HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 9

Uittreksel uit die Herstel jou Huwelik boek: Hoofstuk 9

Sagmoedig en Stille Gees

“…verbly julle in die hoop; volhard in die gebed... Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie… Bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: AAN MY KOM DIE WRAAK TOE, EK SAL VERGELD, spreek die Here.” (Rom. 12:12,14,17–19).

Hy het nie gedreig nie. Jy mag jouself vra “Hoekom moet ek so ly en nie eers die bevrediging hê om wraak te neem nie?” Lees God se verduideliking:

“Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.” (1 Pet. 2:21–23).

Toe ek uitgevind het dat my man saam met die ander vrou is, het dit my eers gebreek maar daardie seer het ek in wraak verander en dit sê ek glad nie met enige trots nie. Asseblief vat dit as ‘n waarskuwing dat dit mens net meer stukkend los en dit het my man net meer in die ander vrou se arms ingedryf. Ek het my glad nie bevrediging gegee nie en my met baie bitterheid gelos, maar ek loof en prys die Here dat Hy my nie net so gelos het nie en vandag is ek vry van daardie bitterheid en wil ander bruide waarsku wat om nie te doen nie, deur my baie foute.

Ek weet ek het ongelooflik baie foute gemaak en ja natuurlik wens ek, ek het nie, maar ek weet ook dat my foute nou deur die Here gebruik sal word sodat julle kan sien dat dit werklik nie werk om wraak te neem nie.

2 thoughts on “HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 9”

  1. Dit is so waar Janine om wraak te neem werk nie, dit maak die situasie net erger. Daar was n tyd toe ek daardie naar gevoelens gehad het maar toe leer dat die Here vir my veg kon ek alles vir hom gee. My man, die ander vrou… Alles wat my bekommerd maak.

    “Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” Ex 14:14

    “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is” Rom 8:28

    “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.” Ps 138:8

    1. Wat ‘n wonderlike versekering kosbare Atarah, dat ons niks hoef te doen nie en veral nie eens wraak neem nie, want niks het die Here ontkant gevang nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui