HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 11

Uittreksel uit die boek: Herstel jou Huwelik, Hoofstuk 11:

“Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel.”—Maleagi 2:16

“En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.” (Matt. 7:25). Was jou huis op die Rots gebou? “En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.” (Matt. 7:27).

Die Rots waarop ons moet bou is die Woord van God! Hoeveel van ons het van hierdie beginsels wat ons in hierdie boek gelees het, geweet in so ver as wat die huwelik betref? Hosea 4:6 sê vir ons dat “ons te gronde gaan weens gebrek aan kennis.” Dit was definitief die waarheid in my omstandighede en ek is seker dat dit ook die waarheid in jou omstandighede is!

Soos baie van julle al weet, het ek ‘n herstelde huwelik beleef en baie sal ook seker vra maar hoekom het dit dan nie die tweede keer gewerk nie. Die eerste keer was my huwelik nie op die Rots gebou nie en ek wens ek kan sê dat ons dit toe die tweede keer op die Rots gebou het. Toe sou ons seker gesê het dat ons probeer het om dit op die Rots te bou, maar as ek nou terugkyk kan ek eerlik erken dat ons nie hard genoeg probeer het om dit op die Rots te bou nie. Maar ek weet ons wonderlike Here het dit toegelaat vir ‘n groter doel en ek kan vir julle sê wanneer julle ‘n herstelde huwelik beleef maak seker dat jy dit op die Rots bou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui