HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 9 – VERGIFNIS

Uittreksels uit die Herstel jou Huwelik boek - Hoofstuk 9

"Net ‘n vrou wie se hart sagmoedig en stil is kan haar eggenoot vergewe. Alhoewel, baie vroue is mislei en vergewe nie hulle eggenoot nie omdat hulle nie die dodelike nagevolge van hulle onvergifnis ten volle verstaan nie."

"Soos Christus julle vergewe het. Ons vergewe omdat God ons vergewe het. “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” (Efe. 4:32)."

"Ons Vader sal nie jou sondes vergewe nie. God het gesê dat hy nie ons sondes sal vergewe tensy ons ander hulle sondes vergewe nie. “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julleoortredinge ook
nie vergewe nie.” (Matt. 6:14–15). “So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (Matt. 18:35)"

Ek moet erken vir my was dit ongelooflik moeilik om te vergewe, maar deur nie te vergewe nie het ek myself net meer skade gedoen. Dit het naderhand 'n bitterheid veroorsaak. Toe ons op die "Wyse Vrou" naweek gegaan het, moes ek voor die Here erken dat ek nie eens lus voel om my aardse man te vergewe nie, maar dat ek dit vir die Here wou doen en Sy hulp nodig gehad het en 'n ongelooflik las het van my skouers afgeval toe die Here my gehelp het om te vergewe.

Luister asseblief na die gesprek wat ek met Adina van LoveAtLast het oor vergifnis gehad het, wat my ongelooflik met vergifnis gehelp het.

Vergifnis – Adina in Suid-Afrika🎤

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui