💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot." K3:21-23

Kosbare liefste vrou bly hoop want onthou ons kosbare Liefling Here se ontferming is elke môre nuut.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

6 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat my ouers terug is en dat my ma my so baie help.
    Ek is dankbaar vir my ouers en my kinders en dat my seun so goeie meisie het.
    Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se liefde.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here gehelp het dat my kar reggemaak word.
    Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se leiding.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here besig is om my te genees en dat ek Hom kan vertrou om my skildklier heeltemal te genees.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my seuns se Hemelse Vader is.

  2. Ek is dankbaar dat ek ‘n mini -vaart saam met my dogter geniet het. Ek is dankbaar dat my Beste Vriend, die Here my keer op keer geleer het dat hy die eerste in my lewe moet wees. Ek is dankbaar dat ek nou ‘n paar weke se vakansie kan geniet en baie lekker dinge met die kinders kan doen. Ek is dankbaar dat Hy altyd by my is en my met Sy liefde omring het. Ek is dankbaar dat Hy verseker het dat ek ‘n paar nuwe dinge vir die huis kan koop. Hy gee ons wat ons nodig het!

  3. Ek is dankbaar dat my hoop in die Here is wat hemel en aarde gemaak het.
    Ek is dankbaar dat die Here my liefhet met ‘n ewige liefde
    Ek is dankbaar dat ek die voorreg het om Hom lief te hê
    Ek is dankbaar dat Hy vir ons die ewige lewe gee, so maak nie saak wat hier op aarde gebeur nie, ons weet dat ons lewe saam met Hom is, hier en hierna.
    Ek is dankbaar vir gesondheid en vir die Here se voorsiening in ons lewens elke liewe dag.

  4. Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die finansiële voorsiening sodat ek hierdie week ‘n mediese ondersoek kon kry, en die uitslag was positief, goddank.
    Ek is dankbaar vir die dae wat ek moes stilbly weens die effek van die eksamen, maar ek kon heeltemal in Sy arms wees en sodoende die ware rus hê wat Hy vir elkeen van ons wil hê.
    Ek is dankbaar want ek leef en ek glo dat die Here my reeds genees het toe hy my pyn en siektes aan die kruis van Golgota geneem het.
    Ek is dankbaar vir nog ‘n week van vakansie vir Brincy, en dat sy so ‘n spesiale en gawe jong meisie met almal is.
    Ek is dankbaar vir U omgee, liefde, beskerming, en vir nooit, ooit, ons huis verlaat nie, en daarom het ons huis altyd U Vrede en vreugde.

  5. Ek is dankbaar dat my seun en sy gesinnetjie saam met my bly en so goed is vir my en dat ons verhouding met mekaar elke dag beter is.
    Ek is dankbaar dat my Liefste Here al my laste vir my dra en dat ek nie alleen so swaar dra nie.
    Ek is dankbaar dat ek my Liefste Here duideliker begin hoor en dat ek Hom beter verstaan.
    Ek is dankbaar vir alles wat in my lewe gebeur het en die beproewinge wat ek moes deurmaak en dat Hy sò ver gegaan het om my te laat hoor, toe Hy my geroep het en ek weet noù dit was nie om my seer en bedroef te maak nie, maar omdat Hy my liefhet.
    En natuurlik is ek sò dankbaar vir my kleinkind en omdat ek sò baie tyd met haar kan spandeer!

  6. Ek is so dankbaar vir hoe my Geliefde Here my gister (Saterdag) bederf het!

    Ek het vroeg uitgegaan om die skoonmaker tyd te gee om my “kantoor” skoon te maak. Normaalweg gaan ek na die gimnasium en besoek my vriendin wat daar werk. Sy het ‘n klein skoonheidsalon in die gym, en toe ek gister daar aankom, het sy (uit die bloute) gesê sy wil my verniet bederf met ‘n nuwe vars jel-overlay op my naels! Sy het my so bederf en nou lyk my hande weer pragtig!

    Maar my Geliefde het nie daar gestop nie! My ander vriendin nooi my toe vir ‘n braai by haar huis gistermiddag. Dit was ‘n heerlike middag met lekker kos en kon inhaal want ek het ‘n paar maande laas gesien.

    Die kinders is nie die naweek by my nie en ek was van plan om by die huis te bly en ‘n paar dinge in te haal, maar natuurlik het my Geliefde Here ander planne gehad!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui