Dag 10
Versekerings Beskerming

maar eers ‘n paar Herstelde Huweliksgetuienisse!! 

"AM Het Teruggekom Toe Het Ek Opgehou om My Tiende Te Gee"

Die eerste keer wat ek aan RMI voorgestel was, was die eerste keer wat my AM my gelos het en ek my tiende begin gee het. Ek het dit vir ‘n paar maande getrou aan my plaaslike kerk gegee, maar na hy terug gekom het, het ek opgehou uit vrees dat hy nie sou wou gehad het dat ek my tiende gee nie. Ek het in die lokval geval deur te probeer om my AM te behaag en het ongelukkig die verslinder toegelaat om binne my huis te kom. Oor die volgende paar jaar het ek ‘n donasie gegee wannneer ek kerk bygewoon het. Ek het nie ‘n tiende gegee nie omdat ek gevoel het dat ek my geld “nodig” gehad het.   

Nadat my wĂȘreld weer in duie gestrort het en my AM my weer gelos het, het die Here my terug gelei na RMI. Ek was in staat om hierdie beginsel vroeg in my HR te leer en daarom weet ek dat daar in al my behoeftes voorsien sal word soos nog nooit vantevore nie. Ek sal erken dat as my huwelik vroeĂ«r herstel was, toe “ek” gedink het dat ek gereed was, sou ek nie so ‘n sterk grondslag gehad het nie en mag ek dalk opgehou het om my tiende te gee en selfs meer verloor het.

Nou kan ek my HM bedank dat Hy in al my behoeftes en begeertes voorsien. Daar is niks wat ek kortkom nie. Ek wil ook byvoeg dat ek ‘n redelike goeie inkomste maak vandat ek begin het om my tiende te gee. Ek voel asof dit selfs moeiliker is om te gee wanneer jy gee wat soos ‘n groot porsie voel, so ek het in die begin lank gesukkel omdat ek gevoel het dat ek ook ander plekke kon kies om my tiende vir te gee. Erin het my gehelp om die belangrikheid van ‘n tiende aan jou stoorkamer te gee laat besef en ek het ook besef hoe belangrik dit is om ‘n tiende van alle inkomste te gee, wat maandelikse seĂ«ninge en enige oortyd wat ek kry insluit.

As gevolg van hoe my lewe verander het, sal ek voortgaan om ‘n tiende van al my inkomste te gee. Ek voel ook asof ek vir die Here moet gee wat Syne is voordat ek eers enige van my rekeninge betaal. Hy is in beheer van alles en deur dit in hierdie volgorde te doen, hoef ek my nie meer te bekommer oor hoe alles betaal gaan word nie. Hy is getrou aan my om my van alles te voorsien en Hy sal getrou wees om ook in die toekoms te voorsien. Ek het ook ‘n beter verhouding met geld as wat ek vantevore gehad het. Ek is nie so gefokus daarop soos voorheen nie. Dit het my voorheen verteer. Liewe Mede Reisiger, ek wil jou aanmoedig om hierdie baie belangrike beginsel na te volg. Dit is in Sy Woord vir ons beskerming. Hy het die vermoĂ« om in al jou behoeftes te voorsien. Fillipense 4:19—”En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Onthou, dit behoort alles aan Hom!!    

~ Gina in Arizona

Lees Gina se Herstelde Huweliksgetuienis

Omhels die Beproewings

 

Egskeiding Ontslaan die Dag voor die Verhoor—My Huwelik is Herstel!!

My egskeiding was amper finaal—maar toe, EEN dag voor die verhoor—het my man dit laat gaan!!! God werk net op die regte tyd, selfs toe ek gedink het dit was hopeloos en ek wou opgee. Ek het aanhou teruggaan weer en weer na al Erin se boeke en het doodseker gemaak dat ek niks gemis het nie. Wat my herstel weerhou het om plaas te vind, was as gevolg van my vrees om my tiende te gee. Soos ek in my lofverslag “Chains of Fear were Broken." gesĂȘ het.

Daarna was die finale verandering toe ek uiteindelik opgegee het en op God vertrou het om te doen wat ek nie vir myself kon doen nie, dit was die keerpunt wat my reis voltooi het. Ek het opgegee en myself daaraan toegewy om ander vrouens te help, en nou het my man teruggetrek huis toe en ons deel wat ons geleer het met ander!!! Ek het die geleentheid gehad om ‘n klein gemeenskapsgroep met baie van die vrouens van my kerk te begin en het dosyne boeke weggegee (ek koop dit in grootmaat) aan enigiemand wat met my gedeel het dat hulle ook deur ‘n skeiding of egskeiding gaan. My man doen dieselfde met die mans se boek! 

Deur Erin se harde werk en deursettingsvermoĂ«, het hierdie ervaring werklik my lewe verander!! Dit het my huwelik (en albei van ons) herstel en verander in wat God vir ons bestem het, wat nie nog ‘n statistiek van egskeiding was nie!!! Die kerk het nie die waarheid nie, so dit is hoekom ons die waarhied aan ander moet gee, aan ander wat in die gesig staar wat ons ervaar (het). Wanneer ons vir ander omgee, gee Hy om vir ons.  

Ek het net liefde en uiterste dankbaarheid vir hierdie webwerf en vir die tuis gemeenskap wat daar was vir my toe daar geen ander oplossing was vir dit wat ek geglo het ‘n hopelose situasie was nie. Het ek nie die Hoopkaartjie in die HJH boek gevind nie, sou ek nie vandag herstel gewees het nie. Ek word elke dag herinner aan die belofte wat Hy nagekom het wat die LIEFDE wat my God vir my het wys!!! 

ALLES IS MOONTLIK DEUR CHRISTUS, dit beteken jou huwelik ook!!! God seën Jou en Dankie!!!!!

~Marilyn in Oaklahoma, HERSTEL 

Versekerings Beskerming—Tiendes 

Alhoewel tiendes ‘n baie delikate onderwerp is, sou ons nie eerlik of regverdig wees as ons jou nie laat weet dat dit die mees algemene oortreding is wat elke vrou tot dusver gehad het wat in ‘n huwelikskrisis na ons toe gekom het nie. Dit is die beginsel waaraan elkeen tekort geskiet het. Ons het verlede week tiendes aangeraak, maar net as ‘n manier om die vaste grond om te keer om die sade van geloof vir vandag se lesse te strooi.  

“Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. DiĂ© wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.”

“DiĂ© wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net ‘n tydjie. Die oomblik wat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. Die saad wat tussen die onkruid val, dui op diĂ© wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie.” 

“Die deel wat in goeie grond val, dui op diĂ© wat die wooord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.” —Lukas 8:11-15

Meeste van ons glo ons het niks van tiendes geweet, voor ons dit bestudeer het nie, ons het geglo dat ons ‘n donasie aan die kerk kon gee, maar almal van ons het geen idee gehad dat daar nagevolge was as ons NIE AANHOUDEND en GETROU aan ons stoorkamer ons tiende gee nie. Dit is hoekom ons die vraag vra oor tiendes in ons Huweliksevalueringsvraelys.

Wat is die nagevolge om nie ons tiendes aan ons stoorkamer aanhoudend en getrou te gee nie? Deur nie aan ons stoorkamer ons tiendes te gee nie maak dit ‘n deur OOP wat die vyand toelaat om in te kom en wettiglik enige iets van ons te steel.

As jy nie getrou jou tiendes aan jou stoorkamer gee nie, beteken dit dan dat die vyand TOESTEMMING gegee is om jou man en jou huwelik van jou af te steel!!

Soos meeste van julle, het my kerk gefaal om dit aan my of my man te leer terwyl ons getroud was. Hulle het eerder om die onderwerp getrippel (soos wat ek gedoen het) of hulle het dit op so manier aangebied wat gekilnk het asof hule net uit was om ons geld te kry!

So as gevolg van die kerk se versuim om ons hierdie lewensbelangrike lesse te leer soos ons “stoorkamer” ons behoort te leer, soos om die BESKERMING van tiendes te verstaan, het ons onwetend die deur wyd oop gelos—en die vyand in ons lewens INGENOOI—om alles te steel! Almal van ons wat was waar jy nou is, was geskok en stom geslaan om uit te vind dat ons geroof was van dit wat die meeste vir ons beteken het (ten tye)—ons huwelik en ons familie!

Om elkeen van julle te help om die deur toe te slaan, laat ons begin deur jou die kennis te gee wat jy moontlik (soos ons almal) ontbreek het. En wees ASSEBLIEF versigtig om dit nie te verwerp nie, omdat jy dalk glo dat dit sonde is sodat ons jou geld kan kry of iets is waaroor die kerk nie moet praat nie.

Hoekom? Want in Hosea 4:6 sĂȘ GOD dit, “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou
” Daarom aangsien jy belangstel om die waarheid te leer (of jy sou nie hierdie lesse lees nie), gaan ons oor die basiese beginsel gaan en op hulle voortbou.

 

Die Beskerming van Tiendes

Eerstens, wat presies is ‘n tiende?

*Aangesien tiendes ‘n sleutelbeginsel in jou herstelreis is, kom ons gaan GOU oor die basiese beginsels van tiendes.

Die woord “tiendes” beteken ‘n tiende—dit is wat God ons vra om terug aan Hom te gee—’n tiende van al ons INkomste, geld wat Hy vir ons gee.

“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus”—Filippense 4:19

Jy mag dalk dink dat jy “verdien” het wat jy het, maar dit is net omdat jy onwetend is oor die vers hierbo en hierdie een hieronder.

“Tervergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir diĂ© wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap”—Psalm 127:2

En as jou omstandighede jou bekommerd maak of aan God laat twyfel, lees dan die waarheid in hierdie vers:

“Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie”—Psalm 37:25

En die woord REGVERDIG beteken eenvoudig iemand wat WEET om te doen wat reg is. Met ander woorde, om nie te probeer om geld te “verdien” of geld te leen nie of beslis nie vir geld te bedel nie (soos om te vra vir ‘n lening) van enige iemand af nie—om in plaas daarvan op God te glo en vertrou deur sy beginsels in jou lewe te leer en toe te pas, wat begin deur om nie God te beroof nie. As jy al ooit gewonder het HOEKOM jy sonder Sy voorsiening is en tekort skiet en sekerlik nie so geseĂ«nd is soos Hy sĂȘ jy behoort te wees nie, sal die vers jou die rede vertel. 

 “Sal ‘n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes” — Maleagi 3:8 

Dit lei ons na...

Hoekom moet ek ‘n Tiende gee?

“Daar rus ‘n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit”—Maleagi 3:9

“Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”—Maleagi 3:10

“Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sĂȘ die HERE die Almagtige.” Maleagi 3:11

Soos 99% van vrouens wat na ons bediening toe kom vir hulp met hulle twisgierige, verbrokkelde of beĂ«indigde huwelike, as ‘n paartjie het julle heel waarskynlik NIE julle tiendes gegee nie—DAAROM het die vyand TOESTEMMING gehad om julle lewens te vernietig net soos wat hy toestemming gehad het om ons s’n te vernietig. 

En voor jy jouself te veel bekommer, wees verseker dat satan nie TOEGELAAT word om God se kinders aan te raak wanneer hy wil nie, hy kan dit net doen wanneer hy toestemming kry.

Hoe weet ek dit?

Omdat dit so baie duidelik in die Bybel staan. Eers sien jy dit in die boek van Job wanneer God openbaar hoe Hy ‘n “heining” om Job en alles wat hy gehad het geplaas het. Dan sien jy dit was nie totdat God satan toegelaat het om (eers) wat Job gehad het, aan te raak nie, met ander woorde AL sy besittings, en dan (later) Job se gesondheid. Nie totdat hy toestemming gehad het, was satan in staat om enigiets te doen nie. Elke keer was satan toegelaat om Job seer te maak of te vernietig wat hy gehad het.

Ons sien dit weer toe Jesus Self gesĂȘ het: “Simon, Simon!” het Jesus gesĂȘ. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif . . .”—Lukas 22:31

Wat dit beteken, is dat wanneer ‘n gelowige getrou het, om al hulle TIENDES aan hulle stoorkamer te gee, belowe God dat HY, persoonlik, die VERSLINDER  sal BESTRAF!! 

Hoe kan ons moontlik aan Jesus of God gee wanneer hulle ALLES besit?

Dit sĂȘ Hy BESIT alles, maar wat Hy nog altyd wou gehad het, was nie ons skatte nie, maar ons harte.

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.”

“Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou SKAT is, daar sal jou HART ook wees” —Matteus 6:19-21

NEE, GOD het NIE ons geld “nodig” nie, (terloops) ook nie ons nie! So hoekom sĂȘ God vir ons dat ons vir Hom ‘n tiende moet TERUGGEE, wat Hy ons tiende noem? Omdat Hy weet dat totdat ons, ons “skat” terug na Hom BELÊ en wat Hy besig is om te doen, is ons harte nie met Hom nie. Maar daar is nog...lees wat Hy sĂȘ... 

“Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie”—Maleagi 3:10-11

Benewens jou hart, is ons tiende God se “versekerings”-beleid vir ons. Die meeste van ons het versekeringspolisse soos: kar-, gesondheids-, of lewensversekering om net ‘n paar te noem. Maar die enigste manier wat jy op hierdie polisse kan VERTROU, is as jy GETROU die baie “klein” paaiement betaal (klein in vergelyking met wat beloof word om AAN jou betaal te word as jy dit nodig het) reg? Dieselfde is waar met God se versekeringsbeleid wat verreweg BAIE beter is om in te vertrou as enigiets wat ‘n mens ons kan belowe.

Trouens, een van die grootste swendelary wat nou ontbloot word, is versekeringspolisse wat vals is! Hulle word verkoop deur betroubare versekeringsagente wat geen idee gehad het dat hulle die maandelikse premies na ‘n posbus adres stuur nie! In vandag se dae wanneer ons NIEMAND kan vertrou nie, is daar EEN op wie jy kan vertrou. 

“So sĂȘ die Here: Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai; hy is soos ‘n kaal bossie in droĂ« wĂȘreld wat nooit water kry nie ‘n bossie wat in ‘n klipwoestyn staan, in ‘n brak wĂȘreld waar niemand woon nie.

“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel nie en altyd groen blare het; ‘n droĂ« jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie’” Jeremia 17:5-10

Wanneer hierdie mense in die ongevalle opdaag of hulle dokter hulle vertel dat hulle kankerbehandeling nie betaal is nie, sien ons hoekom Jesus vir ons gesĂȘ het om nie dinge hier op die aarde te stoor nie, en hoekom God vir ons gesĂȘ het om NIE op die mens te vertrou nie!

Alhoewel sommige goedmenende Christene nou redeneer dat ons nie meer onder daardie wet is nie, daarom is dit nie nodig om ‘n tiende te gee nie (soos wat die vyand hulle blind BESTEEL) is dit net omdat hulle onkundig is oor wat Jesus in Mattues 5:17-18 gesĂȘ het:

“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat ALLES voleindig is.”

Daar is nie veel om daar of enige plek te debatteer met die verse wat ons gedeel het nie. Dit is duidelik dat tiendes belangrik is en dat dit aan jou “stoorkamer” gegee moet word, met ander woorde, waar jy geestelik gevoed word, wat ons more sal bespreek. Die enigste vraag is, wil jy dit opsetlik ignoreer wat jy weet waar is, baie soos wat jou man of eks en die AV besig is om te doen? Weer is die keuse joune.

 

Meer hulp

Lees ‘n Wyse Vrou Hoofstuk 16 "Maak die Vensters van die Hemel oop”

Om jou te help om oor jou vrese te kom, neem asseblief ‘n oomblik om aangemoedig te word en lees die baie getuienisse wat ingedien is op die:  

1ste Geestelike Mylpaal: Tiendes  ★★★★★ Getuienisse

KLIK HIER om jou te help om ANDER Struikelblokke en Vrese te Oorkom 

“...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” —Joh 8:32 

Nou is dit tyd om HIER TE KLIK en jou hart teenoor die Here uit te stort in jou joernaal “Wat ek Geleer Het.”  

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui