Verlede week het ek geëindig met hierdie opwindende verse:

Efesiërs 3:20 AFR 83—

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink.”

Die Boodskap—

“God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.”  

Jesaja 30:18NLV—

“Tog WAG die HERE gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die HERE is 'n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp."

Hierdie week wil ek vir jou ‘n perfekte voorbeeld van hierdie beginsel in die Bybel gee. Dit is die storie van Koning Dawid wat gesalf was lank voordat hy sy troon gevat het. So hoekom het dit so lank gevat vandat hy gesalf was om koning te word, tot hy die troon gevat het? Dit was dieselfde rede hoekom baie van ons nog nie ons “gebede, begeertes, gedagtes, of hoop" ver bokant ons “wildste drome” ervaar het nie. Omdat Koning Dawid (en ons) baie dinge gehad het om te leer voordat hy/ons gereed was om sy/ons regmatige plek, waarvoor ons gesalf en georden was, in te neem. Een ding wat  Koning Dawid moes leer (en hy het dit goed geleer) was om slegte of bose gesag te eer om God se guns te verkry.    

1 Petrus 2:17-20 spel hierdie beginsel duidelik uit. “Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van die ONVERDIENDE lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, DIT is genade van God.” 

Uit die lees van die Bybel weet ons dat die koning voor Dawid, koning Saul, meer as net onvriendelik was—hy was gewetenloos en het eintlik probeer om Dawid dood te maak. Kan dit wees dat God dit nie net “toegelaat” het om te gebeur vir Dawid se beswil nie, maar dit eintlik georden het?   

1 Samuel 16:14 sê vir ons, “Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees wat deur die HERE gestuur is, het hom voortdurend ontstel.”

Dan, weer, in 1 Samuel 16:23AFR53 sê dit, “En net wanneer daar 'n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom."

En dan weer sien ons dit later in 1 Samuel 18:10 waar dit sê, “Die volgende dag het ‘n boosaardige gees wat DEUR God gestuur is, vir Saul beetgepak, sodat hy in sy huis te kere gegaan het soos ‘n waansinnige. Soos gewoonlik het Dawid op die lier gespeel. In die hand van Saul was daar ‘n spies.”

As ons eerlik na hierdie verse kyk, kan ons tot net een gevolgtrekking kom—dat God bose situasies toelaat om ons te SEËN!

Paulus het in 2 Korintiërs 12:10 geskryf: “Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.”

Ons weet deur die Bybel te lees dat Dawid hierdie KRAGTIGE beginsel uiteindelik geleer het. Kom ons lees hierdie paragrawe om te sien hoe Dawid deur die loop van die jare, net voordat hy as koning gekroon is, begin verander en volwasse geword het.

2 Samuel 16:5-13 “Toe die koning by Bagurim kom, storm daar ewe skielik een van Saul se familielede op hom af. Sy naam was Simeï seun van Gera. So ver as hy gaan, het hy geloop en vloek. Hy het Dawid en al sy amptenare en die hele volk, ja, selfs al die dapper krygsmanne, links en regs onder die klippe gesteek. Terwyl hy loop en vloek, het Simeï uitgeroep: ‘Trap, trap hier uit, jou moordenaar en jou skurk! Nou straf die HERE jou vir al die moorde op Saul se geslag toe jy in sy plek koning geword het. Nou het die HERE die koningskap aan jou seun Absalom gegee. Nou sit jy self in die ellende omdat jy ‘n moordenaar is.” 

“Toe vra Seruja se seun Abisai vir die koning: 'Waarom vloek hierdie lae hond die koning? Laat ek sy kop vir hom gaan afkap.' 'Seun van Seruja, dit het niks met my of met jou te doen nie,' was die koning se antwoord. 'Hy vloek so omdat die HERE hom beveel het om vir Dawid te vloek! Niemand moet nou vra waarom hy dit doen nie.' Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesê: 'My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die HERE het hom die opdrag gegee. Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.' Dawid en sy mense het toe pad langs verder getrek. Simeï het ál teen die berghang langs geloop en vloek en klippe gooi en stof opskop.” 

Laat ons nie vergeet dat Dawid die koning was toe hy bereid was om hierdie soort behandeling te vat nie. Tog het Dawid hierdie beginsel so goed GELEER dat hy ‘n GELEENTHEID gesien het vir ‘n seën; "miskien" sou die Here goeds aan hom teruggee, so hy wou nie gehad het dat iemand die beledigings of die gooi van klippe en stof keer nie.  

Dawid was alreeds deur sy eie seun verguis en was eintlik nie in sy paleis op sy troon nie (waar God hom geplaas het en gesalf het). In plaas daarvan, was hy op ‘n vuil heuwel en daar bo hom was mans wat gevloek het en klippe en stof op die koning gegooi het! 

Hopeloos te veel van ons word beledig en neem aanstoot (en onlangs is dit algemeen om mense te hoor sê dat hulle 'oneerbiedig' is) met dinge wat hierdie soort behandeling baie kort, nie te veel is ‘n koning nie! En hoe gou vergeet ons die behandeling wat Jesus vir ons verduur het?  

Ek weet nie van jou nie, maar ek begin (stadig maar seker) om te verstaan dat ALLES waardeur Jesus gegaan het, was wat eintlik die geestelike KRAG ingelui het wat my sondes oorwin het en my vrygemaak het van die dood!

Die beledigings, die verraad, die versoekings, die kastyding, die kroon van dorings, die wrede regeerders, die beledigings van selfs die dief wat langs hom aan die kruis gehang het—dit het alles die KRAG VERMENIGVULDIG wat Jesus gebruik het om ons van ons sondes te bevry! 

Vir die wêreld sal die verduur van die kruis altyd na 'n nederlaag lyk. En dikwels sal ons gespot word omdat ons verduur eerder as om onsself te verdedig. Nietemin, vir dié met geestelike oë, sal dit die geleentheid word wat God geskep het en uniek gevorm het, net vir ons, om vir ons, die verlostes, die KRAG te gee oor ons sondes en ons pyn.

Dit is ‘n seën wat ons gee na ‘n belediging of boosheid wat aan ons gedoen is—moet dus nooit ophou om 'n seën te gee nie, wat ek en jy ontwerp is om te erf. Moet nooit tevrede wees om bloot die vleeslike bevrediging van 'n belediging vir belediging, of boosheid vir boosheid, op te gee nie. Wees seker jy vat die geleentheid wat God vir jou gegee het en hardloop daarmee.  

Dit is die eer om sonder “boklere” te wees en die huppel in jou stap gedurende die “tweede of derde kilometer” wanneer jy alreeds moeg is—wanneer jy die krag wat bedoel is, sal begin voel.

Dit is IN hierdie staat wanneer en waar ons die KRAG vind om ons wêreld te verander.

Dit is die KRAG wat jou oor die balk sal skiet na elke beloofde seën!!

As jy ‘n getuienis of 'n lofverslag het wat jy graag sal wil deel oor hierdie week se boodskap, neem asb 'n oomblik om te: