beginsels vir ân Herstelde Huwelik te leer. Om jou toe te laat om wysheid, kennis en begrip te verkry.
Markus 16:15 âHy het vir hulle gesĂȘ: âGaan uit, die hele wĂȘreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.ââ
Jesaja 52:7 âHoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sĂȘ: âJou God is Koning!ââ