ANDER TALE

Ons vra dat u asseblief hierdie bladsy deel met elke ouer wat u ken! "van elke nasie, stam, volk en taal” Die Openbaring 7:9, "Met die oog op ,n tyd soos hierdie" Ester 4:14

Sy "Trouklere"
'n Allegorie
deur Erin Thiele

Haar "Trouklere"
'n Allegorie

deur Erin Thiele

Een pragtige helder sonnige oggend, was ‘n pragtige baba seuntjie gebore. Sy ouers was verheug. Die dag wat hy gebore is, het sy ouers ‘n spesiale geskenk vir hom toegedraai “wie ‘n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here.” Die geskenk was nie regtig vir hom nie, maar vir sy vrou wat hy baie jare later sou ontmoet en mee trou.

Toe hy net ‘n klein seuntjie was, het sy ma en pa vir hom gesĂȘ dat hierdie spesiale geskenk beskerm moes word, om veilig bewaar te word vir sy troudag. Hulle was dus baie versigtig met wie hy gedurende sy jongmens jare omgegaan het. “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes.’”

Tyd het baie gou verby gegaan terwyl die klein seuntjie gegroei en ‘n aantreklike jong man geword het. Een lentedag was die jong man aan die meisie van sy drome voorgestel. “God kan enigiets doen, jy weet—ver meer as wat jy jou kan indink of raai of vra in jou wildste drome!”

Beide hy en sy ouers het geglo dat sy ‘n goeie Christen was en hulle het geen aanduiding gehad dat sy enigiets minder was as wat sy voorgegee het om te wees nie. Die jong man, so verlief, het summier haar pa se toestemming gevra om met haar te trou en die planne vir die bruilof het begin.

Die aantreklike jong man het gestraal van opgewondenheid terwyl hy gedink het aan die kosbare geskenk wat binnekort aan sy pragtige bruid gegee sou word. Vir jare het hy sy spesiale en duur geskenk versigtig weggesteek. Maak nie saak hoe ander probeer het nie, niemand het al ooit sy geskenk gesien nie, so versigtig was dit van almal weggesteek.

Die spesiale dag het uiteindelik aangebreek. Die bruilof was pragtig. Opgewondenheid was in die lug. Die blomme, die koek en die pragtige troudrag—alles was perfek.

Gou was die groot geleentheid verby, maar vir hierdie jong man, het die afwagting nog steeds vermeerder. Die oomblik waarvoor hy gewag het, van gedroom het, was op die punt om plaas te vind. Die jong getroude paartjie het by die ontvangs van ‘n duur hotel geregistreer en hulle was na hulle kamer toe vergesel.

Die bruidegom het vir sy pragtige jong vrou geglimlag terwyl hy op die voetenend van hulle troubed gesit het. Sy gedagtes was by die geskenk wat hy binnekort aan sy baie spesiale minnares, sy vrou, sou gee.

Tog, vreemd genoeg, sy nuwe vrou se uitdrukking was snaaks, haar aandag was afgelei, sy het bekommerd gelyk. Maar niks kon hierdie oomblik vir hulle bederf nie, of so het hy gedink. Met opgewondenheid gereed om uit te bars, het hy vir sy senuweeagtige vrou gesĂȘ om daar te sit en wag terwyl hy sy geskenk gaan haal.

Gou het hy na haar toe geloop en die pragtigste toegedraaide geskenk vasgehou. Die papier was mooier as die dag wat dit toegedraai was. Dit was goud en wit met vonkels van helder, glinsterende silwer wat soos sterre geskyn het.

Versigtig, met bewende hande, het sy begin om die geskenk oop te maak. Maar in plaas van vreugde, het haar gesig ‘n swaar hart gewys. Terwyl sy die delikate sneespapier teruggevou het, het sy die pragtigste aandrok gesien wat sy nog ooit gesien het. Dit was perfek vir haar klein liggaamsbou: die materiaal, pĂȘrelknoppies, blinkers, elke detail was liefliker as enigiets wat sy nog ooit gesien het. Terwyl sy in die gesig van haar dierbare jong man gekyk het, het sy trane van blydskap gesien wat teen sy aantreklike wange afrol. Want hy was getrou aan sy beminde vrou voor sy troudag, en nou, het sy hart oorgeloop van ekstase.   

Soos die gebruik was, was dit nou haar beurt om haar geskenk aan hom voor te lĂȘ. So opgewonde was hierdie jong man oor die gee van sy geskenk, dat hy amper vergeet het dat hy, ook, ‘n geskenk sou ontvang. Tog het dit gelyk of sy jong vrou ongemaklik was, haar oĂ« vasgenael terwyl sy na niks gestaar het, maar doelbewus het haar oĂ« nooit syne ontmoet nie. Ongedeerd het hy haar delikate hande in syne geneem en met net sy oĂ« en ‘n glimlag, het hy haar aangemoedig om haar trougeskenk vir hom te bring.

Stadig en doelbewus, het sy na die kas toe geloop en met ‘n boks te voorskyn gekom. Toe hy dit die eerste keer sien, was hy so verstom dat die glimlag op sy stralende gesig vasgesit het. Toe het die werklikheid getref, en sy onskuldige gesig het ‘n pynlike moedelose voorkoms aangeneem. Sonder dat haar oĂ« syne ontmoet, het sy haar geskenk op die bed langs hom neergesit; sy was so skaam, sy kon dit nie in sy hande gee nie.     

Saam het hulle in stilte gesit totdat hy die geloof gehad het om die lot wat voor hom gelĂȘ het, te aanvaar. Hy het die geskenk opgetel en kon dit regkry om effens en pynlik te glimlag. Die geskenkpapier was geskeur en gevlek en het skaars die boks toegemaak. Die lint was ook uitgerafel, flenters, en verslete. Dit het baie min inspanning gekos om die geskenk oop te maak; die papier het eenvoudig op die vloer geval en ‘n gehawende boks is blootgestel.  

Toe hy die boks oopmaak, was daar nie meer sneespapier wat die inhoud van die boks bedek het nie. En daar, alleen onder in die boks, het ‘n baie beskadige aandpak gelĂȘ. Hy kon sien dat dit eens op ‘n tyd ‘n vleklose suiwer wit was, maar nou was dit vergeel, gevlek, geskeur. Die knoppies van duur juwele het nou ontbreek of het net aan draadjies gehang.     

Trane het sy visie vertroebel. Bewend, het hy die geslete kledingstuk geneem en sonder ‘n woord aan sy vrou, het hy na die volgende kamer toe geloop om sy stukkende en verslete aandpak aan te trek, terwyl hy haar alleen gelaat het met haar duur, perfekte aandrok.

Binne ‘n paar pynlike minute, het hy en sy nuwe bruid, arm-in-arm, die hotelgang afgestap, oppad na hulle spesiale trou dans. Terwyl hulle in die hysbak gestaan het, sy oĂ« op die vloer vasgenael, kon hy hoor hoe die mense agter sy rug fluister.

Terwyl hulle in die balsaal ingestap het, het die gaste in stilte gestaan—daar voor hulle het die pasgetroudes gestaan. Toe die musiek begin het, het afgryse op sy ouers se gesigte verskyn. Terwyl hy sy vrou se hand geneem en omgedraai het, kon hulle sy hele uitrusting sien. Soos wat hy beweeg het, het sy aandpak uitmekaar begin val en ‘n knoop het op die dansvloer geval, tot almal se afgryse of vermaak.

Baie van die jong mans het gelag, vinger gewys en fluisterend vir mekaar vertel van die kere wat hulle die einste aandpak aangehad het. Hulle het in die hoek bymekaargekom om hul stories te deel en het dikwels opgekyk om die oog van die beskaamde bruidegom te vang. Die jong bruid het ook ‘n blik van skaamte en vernedering op haar gesig gehad. Haar aandrok was manjifiek, tog as gevolg van haar onreinheid, kon sy dit nie geniet om dit te dra nie. Sy het geweet sy het geen reg om so ‘n pragtige rok te dra terwyl haar wonderlike en getroue jong man flenters gedra het nie. Sy kon die oĂ« van sy ouers voel soos wat hulle agter haar nek gebrand het. Sy kon die volslae walging en skok wat hulle moes gevoel het, terwyl hulle na die meisie gekyk het wat hulle almal bedrieg het, aanvoel.   

O, hoe sy gewens het sy kon teruggaan. Teruggaan na die tyd toe sy begin het om die gedagte te vermaak om haar geskenk aan haar eerste “regte” kĂȘrel te gee. Die oomblik toe dit die eerste keer oopgemaak is, was dit baie maklik om die eens kosbare geskenk ‘n tweede en derde keer weg te gee. Nou, jare later, kan sy eerlikwaar nie eers onthou hoeveel mans het die geskenk oopgemaak en haar man se aanpak gedra nie, wat sy nou wens sy vir hom gespaar het—die een wat haar getrouheid verdien het. 

Haar gesig het rooi van skaamte gebrand; haar skuldgevoelens het haar hart deurboor en haar siek laat voel op die krop van haar maag. Daar was geen twyfel dat haar jong bruidegom altyd die een was vir haar nie, maar sy het nie gewag nie. Sy het “vir vandag” geleef 
 en nou het mîre uiteindelik gekom.

Gou het haar skande in gruwel verander toe sy gedink het aan alles wat sy verloor het: die liefde en respek wat sy eens gehad het van haar jong man wat haar aanbid het, haar skoonouers, selfs haar eie ouers wie nou die skande van hulle dogter wie nie gewag het tot haar huweliksnag, gedeel het. Daar was sy, bedrieglik met ‘n wit rok aan, wat haar reinheid moes verteenwoordig het.  

Daar sal geen terugkeer wees nie
en so, vir die volgende paar maande, het die lewe verskriklik aanbeweeg.

Sonder waarskuwing het haar sonde van ontrouheid, wat jare jare gelede begin het, voordat sy haar geliefde man ontmoet het, ongelooflik begin terugkom—’n vesting. Ontevrede by die huis, met haar man, basies ongelukkig met die lewe, het sy na haar ou maniere teruggekeer. Weerens het sy weggegee wat werklik aan haar man behoort het. Sy het nie meer reg van verkeerd geken nie: “vee haar mond af en sĂȘ ‘Ek het niks verkeerds gedoen nie.’” Wanneer sy met haar man gepraat het, was sy “bitter en gevaarlik soos die skerpste swaard.” 

Een donker dag was haar sonde van ontrouheid ontdek. Toe sy van die winkel af by die huis kom, het haar jong man hul twee jong kinders gevat en was weg. Waar? Sy het nie geweet nie. Hy het haar velaat “sonder ‘n woord.”

Met ‘n gebroke hart en ‘n lewe vernietig, het sy op die voetenend van hul bed gesit en onbeheersd gehuil. Ure later het sy nog steeds verstom daar gesit, gewonder hoe hierdie nagmerrie begin het. Die pyn was ondraaglik. Wat kon sy doen om hulle terug te kry.

Soos jy kan sien, my liefling, om “uit te gaan” is nie die manier om ‘n goeie man te vind nie. Dit is eintlik die oorsaak van meisies wat weggee wat hulle behoort te spaar vir die man met wie hulle gaan trou. Stem jy nie saam nie? Maar as om “uit te gaan” nie die antwoord is nie, behoort jy dan “hofmakery” te oorweeg.” Nadat my opinie oor hofmakery gevra was, moet ek eerlik sĂȘ dat ek nie hofmakery aanmoedig nie, aangesien hierdie metode nĂȘrens in die Bybel genoem word nie. Dit is die oplossing wat Christen ouers geskep het om “uitgaan” teĂ« te werk, maar dit het ook baie nadele en slaggate. Alhoewel die paartjie hulle fisiese intimiteit beskerm, beskerm hofmakery nie die paartjie se emosionele intimitieit nie, wat ook baie belangrik is in die huwelik. As jy die Bybel tot op die letter wil volg, dan sal ouers diegene moet wees om vroue vir hul seuns te kies.        

Wel dan, hoe vind jy die regte man as jy kies om nie “uit te gaan” nie? Ek moedig jong vroue wat ‘n goddelike man wil hĂȘ aan om op God, hul Hemelse Vader, te vertrou om vir hulle te kies. Dan waarborg ek jou dat die regte man jou op die vasgestelde tyd sal vind!

Ongelukkig, as jy iemand soek of agter iemand aanhardloop om jou nou lief te hĂȘ, eerder as om vir die Here te wag, waarborg ek jou ook dat jy sal aanhou om agter hom aan te hardloop. Nadat ek vir baie, baie jare die hoof van ‘n vroue bediening was, ken ek die hartseer van vroue wat agter die verkeerde man aangehardloop en hom gevang het. Die huwelik behoort meer as 50 jaar te hou, so dit IS die moeite werd om die regte man te vind deur die Here te soek, nie net enigiemand nie! Ek is seker jy sal saamstem. En terwyl jy wag en die Here soek, en op jou Hemelse Vader vertrou vir die vasgestelde tyd, sal Hy begin om jou ‘n vrou van deug te maak wat ware liefde vind.

Die Einde

Of

Die Begin?

Besoedel, Geskend

Hierdie allegorie en die waarskuwing mag te laat gekom het omdat onvoorsiene omstandighede jou besoedel en geskend gelos het. Miskien het dit gebeur toe jy baie jonk was, iemand op wie jy vertrou het, het jou van jou reinheid beroof en dit het jou verward, bang, en onwaardig van die liefde wat jy verdien, gelos. 

Jy mag voel daar is geen hoop nie, en as gevolg van dit, waarom hoop dat dinge anders kan wees?

Miskien het dit later gebeur, miskien ‘n kĂȘrel op wie jy vertrou het, of miskien ‘n ou wat jy nie geken het nie, wat jou beroof het van iets wat jy wou spaar vir jou troudag.

Miskien het jy ingegee as gevolg van die leuns wat hy vertel het toe hy sy nimmereindigende liefde aan jou verklaar het. Maak nie saak hoe jy by hierdie hopelose staat gekom het nie, daar IS hoop.

Sy Woord kan jou was, jou reining, en Sy liefde kan elke wond genees—en jou heel, skoon en weer waardig van ‘n prins se liefde laat voel.

Dit begin om deur die Vredevors bemin te word.

Dit is tyd om jou JOERNAAL in te vul

Begin om jou Joernale in te vul soos jy in jou dagboek sou doen, deur eenvoudig vir jou Hemelse Vader alles wat op jou hart is te vertel en hoe die storie jou gehelp het.

Onthou net wat jy hier in jou joernaal skryf mag gekies en gedeel word met meisies rondom die wĂȘreld om hulle aan te moedig (as jy ons jou toestemming gee). So maak seker jy is diskreet (versigtig met wat jy sĂȘ), maar skryf nog steeds wat op jou hart is en wat jou Hemelse Vader jou gewys het in die hoofstuk van hierdie storie.

Lees LOF đŸ™ŒđŸŒ wat Bemoedigende Vrouens op ons Bemoediger plaas oor om ‘n Hemelse Vader te hĂȘ #HV.

As jy Hom VRA, sal Hy jou wys wat om te sĂȘ. Jy kan ook jou Ma vra om te help om seker te maak.

As dit jou EERSTE joernaal is, gaan nou om Jou SN “Splinternuwe Naam.” te kry. Weereens kan jy jou ma vra om te help aangesien jou ma dalk self ‘n SN gebruik—’n naam wat sy vir haar bediening gebruik.

Ek is seker jy is baie opgewonde om te begin en ons is opgewonde om van jou te hoor, so lees elke vraag versigtig en as jy nie seker is van iets nie, kan jy op die vraag klik en ‘n grys blok sal aan die kant verskyn om jou die instruksies te wys. Jy kan ook jou ma vra om jou te wys as jy nie weet nie.

Dankie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui