"Prys die Here! Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!" P106:1
Kosbare vrou onthou asseblief dat daar geen einde aan ons kosbare Liefling Here se liefde is nie, soveel te meer rede om dankbaar te wees.
Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Ek is dankbaar dat ek met al my bekommernisse na my Liefling Here toe kan gaan en dat Hy presies weet wat om daarmee te maak.
Ek is dankbaar dat ek kan glimlag oor die toekoms, want my toekoms is in die Here se hande.
Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe en dat Hy elke keer vir my deurkom.
Ek is dankbaar dat die Here my help om gewig te verloor.
Ek is dankbaar dat ek ‘n kar, huis, kos en klere het.
Ek is dankbaar vir my seuns en my ouers en my familie en vriende.
Ek is dankbaar dat ek geld in my rekening het en dat dit alles van die Here af is.