Lees Miranda se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"WEN Sonder Woorde"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

Hoofstuk 9 “Sagmoedige en Stille Gees”

“Maar die verborge mens van die hart 
in die onverganklike versiering 
van 'n sagmoedige en stille gees,  
wat baie kosbaar is voor God.” 

1 Petrus 3:4 

Luidrugtige vrouens is alledaags. Luidrugtig word gedefinieer as “onaangename luidrigtigheid en aanhoudendheid.” Dit word nie net aanvaar nie maar ook aangemoedig deur die media.  

Ongelukkig, het hierdie gedrag by christene en die kerk infiltreer. Is dit verbasend dat die egskeidingsyfer hoĂ«r is in die kerk as die gemiddelde syfer in die wĂȘreld?  

‘n Vrou met ‘n “sagmoedige en stille gees” word ‘n vloerlap genoem. Sy word vertel dat haar eggenoot haar nie sal respekteer tensy sy op haar regte staan nie.  

Mans vertel dikwels vir hulle vrouens om terug te baklei, of om op te staan vir hulself, en dan terselfdertyd gaan hulle voort met die skeisaak en gaan bly by die ander vrou. God het gesĂȘ dat ‘n sagmoedige en stille gees baie kosbaar vir Hom is, en is dit die enigste weg tot restorasie en genesing.

Alhoewel, waaneer ‘n man van die waarheid afdwaal en sondig, hoor jy dikwels christene en pastore vir die vrou vertel dat hulle “harde liefde” moet toepas, al is dit onbybels en verbrokkel dit huwelike. BygesĂȘ, dit veroorsaak ook ‘n “harde hart” wat veroorsaak dat die vrou ongewillig, of nie in staat is om haar eggenoot te vergewe nie. Net ‘n hart van vlees, ‘n teer hart, is werklik daartoe instaat om te vergewe.  

In hierdie hoofstuk soek ons na die waarheid oor harde liefde en wat gebeur deur iemand te vergewe.  Vergifnis bring genesing.

Harde Liefde?

Liefde is lankmoedig. God gee vir ons ‘n beskrywing van liefde. Kyk of jy die woord “hard” of enige soortgelyke woord kan kry. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieĂ«--hulle sal tot niet gaan; of tale--hulle sal ophou; of kennis--dit sal tot niet gaan.
” (1 Kor. 13:4–8).

Hierdie verse bewys dat daar geen plek is vir “harde liefde” in ‘n huwelik nie. Die liefde wat Jesus geleef het en ons na moet strewe is “hard” om uit te leef, maar nooit “hard” teenoor iemand anders wie ons liefhet.

Dit gebied Ek julle. Nog ‘n baie populĂȘre stelling in die kerk vandag is “Liefde is ‘n keuse.” Lees saam met my die volgende verse om te sien of God sĂȘ dat ons mag “kies” wie om lief te hĂȘ. Of gebied God dat ons dit doen, soos wat ons strewe om meer soos Christus te wees? “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhĂȘ.” (Joh 15:17). Ons het ‘n keuse: om God te gehoorsaam of nie. Dit is nie wat christelike sielkundiges vir ons vertel nie, is dit?

Julle moet julle vyande liefhĂȘ. Ons vriendinne moedig ons aan om “onsself te beskerm” of om “nie daardie mense lief te hĂȘ wie moeilik is om voor lief te wees nie.” Moet ons hulle liefhĂȘ of nie? “Maar Ek sĂȘ vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhĂȘ en goed doen aan die wat vir julle haat. SeĂ«n die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.” (Luk 6:27–28).

In hierdie vers maak God dit baie duidelik. Hy vermaan die wie net die liefdevolle mense liefhet: “Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet jul vyande liefhĂȘ; 
bid vir die wat julle beledig en julle vervolg
 want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?” (Matt. 5:44–46).

Gee plek vir die toorn. In die boek wat praat oor ons wat “hard” teenoor ons eggenoot moet optree, is daar vir ons voorgesĂȘ om ‘n krisis te veroorsaak en ons eggenoot te konfronteer. Met ander woorde ons moet sake in eie hande neem. Wat leer God vir ons om te doen?  

“
verbly julle in die hoop; volhard in die gebed... SeĂ«n die wat julle vervolg, seĂ«n en moenie vervloek nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie
 Bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: AAN MY KOM DIE WRAAK TOE, EK SAL VERGELD, spreek die Here.” (Rom. 12:12,14,17–19).

Hy het nie gedreig nie.  Jy mag jouself vra “Hoekom moet ek so ly en nie eers die bevrediging hĂȘ om wraak te neem nie?” Lees God se verduideliking:  

“Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.” (1 Pet. 2:21–23).

Oorwin die kwaad deur die goeie. “As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” (Rom. 12:20–21).

Salig is die sagmoediges.  Indien jy nie sake in eie hande neem nie en ‘n “harde” standpunt inneem nie, sal ander (selfs christene), vir jou vertel dat jy‘n vloerlap is. Alhoewel, laat ek julle herinner wie Jesus as “gesĂ«end” beskou het —“Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beĂ«rwe.” (Matt. 5:5. Jesus kies om Sy lewe neer te lĂȘ en het toegelaat dat sy vyande kom gevange geneem het.)   Moet ons in Sy voetstappe volg of nie?

God se geregtigheid.  Mense mag jou selfs herinner daaraan toe Jesus die tafels in die tempel omgekeer het.  Hulle sal hierdie voorbeeld gebruik om vir jou te vertel dat jy ‘n “reg” het om kwaad te word vir ander. God sĂȘ Hy is ‘n jaloerse God. Mag ons dan ook jaloers wees? “Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.” (Jak 1:19–20).

Sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Wanneer ons die impuls kry om iets te sĂȘ of te doen wat alles behalwe nederig is, dan loop ons in die vlees en nie in die Gees nie. “Maar ek sĂȘ: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.” (Gal. 5:16).  

“Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” (Gal. 5:17, 22–23). “En soos julle wil hĂȘ dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.” (Luk 6:31).

Goedertierenheid van God. Jy is mislei as jy dink om iemand te konfronteer en onvriendelik en ferm te wees, die ander persoon sal omkeer.  As dit gewerk het, waarom sal God vriendelikheid gebruik om ons tot bekering te lei. Sondaars gaan nie vorentoe om die Here te aanvaar as hulle dink dat hulle gekritiseer of gedissiplineer word nie? “Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?” (Rom. 2:4).

Niemand die Here sal sien nie. Nog `n uiters belangrike rede vir jou sagmoedige en stille gees wanneer jy te doen het met jou eggenoot (en ander) is dat ander Christus in ons kan sien. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (Heb. 12:14).  

Moenie dink dat jy vriendelik kan optree met jou eggenoot, maar onvriendelik kan wees teenoor jou kinders, ouers en mede werkers nie. God kyk en Hy is die een wat jou eggenoot se hart sal omdraai.  Niks is weggesteek van Hom nie.  Laat ons nie vergeet dat Hy na jou hart kyk nie; daarom, al probeer jy ook jou woede beheer, Hy kyk dieper!  Jou vlees moet sterf!

Bediening van die versoening. Ons moet verteenwoordigers wees van Christus deur versoening. “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wĂȘreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.” (2 Kor. 5:18,19).  

“Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.” (2 Kor. 5:20).

Dat jy nie ook versoek word nie. Die volgende Skrifte waarsku ons oor wanneer ons nie sagmoedig is teenoor ander wanneer hulle teen ons gesondig het nie. “Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” (Gal. 6:1–2).

Dat die Here dit sien en dit verkeerd is in Sy oĂ«. Menige vroue is so bly om hulle eggenote te sien “toekom wat hulle verdien” wanneer God hulle straf met finansiĂ«le moeilikheid of ander beproewinge. Dan sien hulle dat hulle eggenote se situasies ten goede omdraai.   Hoekom gebeur dit? “As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oĂ« en Hy sy toorn van hom afwend nie.” (Spr. 24:17,18).

Doeners van die Woord. Dit is belangrik dat ons die waarheid leer en saamstem met die Skrifte, maar ons moet nie daar ophou nie.  “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. 
omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.” (Jak 1:22, 25). “Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (Jak 4:17).

Die dwaling van sedelose mense. God waarsku ons dat ons nie moet luister of mense moet volg wat ons iets vertel wat die Woord weerspreek nie. “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.” (2 Pet. 3:14–18).

“Harde liefde” is verkeerd en weerspreek totaal en al die leringe en voorbeeld van Jesus.  Leer eerder van Hom wat Homself beskryf as “sagmoedig en nederig van hart.”  “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matt. 11:29).

Vergifnis

Net ‘n vrou wie se hart sagmoedig en stil is kan haar eggenoot vergewe. Alhoewel, baie vroue is mislei en vergewe nie hulle eggenoot nie omdat hulle nie die dodelike nagevolge van hulle onvergifnis ten volle verstaan  nie. Kom ons ondersoek die Skrifte om te sien wat God sĂȘ oor onvergifnis.  Hier is ‘n paar van die vrae wat ons behoort te vra:  

Vraag: Hoekom moet ek my eggenoot en die ander wat betrokke was, vergewe?

Soos Christus julle vergewe het. Ons vergewe omdat God ons vergewe het. “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” (Efe. 4:32).

Die kosbare bloed van die verbond.  Jesus het sy bloed vir ons gestort vir die vergifnis van ons sonde – ook jou eggenoot se sonde!  “En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.” (Heb. 9:22). “Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (Matt. 26:28).

Bevestig julle liefde aan hom.  Om die oortreder se grief minder te maak. “
sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie. Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.” (2 Kor. 2:7–8).

Moenie deur satan bedrieg word nie. Satan kan `n tekort aan vergifnis teen jou gebruik. “Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het--as ek iets vergeef het--dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie.” (2 Kor. 2:10–11).

Ons Vader sal nie jou sondes vergewe nie. God het gesĂȘ dat hy nie ons sondes sal vergewe tensy ons ander hulle sondes vergewe nie. “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.” (Matt. 6:14–15). “So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (Matt. 18:35)

Vraag: Maar moet die oortreder nie eers jammer wees voordat ek vergewe nie?

Vader, vergeef hulle. Hulle wat Jesus gekruisig het, het Hom nooit om vergifnis gevra nie, hulle was ook nie jammer oor wat hulle gedoen het nie.  As ons christene is, is ons volgers van Christus, daarom moet ons Sy voorbeeld volg. “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Luk 23:34).  

Toe Stefanus gestenig was, het hy voor hy gesterf het, uitgeroep: “Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!” (Hand 7:60). Kan ons enigsins minder doen?!

Vraag: Hoeveel keer verwag God moet ek vergewe?

Sewentig maal sewe. Baie vroue sĂȘ, “Maar my eggenoot het dit voorheen aan my gedoen, regdeur ons huwelik!” Toe Petrus vir Jesus vra hoeveel keer hy moet vergewe, het Jesus hom geantwoord, “Ek sĂȘ vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” (Matt. 18:22). Dit is 490 keer vir dieselfde oortreding!

Aan hulle sonde nie meer dink nie. Beteken dit werklik dat ek sonde vergeet as ek vergewe  tydens `n argument, ook tydens egskeiding? “Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” (Jer. 31:34). “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” (Ps. 103:12). “Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seĂ«n inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seĂ«n kan beĂ«rwe.” (1 Pet. 3:9).

Wees voorberei; Satan sal probeer om ou oortredinge in jou gedagtes te herroep selfs nadat jy vergewe het.  Wanneer hy dit doen, moet jy eenvoudig weer vergewe. Baie vroue wie se eggenoot ontrou was aan hulle, wat terug gekom het huis toe, het “terugflitse” ondervind amper soos “geestelike oorlogvoering” trauma en moes aanhoudend vergewe, soms daagliks.

Vraag: Hoe kan ek vergewe soos God van my verwag in Sy Woord?

God alleen. Net God kan jou help om dit te doen. Jy moet jouself verneder en Hom vra om jou genadig te wees. “Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?” (Mark 2:7).

Vra. “
en julle het nie, omdat julle nie bid nie.” (Jak 4:2). Vra God om jou eggenoot deur jou te vergewe soos jy aan Hom oorgee.  (Vir meer hulp hoe om jou eggenoot waarlik te vergewe, kry ons getuienis kasset om te luister hoe God dit vir my gedoen het!)

Aan die nederiges gee Hy genade. Hoe kry ek die genade wat ek nodig het? “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.” (1 Pet. 5:5–6).

Nederig hart. Hoe kan ek nederig gemaak word? “Omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het, het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.” (Ps. 107:11–13).  

“Ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.” (Ps. 35:13). Partykeer kan dit dalk deur siekte wees dat Hy jou stil en nederig maak.  Moenie daarteen baklei nie—dit is God wat besig is om te werk!

Versoen jou eers met jou broer. Wanneer moet ek die vergewe wat my seer gemaak het? Moet ek nie eers aangekla voel nie? “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.” (Matt. 5:23–24). Indien jy nog nie iemand anders, veral jou eggenoot, vergewe het nie, moet jy vergifnis daarvoor vra.

Bitterheid. Om iemand nie te vergewe nie veroorsaak bitterheid. Die defenisie vir betterheid is “gif!” “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.” (Efe 4:31). Om iemand anders nie te vergewe, vreet jou binneste op en nie die ander persoon s’n nie! “Die hart ken sy eie verdriet
” (Spr. 14:10). “Want Hy ken die geheime van die hart.” (Ps. 44:22).

‘n Broer teen wie oortree is. Wees seker dat jy die Skriftelike riglyne volg.  Ek het baie keer gehoor dat vrouens sĂȘ dat dinge erger was nadat hulle om vergifnis gevra het of dat dit glad nie gehelp het nie. Ek kan uit ondervinding praat.  Met tye, wanneer ek iemand se vergifnis gevra het, het ek dit op die verkeerde manier gesĂȘ en die persoon nog meer ontstel. “'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.” (Spr. 18:19).

Mensebehaers. Wees versigtig: Jy mag jou man flous, maar God ken jou motiewe en jou hart. “
maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam.16:7). “
in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; nie met oĂ«diens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen en met goedwilligheid die Here dien.” (Efe 6:5–6).

Elke ydele woord. Berei elke woord voor wat jy sĂȘ! “Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.” (Spr. 18:2). “Maar Ek sĂȘ vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.” (Matt. 12:36).  

Probeer neerskryf wat jy wil sĂȘ. Lees daarna hardop wat jy geskryf het, en plaas jouself in die ander persoon se skoene. Hoor dit uit sy oogpunt.  Klink dit beskuldigend? Vra vir God om die regte woorde in jou mond te sit en deur jou te praat.

Veelheid van woorde. “By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie.” (Spr. 10:19). SĂȘ net wat jy gedoen het; moenie iets sĂȘ soos, Toe jy dit gedoen het en so en so, wel, toe het ek 
  

Hy het nie gedreig nie. Indien die ander persoon jou begin dreig of slegsĂȘ, moenie jou mond oopmaak behalwe om saam te stem nie. “
toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel
” (1 Pet. 2:23).

Elke ydele woord.  Die “verlore seun” het sy woorde voorberei toe hy besluit het om huis toe te gaan: “Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sĂȘ: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.” (Luk 15:18–19).  

Maak seker jou woorde is soet en vriendelik elke keer wanneer jy die geleentheid het om jou eggenoot te sien! Onthou, “soetheid van lippe vermeerder die lering.” (Spr. 16:21).  En, “Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.” (Spr. 16:24).

Vraag: Hoe kan ek seker wees dat ek regtig vergewe het?

Jy sal weet en die sekerheid hĂȘ dat jy waarlik vergewe het, wanneer jou sondes en swakhede so groot is in jou oĂ«, dat jy nie meer jou eggenoot se sondes en swakhede raaksien nie.  Jy sal blind wees vir sy verlede, hede en toekomstige foute.

Wanneer vrouens skryf en praat oor wat hulle eggenoot verkeerd doen, dan weet ek hulle is ver van restorasie.  Baie vrouens wat hulle huwelike wil red, sien geen verandering aan hulle situasie nie, omdat hulle nie die verantwoordelikheid wil neem vir hulle sondes wat gelei het tot die egskeiding.  

Hulle wil, verkeerdelik, “deel” oor hulle aandeel daarin, wat lei tot hulle eie verwoesting. Jesus het die volle en totale verantwoordelikheid geneem en al ons sondes gedra. Ons moet ook alles dra en verdra. Dan, as gelowiges, moet ons na God toe gaan en ons sondes van ons gebrokkelde huwelik by Sy voete neerlĂȘ, wetende dat die skuld reeds betaal is.

By gesĂȘ, indien jy nog ergelik teenoor jou eggenoot se doen en late of nog erger, jy nogsteeds kwaad raak daaroor, dan het jy nog nie vergewe nie—woede is ‘n doodelike hart kwaal, wat altyd kop uitsteek.

Persoonlike Verbintenis: om te strewe om ‘n sagmoedige en stille gees te hĂȘ. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek my om alles wat ek geleer het toe te pas en om gou te wees om te hoor maar stadig te wees om te praat; om die wat teenoor my gesondig het te vergewe en om my te gaan versoen met die wat ek seer gemaak het.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui