Wees verseker dat JOU Lofverslag in
ons
Bemoediger gepubliseer word deur hierdie eenvoudige riglyne te volg.

Hieronder is die 10 Riglyne wat ons keuringspan gebruik om deur die vele Lofverslae wat ons kry te sorteer.

Deur hierdie eenvoudige riglyne te volg kan jy verseker wees dat JOU Lofverslag gekies sal
word en jy dus ‘n—Bemoedigende Vrou—sal word!

Ministers: Hier is belangrike wenke om in gedagte te hou wanneer jy LV vir ons blogs of webwerf bladsye kies: 

  1. Die LV hou ons RMIBV en Bemoediger Lesers beleide, dat dit in ooreenstemming is met Sy waarhede wat ons hier leer en wat RMIBV in glo en vir staan. 
  2. Hierdie LV fokus op die Here as ons Man—NIE op die aardse man of eks-man NIE. 
  3. Die LV is NIE ‘n “lof” wat veroorsaak dat enige iemand fokus op wat hulle “verslawing” of “obsessie” kan wees NIE — wat meer dikwels hulle AM “aardse man”, hulle huwelik en/of herstel is. Jy kan dit sien as jy jou AM gedurende die LV kort-kort herhaal. 
  4. Die LV behoort op die HERE te fokus: wie HY besig is om vir die vrou te word, wat HY vir haar daardie dag of oor die afgelope week gedoen het, en HOM verhef.    
  5. Die manier om te onderskei wanneer ‘n LV uitstekend is, is om te dink aan die vrouens wat Bemoedigers kry met al die ander “rommel pos” wat hulle elke oggend kry; sal hierdie LV die regte gemoedstoestand skep vir hulle om hulle dag te bemoedigend te begin en om ‘n verhouding met Hom te koester?
  6. Wees seker die LV is nie in die vorm van ‘n toegewydheid nie, en om direk met die Here in hulle LV te praat en onder die beginsel van Matteus 6 te val.   
  7. MAKLIK, LIG EN en Bemoedigend en om Hom op ‘n persoonlike manier te ken is wat ons in ons Bemoedigers wil plaas. 
  8. Die LV moet ook nie te vaag wees nie. Dit moet nie die leser verward los aangaande waaroor die persoon praat. 
  9. Die LV kan nie gebruik word as dit net gevul is met besonderhede, soos; die bedrag waarvoor iets betaal is nie, spesifieke datums (anders lyk die LV verouderd wanneer ons dit twee of drie maande later gebruik), wat lei tot ons finale gidslyn.   
  10. NEEM KENNIS; Omdat ons vooruit werk om seker te maak ons nuusbriewe is op tyd, sal die LV wat jy VANDAG indien eers 2-3 maande later gebruik word. As jou lofverslag op enige vakansie fokus, sal dit gehou word en die volgende jaar geplaas word. DANKIE!   

“En as Ek van die aarde af verhoog is, sal Ek almal na My toe trek.” Johannes 12:32 

Dankie!

Dien ‘n Lofverslag In