DIE BERG VOOR ONS

Vandag wil ek die Here loof en prys dat Hy die Een is wat berge ('n huwelikskrisis, gesinsprobleme, finansiële krisis) laat wegsmelt.

"Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde." P97:5

En vandag wil ek ons wonderlike Here loof dat ons die voorreg het om daardie berg ('n huwelikskrisis, gesinsprobleme, finansiële krisis) na Hom toe kan vat en dit nie self hoef te hanteer nie.

"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig." M11:2830
“Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.” P119:50
“Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” P50:15
“Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.” P55:23“Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.” J50:70

Hierdie is net 'n paar beloftes, asseblief soek gerus verder na nog beloftes in die wonderlike hulpmiddel wat die Here vir ons gegee het, wat nog 'n voorreg is waarvoor ek die Here wil loof en prys: Die Bybel.

Het jy jouself in ‘n skielike krisis bevind?

Of vind jy dat jy neerslagtig is, baie huil en net depressief is? Ons hoop hierdie bladsy sal jou leer hoe om gelei te word langs “stille waters” waar die Here jou “siel kan herstel”.

Krisis Hoekie

8 thoughts on “DIE BERG VOOR ONS”

  1. Dankie vir die bevestiging liefste Janine. ‘n Mens kan so vinnig deur jou eie gedagtes en emosies hartseer word. Jy het ons vanoggend net weer herinner om nie op onself staat te maak nie, maar net op God.

  2. Dankie liewe Janine dat jy ons so ondersteun met hierdie wonderlike beloftes 😍😊🙌
    “Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.” P97:5 dit is my gunsteling 😍 jy is reg daar is nie n berg wat die Here nie kan wegsmelt 🙌 amen!!

  3. Hallo Janine,

    dank je wel voor deze mooie beloften. Ik heb er weer twee aan mijn lijst kunnen toevoegen. Wat geweldig liefdevol is onze Heer en Heiland. Als ik aan Hem denk dan smelt mijn hart

    Doe mij in de morgen uw goedertierenheid horen,
    want ik vertrouw op U;
    maak mij de weg bekend, die ik gaan moet,
    want tot U hef ik mijn ziel op.P1438

    Een van mijn favorieten❤

    Hallo Janine,

    dankie vir hierdie pragtige beloftes. Ek kon nog twee by my lys voeg. Hoe wonderlik liefdevol is ons Here en Verlosser. As ek aan Hom dink smelt my hart

    Laat my in die môre u goedertierenheid hoor,
    want ek vertrou op U;
    maak my die weg bekend wat ek moet gaan,
    want tot U hef ek my siel op.P1438

    Een van my gunstelinge❤

    1. Dis so pragtig kosbare Kristine, Hy is ongelooflik wonderlik.
      Dat is zo mooi, dierbare Kristine, hij is ongelooflijk geweldig.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui