Hoofstuk 1
Glo en Wees Gehoorsaam
"Indien jy soos baie vrouens is wat hulle huwelike wil red, moet jy nie glo dat God jou huwelik kan red nie, maar jy moet ook die Woord gehoorsaam wees.”
Die Woord van God is so ongelooflik belangrik en so baie dinge, insluitende ons huwelik, kan verander as ons gehoorsaam raak aan God se Woord.
“Glo en vertrou dat God jou wil en kan restoreer en herbou, jou huwelik en jou familie.”
Ons dien die wonderlikste grooste God, ‘n God van herstel, vertrou Hom en glo Hom dat Hy dit vir jou ook wil en kan doen.
“Moenie met ander praat oor jou situasie nie; Praat eers met God; deursoek sy Woord vir die antwoord."
Toe ek skei het ek die grootste fout gemaak deur met almal te praat oor my situasie, glo my dit het dinge net erger gemaak.
"Stop alle rusie met jou man!”
Hierdie is so belangrike beginsel en laat ek eerlik wees, toe ek skei was ek so ongelooflik kwaad en ongelukkig met my man en het met hom baklei. Dit was naderhand ‘n oor en weer gebakleiery wat dinge net baie erger gemaak het.
“Indien jou man jou verlaat het, moet jy ophou om hom te agtervolg, druk of in sy pad te staan.”
Jare gelede toe my man my gelos het, was ek eers so kwaad en toe daarna het ek hom gesmeek om my net nie te los nie, maar albei is dinge wat dit net erger gemaak het.
“Wees versigtig om nie die “maklikste” weg te kies nie.”
Ek het die verkeerde weg gekies en gedink dis die maklikste weg, maar dit het my net meer rou en seer gelos. Vandag is ek jare verlos van my slegte verlede en vandag besef ek dit was nooit die maklikste weg nie, die enigste weg wat my ooit kon genees was God en niks en niemand anders nie.
"Geen huwelik is te ver heen nie. “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” (Matt. 19:26.)"
God kan enige huwelik red, moenie eens luister as mense vir jou sê dat jou huwelik te ver heen is nie. Ons moet net totaal en al aan God oorgee, Hy is instaat om dit te doen. GOD KAN EN SAL JOU HUWELIK RED!
Vervolg...
Ek sal nooit die dag vergeet toe ek hierdie boek lees, toe ek dit kry, ek dit nie neergesit nie! Omdat dit vol skrif was, het ek net geweet dat ek die regte ding gevind het, want ek het oral gesoek na hoe my huwelik herstel kan word. Maar toe kry ek soveel meer as waarna ek gesoek het! Ek het die belangrikste ding gekry en dit is my Man, ek het Sy liefde en vrede en vreugde gekry en my lewe is vir altyd verander en nou leef ek die oorvloedige lewe! 🙂
Ja liefste Atarah, ek kon ook nie die boek neer sit nie en omdat hierdie boek lei mens net nader aan mens se Hemelse Man en dit is.die belangrikste van als.
‘n Boek wat elke getroude vrou net moer hê.