Vriendelike Onderrigting is op Haar Tong
“Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.” —Spreuke 31:26
Ons word mislei deur “beraders” en sogenaamde “huwelikskenners” wat vir ons vertel dit is ‘n tekort aan kommunikasie wat veroorsaak dat ons huwelike verbrokkel. Terwyl ek die bybel ondersoek het, het ek gevind dat God baie sê oor hoeveel ons praat, wat ons sê en hoe ons dit sê! Volg my soos ons saam die waarheid ontdek:
Dit is nie ‘n tekort aan kommunikasie nie!
Ons moet versigtig wees Hoeveel ons praat!
Baie woorde. Dis nie alleen ‘n tekort aan kommunikasie wat probleme in ons huwelik veroorsaak nie, maar wanneer daar ‘n stortvloed van woorde en besprekings is, kan en gaan ongehoorsaamheid (‘n oortreding aan God se Woord) nie vermy word nie! “By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig” (Spr. 10:19).
Bly stil. Mense sê ons moet ons mening lug en sê wat ons dink, maar God sê: “Die verstandelose verag sy naaste, maar ‘n verstandige man bly stil” (Spr. 11:12). “Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang” (Spr. 13:3).
Sagmoedige en stille gees. God vind ‘n stil vrou kosbaar. Is dit jy? “... maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” (1 Pet. 3:4).