Ek Is Dankbaar

Dankie

Wow my Hemelse Man het alweer my verwagtinge oortref.

Keer op keer bewys my Hemelse Man net vir my dat Hy vir my sorg. Ek was so bang om my 10de te begin betaal (wat die vyand natuurlik wou keer, want hy weet wat gebeur as ons gehoorsaam is), want ek het nie geweet hoe ek met my geld gaan uitkom nie, die sommetjies het net nie geklop nie, maar wat ek nie besef het nie, was dat my Hemelse Man sal sorg dat hulle klop, solank ek net gehoorsaam is.

So paar nagte gelede het ek vir my Hemelse Man gevra wat as ek nie met my geld uitkom nie en Hy het net bly sê vertrou My. Dankie my Hemelse Man vir elke donasie en dankie vir elkeen wat 'n donasie gemaak het, ek is so ongelooflik dankbaar.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui